Konstitusionele hof sê oor Kovsies-taalbeleid

universiteit van die vrystaat 3

Hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat Foto: UV Facebook

Die konstitusionele hof het Vrydag uitspraak gelewer in die aansoek wat deur AfriForum en Solidariteit voor die hof gebring is om verlof tot appèl teen ʼn hofuitspraak oor die Universiteit van die Vrystaat (UV) se taalbeleid wat Afrikaans as onderrigtaal uitskakel.

Die hof het AfriForum en Solidariteit se aansoek van die hand gewys.

AfriForum en Solidariteit het hulle na die konstitusionele hof gewend nadat die appèlhof in Maart vanjaar ten gunste van die UV se nuut aanvaarde taalbeleid beslis het waarvolgens Engels met infasering vanaf 2017 ten koste van Afrikaans die enigste primêre taal van onderrig word.

Die appèlhof het destyds egter in sy uitspraak toegegee dat die stadige verwydering van die posisie van Afrikaans as taal van onderrig ʼn regmatige bron van kommer is en dat verskille oor die taalbeleid van die universiteit tot ingewikkelde grondwetlike vrae aanleiding gee. Dit was op grond hiervan dat die organisasies besluit het om hulle tot die konstitusionele hof te wend om die grondwetlikheid van die nuwe Kovsies-taalbeleid te betwis en aansoek te doen om verlof tot appèl teen die appèlhof se beslissing.

AfriForum en Solidariteit het in hul aansoek aangevoer dat die UV-raad nie integrasie in klasverband en transformasie van die universiteit kan bereik deur Afrikaanse onderrig te skrap nie.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het egter Vrydag in sy uitspraak daarop gewys dat alle Suid-Afrikaners die reg het tot tersiêre onderrig in ʼn amptelike taal van hul keuse, maar dat hierdie reg onderhewig is aan die redelike uitvoerbaarheid hiervan en dat hierdie kwessie van uitvoerbaarheid sentraal staan in AfriForum en Solidariteit se hofaansoek.

“Dit sal onredelik wees om bewustelik of onbewustelik toe te laat dat sommige van ons mense onbelemmerde toegang tot onderrig en sukses het ten koste van ander as ʼn direkte gevolg van die reg tot onderrig in ʼn taal van jou keuse. Dít in omstandighede waar almal behoorlik onderrig kan word in een gemeenskaplike taal,” het Mogoeng gesê.

“Op ʼn konsepsuele vlak kan dubbelmedium-onderwys bestaan sonder om ʼn onregverdige voordeel of rasse-diskriminasie, en sy uiters skadelike tendense, voort te sit. Indien dit so is, kan die reg tot onderrig in ʼn taal van jou keuse effektief toeganklik wees en geïmplementeer word. Die uitdaging kom egter ter sprake wanneer skaars hulpbronne gebruik word om voorsiening te maak vir ʼn klein hoeveelheid studente en sodoende vir hulle intensiewe, persoonlike en baie voordelige aandag te gee, terwyl ander studente in oorvol lesingslokale ingedruk word,” het hy gesê.

“Wanneer toegang, integrasie en rasse-harmonie in gevaar gestel word deur uitvoering te gee aan die reg om onderrig te word in ʼn amptelike taal van jou keuse, word daar nie voldoen aan die kriteria van redelike uitvoerbaarheid nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

Gerhardus Petrus Padda ·

En so word die “voormalige onderdrukte” die meerderheids tiran, terwyl hy vreeslik beindruk is met sy slim teoriee wat sy wraaksug verdoesel.

Henk ·

Lees ek dit verkeerd, Flip Buys en Afriforum, of beteken die Konstitusionele Hof se uitspraak vanoggend dat Afrikaans, en trouens alle inheemse Suid-Afrikaanse tale, op geen amptelike beskerming meer kan staatmaak nie, en dat die toekoms van ons taal nou meer as ooit in ons eie hande is? Lyk my ons is terug by Engels, Engels, alles Engels.

Flip Buys ·

Henk, jy is reg- Afrikaans het nie meer grondwetlike beskerming nie. Die hof het inderwaarheid die Grondwet herskryf, deur ‘n grondwetlike taalreg se uitoefening te verbied asof dit rassisties sou wees. Maar dit gaan oor baie meer as Afrikaans- hierdie is ‘n wraak-uitspraak teen Afrikaners- waar ons nie eers die kans gegun is om ons saak in die Grondwethof te stel nie. Gelukkig bepaal die hof nie ons toekoms nie, en vuur die verdrukkende uitspraak ons eerder aan om ons regmatige ideale te verwesenlik.

André Badenhorst ·

Elke krisis skep nuwe geleenthede. Nie net in SA nie, maar wêreldwyd is die formele tersiêre onderwyssisteem in gedrang. Dit gee vir ons ‘n geleentheidsvenster (dis ongelukkig nie onbepaald nie) om iets konstruktiefd te skep. Hef aan lê voor, verál in terme van ons denke.

Nouja ·

Die toekoms van opvoeding lê in tuisonderig, privaat skole en internasionale  aanlyn tersiêre instellings (nie Unisa nie) wat mense oplei vir werk vir die 21ste eeu en nie die 20ste nie.

Jan Britz ·

Kom ons volg dan maar die pad van “redelike uitvoerbaarheid” en gooi ons geld en kundigheid by Solidariteit en Afriforum se inisiatief vir n eie Afrikaanse universiteit wat alreeds goed op dreef is. Sonder ons ondersteuni g sal hulle weldra wegkwyn en die standaarde al hoe verder verlaag soos alreeds sigbaar blyk te wees.

Eish ·

Ek is bevrees dit is die enigste hoop wat oor is. Mag hul mooi omgaan daarmee.

Eish ·

Myns insiens was die uitspraak te wagte. Duidelike meerderheidsuitspraak en is aanduidend van die pad vorentoe vir soortgelyke kwessies waar die meerderheidsvoordeel teen die minderheidsregte soos in die grondwet vervat, teenoor mekaar gaan afspeel. Met die regsekerheid op die tafel, het die tyd dalk nou aangebreek om te konsentreer daarop om al ons middele aan te wend vir eie instellings waar Afrikaans privaat bevorder word. Ek is net dankbaar dis Engels en nie n ander inheemse taal wat nog nie ontwikkel is tot op die vlak van wetenskaps of professionele taal nie.
Dis n helse verlies aangesien ons Afrikaansprekendes se belastingsgeld se aanwending in totaliteit min voordeel vir ons as minderheidsgroep inhou. Dit impliseer n addisionele finansiële las om jou eie te behou in omstandighede van diskriminasie op alle vlakke. Dit, is ek nie so seker van of dié wa deur die drif getrek of stoot gaan word nie.
Die faktore daarteen is haas onoorkomelik. Ons word in toenemende mate uit die werkplek gedruk deur wetgewing. Die stremming op die Afrikaanse samelewing het reeds sy tol geëis in die vorm van grootskaalse emigrasie, verarming, apatiese houding teenoor diegene wat daaronder gebuk gaan, inhirente, onoorkomelike meningsveskille oor kwessies, vyandige regering, kerkloosheid en n stomgeslane kerkstem, gebrek aan leiers, ensovoorts.
Voorwaar n uiterste tyd van beproewing wat voorlê vir die Afrikaner wat n plekke in die son vir hom en sy nageslag probeer vind.
Dit is net God’s genade wat ons nou kan red van die daaglikse broodbestaan.

Hanna ·

Hartseer dag vir Kovsies: die begin van die einde vir hierdie eens trotse instelling. Ons kan maar net ons koppe in ongeloof skud. Teen vlg maand brand hulle in elk geval die kampusse af, want “gratis” tersiere onderrig is slegs n onrealistiese dagdroom.

Louwboepens ·

Hierdie uitspraak is `n gatslag vir Afrikaans by alle staats universiteite in Suid Afrika.Daar is baie Afrikaners en Afrikaanse besighede wat ruim finansieële skenkings aan die universiteite maak.
Is dit te veel gevra dat hulle nou hulle skenkings eerder gee aan Akademia wat hulle verskillende studierigtings in Afrikaans aanbied?Dit sal help dat Akademia baie gou tot `n volwaardige Afrikaanse universiteit kan ontwikkel.

leon ·

Ja in ons eie hande. Akademia nou vir meer studierigtings soos Bsc.

Die dilemma egter, my belasting geld, goed genoeg om UV en Tuks te finansier maar nie vir studie in my taal nie. Dit laat ‘n ernstige etiese problem as tweederangse burger.

Lag Net ·

Moenie vergeet van die APA (Afrikaanse Protestantse Akademie) nie! Hule bied ook verskeie geakrediteerde graadstudierigtings aan.

jaco ·

die AP Akademie is net oop vir wit mense want dit behoort aan die 100% wit Afrikaanse Protestantse Kerk wat in 1987 van die NG Kerk weggebreek het toe die NG Kerk apartheid tot sonde verklaar het. So net afrikaanssprekendes met die “regte” velkleur (in hierdie geval wit) is welkom. So help grawe party van ons eie mense lekker aan ons eie graf. Dis mos nou n uitnodiging vir n paar lekker vingers om na ons te wys.

Attie No1 ·

Gelukkig het ons wigte en teenwigte in die grondwet wat ons beskerm, dankie FW.

Opbouende Bosvark van Toekomsvisie ·

Kom ons raak ontslae van die “wigte en teenwigte” DNS (gene) in ons koppe. Dit is horing ou afgesaagde verwyte. Ons moet vorentoe kyk en die nuwe dagings en geleenthede opbouend benader vir ‘n beter Suid-Afrika. Verwyte gaan ons geen jota of titel help nie.

jaco ·

dis jammer Afrikaans byt in die stof, maar lag eerder in die mou vir hierdie voormalige onderdruktes wat nou maar net n Engels, oorspronklik n wit taal uit Europa, bevorder as enigste taal. sover ek weet, was Engels die taal van onderdrukking dwarsoor die ou british empire, wat op n stadium een derde van die wereld se landoppervlakte beslaan het. as daar nie onderdrukking in die british empire was nie, waarom bestaan dit dan nie vandag meer nie en waarom was daar gewelddige bevrydingsbewegings in Burma, indie, noord en suid rhodesië ens ens?
Engels was ook die aanvanklike taal waarin die prototype van talle apartheidswette opgestel is deur wit engelssprekende mense. die groepsgebiedewet en die wette wat die swart tuislande begin het, is maar net enkele voorbeelde.
So as daar nou gepraat word van “weg met die taal van onderdrukking” moet engels eintlik ook waai…

Attie No1 ·

Kan ons nou asseblief ophou om te baklei vir wat ons reeds verloor het en gaan verloor, en bou n kampus op Orania.

Leonard van der Dussen ·

Hierdie uitspraak is op die konsekwente lyn wat in Mei 2016 met die konstitusionele hof se uitspraak oor beheerliggame se gesag oor skooltoelatingsbeleid, voorafgegaan deur die Ermelo en Rivionia-hofsake oor beheerliggame en skoolbesture se regte en magte in verskeie opsigte, deur die godsdiens-in-skole uitspraak na hierdie een oor Kovsies waar dit nou reguit gesê word dat massa-meerderheidsbelang se regte die aanwending van openbare bronne bepaal; en die aard en karakter van openbare instansies. Afrikaans en die Afrikaner is op homself aangewese, maar sit steeds soos die bobbejaan met sy vuis vol pitte in die pampoen vas, en word toenemend’n teiken van magteloosheid deur maand vir maand en jaar vir jaar tyd te verspeel om die bestaande onderwysmomentum en -vermoë na eie beheer en uitvoering oor te neem.

Petro ·

Die wereld is engels…hoe beter jou kind in Engels kan kommunikeer..hoe beter hulle kanse op sukses. Dink vir een oomblik wat se chaos ons sal he as daar 11 tale in die universiteite moes wees.
Dis jou plig as ouer om vir jou kind ‘n liefde vir Afrikaans te leer en die voortbestaan van ons taal te help verseker….maar die werksplek is Engels…kom daaroor.

Gerhard ·

Ek verstom daar is mense wat dit wat jy se regtig glo. Net werklik dom Afrikaners sukkel om in Engels te kommunikeer in elk geval.

Dinkverder ·

Beste Petro en Vincent
As dosent by ‘n ‘voormalige Afrikaanse tersiêre instansie’, voel ek dat ek julle net mooi moet laat verder dink. ALLE Afrikaanse kinders wat Universiteit toe kom, vaar bogemiddeld goed in Engels. Trouens, hulle is uiter aard van die beter ‘Engels Tweedetaalleerders’, maar hulle vaar in baie gevalle selfs beter as hulle Engelse moedertaalvriende. Wat julle moet onthou is dat Afrikaans ‘n goed ontwikkelde akademiese taal is – ekself het al in Afrikaans gepubliseer – ons kan selfs in Nederland skryf oor ons navorsing. Die vakterminologie ensomeer is dus reeds ontwikkeld. Dié voorreg gaan nou agterweë gelaat word. Wat julle ‘beter in Engels kommunikeer’ betref, behalwe my vorige opmerking – as bv die Duitsers (wat net studie in Duits aanbied) so geredeneer het, waar sou hulle volk vandag gewees het?

Snelvuur ·

@dinkverder
Hoewel dit uiteraard uit u standpunt as ‘n akademikus saak maak in watter taal u publiseer nie, sou dit kortsigtig wees om voor te gee dat die werksplek nie Engels is nie. Die verskil tussen SA en lande soos Duitsland en Frankryk is dat in daardie lande een taal oorheers. Daar is dus ‘n mark vir ‘n persoon wat net goed Duits of Frans kan praat. In SA is dit noodsaaklik om perfekte Engels te kan praat.

Jean-Pierre ·

Ja so word Afrikaners op die uithoeke van die Suid-Afrikaanse samelewing geskuif. Eers verander hierdie ANC die name van provinsies soos Transvaal en Oranje Vrystaat, dan verander hulle straat name in daai provinsies spesifiek van ou Afrikaner leiers, dan gaan hulle radikale jeug en vandaliseer beteknisvolle monument van Afrikaner geskiedenis soos die monument van Paul Kruger in die PTA midde stad. Nou verwyder hulle ons Christelike godsdiens van skole en ons Afrikaannse taal van universiteite. Dis basies ‘n vorm van “Cultural genocide”. So Wat nog en volgende?

Rooikop ·

Het enige iemand ‘n ander uitspraak verwag?
Kyk wie is in die beheer van die hof en hulle is definitief nie die Afrikaner en/of Blanke goedgesind nie.

Vincent ·

Ek is so blank en afrikaans soos jy, maar moet asseblief my nie insluit by jou verkrampte idee van wat dit injou klein wereldjie betekin nie.

Gerhard ·

Vincent, daar is niks verkramp aan wat Rooikop se nie. Die kaders word al vir dekades ontlpooi net vir die doel. Punt

Oud kofsies onttrek bydraes ·

Kom ons almal onttrek ons alumnie ondersteuning aan hierdie universiteit. Hulle wil ons taal vernietig, ons boeke verpulp.

Jacques ·

Ontspan maar my ou wit en Afrikaanse Vincentjie. Ek is seker Rooikop het GEEN begeerte om jou by sy groep in te sluit nie.

Hans ·

N politieke uitspraak om regering ter wille te wees,net soos die Renate Barnardsaak. Proff Jansen en de Villiers is seker in die wolke oor die uitspraak.

Magaretha van heerden ·

Wat wie ookal wat se, dit is so seer. Ons was KOVSIES en die Universiteit is deur die Afrikaners begin en onderhou. Afrikaans was ten volle n Wetenskaplike taal en ons kon onsself nog steeds in Engels handhaaf. Die Universiteit se taal maak nie dat jy beter kan kommunikeer in Engels nie. Jy het dit of jy het dit nie. Afrikaans was deel van ons menswees, ons kultuur ens. So vat hulle maar net alles wat vir ons as Afrikaners kosbaar is.

Stephan Lategan ·

Was Kovsies nie oorspronklik die Grey University College nie?

Vincent ·

Ek weet nie of ek moet lag of huil as ek die meerderheid verkrampte lot hier se kommentaar lees nie. Ek is so afrikaans en blank soos julle maar het verkies om my onnderig en in engels te kry (so ook my kinders nou en hulle vriende met wie ek gesels het) want dis die voertaal van die regte wereld daar buite. So gaanbou jul blanke universiteit op orania en kyk hoe ver julle kom in die regte wereld. Siestog….

Magaretha van heerden ·

Vincent wat se snert praat jy! Ons woon al vir jare in die UK en die Engels op skool was al wat ons gehad het en blykbaar was dit goed genoeg

Gerhard ·

Magaretha, moet jou nie aan versukkelde Afrikaners steur nie.

Therese van Schalkwyk ·

Vincent

Jy en jou kinders en hulle vriende kon die keuse uitoefen om in Engels te studeer, maar jy wil daardie keuse ontneem van ander wat moontlik Afrikaans verkies? Die oningeligtheid oor die voordele van moedertaalonderrig skrei boonop ten hemele. Lees die talle puik en maklik beskikbare artikels oor hierdie onderwerp, en word wys.
Daar is ‘n goeie rede vir die swak prestasies van mede-Suid-Afrikaners wat in Engels onderrig word, terwyl dit dikwels hul dérde taal na Afrikaans is.
Ja, die besigheidswêreld is hoofsaaklik Engels, maar vreemd genoeg sukkel taaltrotse Duitse, Franse, Japannese, Koreaanse e.a. ingenieurs geensins.

Barries ·

Stem heeltemal saam met Vincent en Petro. Ek was op Afrikaanse skole en het in Engels studeer. My werksplekke van 30+ jare is hoofsaaklik Engels gewees maar daar word ook Afrikaans gepraat. Alle amptelike korrespondensie natuurlik in Engels. My kind is in ‘n Engelse skool. Ons familie is ten volle tweetalig. Ons praat Afrikaans by die huis. Geen probleem met uitsluitlik Engelse Universiteite nie. Al te veel gegradueerdes gesien wat nie ‘n besigheidsbrief in Engels kan skryf of hulle self behoorlik in Engels kan uitdruk nie.

Dirk ·

Vincent, Ek noem myself n Afrikaner Nasionalis. Jy kan my verkramp noem, regs, rassisties, jy kan bv allerhande sosiale druk probeer toepas. Dit gaan geen effek he nie. My godsdiens is eerste. Dit definieer my waardes. Dan my taal. Dan is ek uiters patrioties. My patriotisme is hoofsaaklik vir my eie volksgenote. Die res verdien maar n skamele 4 de plek.

Henning ·

Vincent, jou naam spreek al boekdele. Jy in miskien nie kultureel so afrikaans as wat jy wil voorgee nie. Dis waarskynlik die rede vir jou gebrekkige begrip.

Piet ·

Vincent jy praat Afrikaans maar is beslis nie ‘n Afrikaner nie. Ek sou graag wou weet wat jou van is maar jy hoef my egter nie te antwoord nie. Dit sal van geen nut wees om met jou te stry nie, jy wil reeds nie sien wat “Dink verder” vir jou se nie. Wat ek jou wel kan se van ons verkrampdes, is dat ons baie meer verdraagsaam is as die verligte bomplanters, en godsdiens haters wat nie die son oor ander wil laat skyn nie. Jou tipe verstaan nie dat ons by Godsdienstige oortuigings staan omdat ons beginsels (verkrampdheid) vir ons die enkele belangrikste eienskap is. Dis maklik vir n beginselose ou om verandering te aanvaar in die naam van “verligtheid” want hy het geen beginsels om prys te gee nie. Shame ek kan nie so pateties en rugraadloos op hierdie aarde aankarring nie al probeer ek hoe hard.

Nico ·

Milner se droom om Afrikaans, en vervolgens die Afrikaner, uit te roei is nou finaal verwesentlik !! Dit was nog altyd Brittanje se droom. Maar, hulle kry nou ‘n pakslae van die stroom uit die 3de wêreld en veral Islam. Die Anglikaanse kerk is tans sterwend en sal eersdaags nie bestaan nie. Rooi Prins Harry bring gemengde bloed in hulle koningshuis in. Die souties is in hulle peetjie !!!! Eish !

jaco ·

milner het ook geglo in ewigdurende oorheersing deur wit engelse oor afrika…

Kobus ·

ek was by Kovsies en verwelkom die besluit. julle is darem negatief, maar kom nie met positiewe oplossings nie.

HULLE het on rugby gevat
HULLE het on taal gevat.

Net soos ons n reg oo afrikaans het, het ander 10 tale ook reg daarop. maar hoe is dit uitvoerbaar.

Integreer of bly agter.

Gerhard ·

Ek reken die antwoord daarop is dat dit die ooreenkoms waarop die huidige Suid-Afrika gebou is. Ek sal toegee dat jy werklik naief moet wees om te glo dat dit ooit so sou wees soos wat die onderhandelinge sou bepaal. Terselfdertyd is jy eers naief om te glo dit sal daar stop en dat die mense vir jou leef ruimte in hulle Suid-Afrika gaan gee enigsins, self al integreer (assimileer) jy. Verder kan mens argumenterr om in die Nuwe Suid-Afrika se agtergeblewe kultuur te assimileer juis tot “agterbly” sal ly.

Sarel se boetie ·

Afriforum, moet asb nie meer my lidmaadskap geld gebruik om te veg vir Afrikaans in hof nie. Die regters haat Afrikaans. Punt.

Dus, gebruik liewer my lidmaadskap geld en ontwikkel Afrikaans sprekende Akademia tot wereld standaard universiteit. Ons kinders sal nie meer die Puk in Afrikaans kan sien bywoon oor 10 jaar nie.

Hans ·

Dit is verstommend wat n sekere groep mense oor Afrikaans en wit mense kwyt raak op Facebook-sou ek so iets oor ander bevolkingsgroepe kwyt raak was ek al vandag arresteer

Jan ·

Kobus, Vincent, Petro en ander geïntegreerdes. Vir verligtes soos julle, staan ek verstom oor julle kortsigtigheid. Lees weer die hoofregter se uitspraak. Indien die “beperkte hulpbronne” behuising insluit, dan word eiendomsreg ook ondersgeskik aan die gemeenskaplike belang. Dus jy verloor jou huis, en dan moet jy maar gaan integreer in die naaste plakkerskamp. Hierdie uitspraak wys baie duidelik dat ons grondwet nie die papier werd is waarop dit geskryf is nie.
Terloops, ek het voorgraads en nagraads aan die UOVS in Afrikaans studeer. Ek het in Brittanje gewerk en is daar permamente werk aangebied. Ek funksioneer elke dag in ‘n Engelse werksomgewing en het ‘n voordeel bo my kollegas omdat ek in my moedertaal studeer het.

Kabous ·

100%! Ek het in Afrikaans gestudeer en gegradueer (met ‘n Afrikaanse proefskrif vir my PhD) en ek het al by universiteite soos Oxford en Melbourne lesings aangebied. My Afrikaanse tersiêre opleiding slaan ek hoog aan en dit het geensins my vermoë beïnvloed om my by dié vooraanstaande internasionale instellings te handhaaf nie.

leon ·

Jan, jy slaan die spyker op die kop. Die uitspraak het nie net te doen met die taalbeleid van die UV nie.

Dieperliggend sal die “tekort aan hulpbronne” die daaglikse bestaan van alle minderhede onder skoot kom. Soos Jan noem kan eienaarskap van grond en ander bates asook
moedertaal skoolopleiding, die geleentheid om in diens geneem te word,
selfs bewegingsvryheid ondergeskik gestel word aan die eise van die behoeftiges. Word wakker mense en stop die kortsigtige tipering van bekommerde Afrikaners as verkramp of rassisties.

Fanie Kemp ·

Die Engelse het probeer om met geweld, konsentrasiekampe en verskroeide aarde die Boerevolk te vernietig en daarna het Milner hard probeer om ook die Afrikaanse taal te vernietig. Ons was “Gewond maar nie oorwin” nie.
In Geloof, met daadkrag en ywer en lojale verset en deur organisasies soos die Reddingsdaad Bond, Helpmekaar, eie Afrikaanse Tersiere Instellings en eie kapitale instellings te stig soos Volkskas, Sanlam, Santam en baie ander het ons ons taal ontwikkel tot Internasionale erkende Universiteits en Vaktaal.
Nou begin die nuwe stryd. Ons het reeds Akademia, Soltek, ander instellings en ook die in wording ( soos in Orania ).
Asseblief, kom ons bly lojaal en eendragtig. Ons sal weer oorwin.

Jon ·

Die Boererepublieke het mos ‘n oorlogsultimatum aan die Britte gerig insake hul eie troepebewegings binne hul eie kolonie. Die Britte het dus nie die oorlog begin nie. En toe hulle veldmagte (ten spyte van ‘n klomp groot oorwinnings in 1899) teen die einde van 1900 verslaan was en Pretoria klaar geval het, en Oom Paul na Switserland gespaander het, wou die vuurvreter-bittereinders nie vrede sluit deur oorgawe nie. Kitchener was dus genoop om ‘n onkonvensionele tref-en-trap oorlog met ewe-onkonvensionele taktieke ten einde te bring. Wat hy inderdaad gedoen het. Die Bittereinders moet dus die skuld dra vir hul domastrante en gedoemde guerilla-stryd wat sulke bitter vrugte gewerp het.

louwboepens ·

Ja ou Vincent.Carl Niehaus is ook wit en Afrikaans.Is julle in dieselfde kamp?Dit lyk my so!

Cherokee ·

louwboepems, soos gewoonlik dieselfde, nie vol-vanself-kommentaar en dit word waardeer en geglimlag.

Heinrich ·

Petro, Vincent en Kobus

Net dom Afrikaners moet hulle skool en tersiêre opleiding in Engels doen om vlot Engels te kan praat.
Intelligente Afrikaners kan hulself gemaklik in Engels uitdruk ten spyte daarvan dat hulle hele opvoeding in Afrikaans was.

Besluit julle dus maar self tot watter groep julle en julle kinders behoort…

Nouja ·

Heinrich, wees versigtig wie jy intelligente of dom Afrikaners noem en tot watter groep jy diegene wil verdoem wat van jou menings verskil. Deur in daardie slaggat te trap verkondig jy net aan iedere elk tot watter intelligensie groep jyself behoort. Elkeen het die reg om te verskil en ‘n eie mening te hê. Kritiseer die boodskap en nie die boodskapper nie.

Petro ·

Glad nie Heinrich.
Ek is snr persoon in my werksplek en moet gereeld onderhoude voer met werksoekene mense. Dis hartseer om te sien hoe slim outjies “dom” voorkom want hulle cv’s is vol spelfoute en hulle kan nie behoorlik vrae beantwoord nie… daar word 4 tale in my huis gepraat.. Afrikaans, engels , duits en Zulu..en ek hoop my kind wat nou 5 is kan al vier praat teen die tyd wat hy skool verlaat. Maar Engels is ons huistaal.. want dis belangrik vir sy toekoms.

Therese van Schalkwyk ·

Petro

Vir iemand wat duidelik die voordele van meertaligheid besef, is dit vreemd dat jy geen probleem het met die afskaffing van Afrikaans op universiteitsvlak nie? Die taal is reeds onder beleg op skoolvlak en van taalregte geen sprake.
Dink asseblief weer oor hierdie saak, want dit kom ietwat selfsugtig voor om persone, wat moontlik nie so wel ter tale soos jy en jou familie is nie, van die reg op vrye keuse tot moedertaalonderrig te ontneem.

AJ ·

Ons is in elk geval wêreldklas … in AFRIKAANS!
Was dit nog altyd gewees!
Sal altyd TROTS wêreldklas bly … in Afrikaans!

Eish ·

Die groot leier van die Boereoorlog, Christiaan de Wet, sê broer, Piet was ook n Boeregeneraal in die tweede vryheidsoorlog en het onder andere deelgeneem aan die Slag van Poplar Grove, die Slag van Sannaspos en die skermustseling by Lindley. Op 19 Julie 1900 het hy sy broer Christiaan gaan spreek en hom gevra of hy nog enigsins kans sien om die stryd voort te sit. Christiaan het gevra of hy mal was en omgedraai en weggeloop. Piet het op sy perd geklim, en hom aan die Engelse op Kroonstad oorgegee. Hy was hierna aktief in die vredeskomitees wat deur Kitchener op die been gebring is. Hy was ook aktief betrokke by die stigting van die joiner groep, bekend as die Orange River Colony Volunteers. Dit is in 1902 op die been gebring en Piet de Wet was in beheer van 248 manskappe op heilbron. Hierdie “joiners” was aan die einde van die oorlog ongeveer 4000 man en die bittereinders 17000.
Hul is met passie gehaat deur die bittereinders aangesien hul die Britte gehelp het deurdat hul die boere se taktiek geen het, byvoorbeeld deur nagtelike aanvalle op slapende kommando’s te doen. Min is oor hul bekend vanweë die feit dat hul so gehaat was dat hul uit die volksmond verban is.
Die oorlopers of joiners was so 25% van die weerbare mans. Op enkele uitsonderings na, meesal mense wat vanweë hul omstandighede maklik omgekoop of gemanipuleer kon word.
Maak vrede dat ook tussen ons joiners is.

Jan ·

In die woorde van Sir Alfred Milner – “wys my ‘n Boer, en ek wys jou ‘n veraaier”

sinies ·

Mogoeng Mogoeng se blatante haat vir Afrikaans en die Kaukasier spreek boekdele.

korrek ·

Soos gewoonlik het die hoogste hof die korrekte beslissing gemaak. Staatgesubsidieerde universiteite moet koste-effektief bedryf word.

kallie ·

Welke persentasie van KOVSIE studente se moedertaal is Afrikaans? Lyk vir my na ‘n rasionele, ekonomies regverdige besluit om klas te gee in ‘n taal wat almal verstaan. Ek het geen probleem as ‘n privaatgefundeerde universiteit slegs Afrikaans is nie maar hierdie is ‘n staatgesubsidieerde instelling wat so koste-effektief as moontlik bedryf moet word.

Basson ·

Petro, Vincent et al, julle is een geslag weg van totale verengelsing. Dis julle reg en keuse. Respekteer egter die wie ‘n ander pad kies as hul reg en keuse, soos ek julle s’n respekteer.

Gustaf Pienaar ·

Ek het probeer om die hoofregter se uitspraak noukeurig te volg. My herinnering is – en ek mag verkeerd wees – dat hy nie één keer na bruin Afrikaanssprekende studente verwys het nie. Dit is asof die hoofregter meen dat net witmense Afrikaanssprekend is. Wat meer is: dat (wit) Afrikaanssprekendes vanselfsprekend ook rassiste is. Ek weet nie hoeveel bruin Afrikaanssprekendes aan Kovsies studeer (of beplan om daar te studeer nie), maar as hierdie uitspraak oplaas ook Afrikaans se lot op Stellenbosch sal beklink, gaan dit ‘n probleem wees vir bruin Afrikaanssprekende studente uit veral die Noord-Kaap, waar Engels regtig min gepraat en gehoor word. Dan praat ‘n mens nie eers van wat hierdie uitspraak se potensiële invloed op skole gaan wees nie. Ek sal graag mettertyd die minderheidsuitprake van regters Froneman, Cameron en Theron wil lees. Die heil vir Afrikaans as tersiêre onderrigtaal lê m.i. by private instansies – soos Akademia. Dalk is dit nou tyd vir die alumni van gewese Afrikaanse universiteite om hul ruim geldelike bydraes na, byvoorbeeld, Akademia te kanaliseer. Prof. Fanie Olivier het ook al voorgestel dat daar in Suid-Afrika “satellietkampusse” van bekende Nederlandse en Belgiese universiteite gevestig word waar die onderrigtaal Afrikaans sal wees. Nogal ‘n interessante gedagte.

Radbraak English Vlakvark van British Heights ·

Indien jy nie “Royal English” vlot kan praat en skrywe nie, praat en skrywe jy radbraak “South African (vanaf die plaas) English”. En die Britte sal jou dadelik uitvra van welke land jy afkomstig is.

Wiehan ·

Wanneer gaan Afrikaners op hou strydom en ‘ n Tegniese op lei ding sentrum en universiteit in Orania oopmaak.
KOM ORANIA, WYS HOE DIT GEDOEN KAN WORD.

bgj van der westhuizen ·

na die hel met almal wat so vry na engels en binne die volgende paar jaar sal die oplieding n elke geval so swak wees dat dit niks beteking nie dit is tyd dat ons as wit afrikanes nou saam staan en begin al ons kinders by die huis leer en oor die internet hulle probeer ons taal dood maak maar maak hulle tale eerder dood

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.