Konstabel vas oor polisieman se moord

Lt. kol. Reinier Lagois saam met sy ma, Ina Lagois-Mills. Foto: Verskaf

Lt. kol. Reinier Lagois saam met sy ma, Ina Lagois-Mills. Foto: Verskaf

ʼn Polisiekonstabel is in hegtenis geneem in verband met die moord op lt.kol. Reinier Lagois (42) wat verlede maand koelbloedig by sy huis in Pretoria doodgeskiet is.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê konst. Rishen Rampashard van die Pretoria-Wes-polisiestasie is Vrydag in verband met die moord in hegtenis geneem. Rampashard het Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn. Die saak is tot 8 Februarie uitgestel vir ʼn borgtogaansoek. Rampashard bly in aanhouding.

Lagois se liggaam is op 18 Januarie by sy huis in die Pretoriase Moot gevind. Altesaam 14 patroondoppies het op die toneel gelê en sy blougrys Toyota Corolla was vermis. Die motor is op 20 Januarie ongeveer 7 km van sy huis verlate langs die pad aangetref. Lagois was die hoof van ondersteuning by die Leote-polisiestasie.

Hennie Lagois, Reinier se broer, het kort ná die moord aan Maroela Media gesê hy weet nie of dit ʼn huisroof of ʼn kaping was nie. “Ek wil nie bespiegel oor wat gebeur het nie. Ek het natuurlik my bedenkinge, maar ek wil dit nie met iemand deel nie. Ek respekteer my broer se privaatheid.”

Lees alle vorige berigte oor lt.kol. Reinier Lagois op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Michael ·

Die polisie is veronderstel om ons te beskerm nie dood te maak nie,volgende arrestasie is seker ‘n naaste familie lid wat opdrag gegee het.

Poppie ·

Ek het van ‘n betroubare bron verneem dat hy blykbaar ‘n verhouding met die polisie man wat hom geskiet het se meise gehad het en dat sy ook ‘n polisie vrou is. Jaloesie het hier ‘n rol gespeel.

Berhalet Beukes ·

Hy is koelbloedig vermoor vir geen ander rede as dit nie… Ek hoop dat die volle waarheid spoedig uitkom en die skuldiges behoorlik gestraf word. Die feit dat ‘n polisieman alreeds in hegtenis geneem is laat ‘n mens weereens besef hoe vervuil die SAPD met swak karakters is! Mag geregtigheid geskied!

Piet Pompies ·

Dit is ook waar dat as ‘n Polisie man op skof kom, is hy nie seker of sy kollega op skof sy vriend of vyand is!

stoney ·

Seker was dissipline te veel vir hom, dalk het hy nie van sy senior gehou nie, hy het mos nie vandag enige rede nodig om te moor nie! As die gevoel hom beetpak dan doen hy dit! Hy gaan mos binne ‘n kort rukkie terug wees op sy pos en hulle werk seker al aan sy bevordering. SIEK SUID-AFRIKA!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.