Konstabel vas wat glo omkoopgeld aanvaar

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisiebeampte van Ladysmith in KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld van ʼn verdagte aanvaar het om die saak te laat “verdwyn”.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die 39-jarige konstabel is Woensdag in hegtenis geneem. Hy het glo omkoopgeld van ʼn verdagte aanvaar wat op aanklagte van intimidasie in hegtenis geneem is.

“Ná ʼn indiepte-ondersoek deur die KZN-teenkorrupsie-eenheid is hy in die Ladysmith-sakesentrum in hegtenis geneem,” het Zwane gesê. Hy het Donderdag in die Ladysmith-landdroshof verskyn en is op borgtog van R2 000 vrygelaat. Die saak is tot 26 Oktober uitgestel.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om enige korrupte polisiebeamptes aan te meld sodat hulle aangekla kan word. “Dit stuur ʼn duidelike boodskap aan ander polisielede dat niemand bo die gereg verhewe is nie,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pierre Celliers ·

Heeltemal te veel wolwe wat skaapwagter gemaak is!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.