Konstabel vas oor omkoopgeld

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Polisieman wat glo omkoopgeld aanvaar het, is in hegtenis geneem nadat die beskuldigde wat glo die omkoopgeld betaal het ongelukkig was met die uiteinde van die saak.

Volgens die Valke het die polisiekonstabel ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer ondersoek. ʼn Man is glo vroeër vandeesmaand deur sy vriendin met ʼn skerp voorwerp gesteek ná ’n rusie in Boitekong in Noordwes.

Die konstabel het glo die vriendin se ma genader en R500 geëis om die saak te laat “verdwyn”. Die geld is via Money Market aan die konstabel betaal. Intussen het die beskuldigde se kêrel vrywillig die saak teruggetrek.

Nadat die beskuldigde vrygelaat is, het sy uitgevind van die omkoopgeld wat haar ma glo betaal het en geëis dat die konstabel die geld moet terugbetaal.

Die saak is toe by die Valke aanhangig gemaak en die konstabel in hegtenis geneem. Hy het Donderdag in die Rustenburg-landdroshof verskyn en is met ’n waarskuwing vrygelaat.

Die saak is tot 1 April uitgestel.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tiger ·

“Haai jou stoute kabouter ,jy moet dit asseblief nie weer doen nie gehoor!!” Ja dis hoe die reg in hierdie land werk.Daai polisieman moes tronk toe gegaan het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.