ʼn Polisielid is vandeesweek tot ses jaar tronkstraf gevonnis vir die gepoogde verkragting van ʼn vrou in 2018. Hy was nie aan diens ten tyde van die voorval nie.
Konst. Thabiso Shabangu (33) is Dinsdag in die streekshof in Nigel aan die Oos-Rand gevonnis.
Shabangu het ʼn partytjie in Julie 2018 in Nigel bygewoon waartydens hy in die vroeë oggendure ʼn slapende vrou (29) in ʼn kamer aangetref het. Hy het hom op die vrou afgedwing waartydens hy haar probeer wurg en verkrag het.
Volgens Seisa het die vrou in dié stadium wakker geword en onverpoos teruggeveg. Sy het in die proses van die konstabel se vingers afgebyt.
Die voorval is kort daarna by die polisie aangemeld waarna dit na die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) oorgeplaas is vir verdere ondersoek.
Sontaga Seisa, woordvoerder van Opod, sê in ʼn verklaring Shabangu was verbonde aan die polisie se BBP-beskermingseenheid in Pretoria ten tyde van die gepoogde verkragting. Hy is egter ná die voorval afgedank.
“Opod sal geen misdaad deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) of munisipale polisiediens duld nie,” sê Seisa in die verklaring.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
24 Kommentare
Ai Jammer Sy het nie verder nog gebyt nie – skerp gedink Juffrou !!!
Hierdie konstabel kan homself baie gelukkig ag. As hy dalk verder gevorder het in sy poging was daar dalk meer as net sy vingers afgebyt gewees!!! Hierdie dame weet hoe om haarself te verdedig!!! Sy byt eenvoudig alles af wat haar pla.
Net 6 ses jaar???
Ek sien die man het baie regte dat sy gesig nie mag gewys word nie.
Die onderwyseres se man is nie eens skuldig aan iets nie en sy gesig word gewys.
Vra ek ook – 6 jaar – dit is n grap van n vonnis, maar ja hy is nie Wit nie ne.