Konstitusionele Hof sê oor US-taalbeleid

Konstitusionele hof van Suid-Afrika (Foto: Stefan Schäfer, Lich – eie werk,via Wikemedia Commons)

Die Konstitusionele Hof het Donderdag beslis die Universiteit Stellenbosch (US) se taalbeleid van 2016 is grondwetlik geregverdig.

Die hof het in ʼn eenparige beslissing bevind dat die US se proses om die 2016-beleid aan te neem het gevolg na deeglike, uitputtende, inklusiewe en behoorlike beraadslaging.

Die organisasie Gelyke Kanse het ʼn aansoek gebring om direk tot die Konstitusionele Hof te appelleer teen ʼn uitspraak van die Kaapstadse hooggeregshof wat die nuwe taalbeleid van die US gehandhaaf het.

Die US se 2016-beleid gee voorkeur aan Engels as onderrigtaal, terwyl klasse in Afrikaans aangebied sal word indien dit redelik en prakties uitvoerbaar is.

Gelyke Kanse het in sy aansoek aangevoer dat die US strydig met die Grondwet, wat onderrig in ʼn amptelike taal van keuse tot op die hoogste vlak waarborg waar dit redelikerwys doenbaar is, onder politieke druk geswig en Afrikaans begin afgradeer het.

Die US het aangevoer die 2016-beleid, in teenstelling met die 2014-beleid, sluit nie swart en Engelssprekende studente uit tot volle en gelyke toegang tot die universiteit nie.

Volgens die US kon die voorsiening vir Afrikaans in die 2014-beleid behoue gebly het deur volle parallelmediumonderrig, maar die koste daarvan sou R640 miljoen in infrastruktuur beloop en ʼn bykomende R78 miljoen per jaar daarna vir bykomende onderrig- en personeelkoste. Dit sou volgens die universiteit ook tot gevolg gehad het dat klasgelde met 20% styg.

Gelyke Kanse voer aan dat die 2016-taalbeleid die US op ʼn trajek geplaas het om te verengels, terwyl die vorige taalbeleid van 2014 omvattend voorsiening gemaak het vir die gelyke gebruik van Afrikaans en Engels op die kampus.

Prof. Philip Spies van Gelyke Kanse het vroeër gesê die uitspraak van die Konstitusionele Hof kan as ʼn toetssaak gesien word oor die kwessie van die reg tot onderrig in Suid-Afrika se inheemse tale op tersiêre vlak en kan rigtinggewend wees vir al 26 Suid-Afrikaanse universiteite, waarvan die meeste slegs onderrig in Engels aanbied.

Volgens hom het die verengelsing van tersiêre instellings ʼn rimpeleffek en kan die beleid later afrol na skole. Hy het gesê talle Afrika-akademici beklemtoon die belang van moedertaalonderrig in die ontwikkeling van Afrika en Afrikaans word as ʼn suksesverhaal voorgehou.

“Alles kan nie verengels net omdat die politiek dit voorskryf nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Charles

Sjoe, wat ‘n verrassing!/s.

KOBUS

Kan hulle nie Grondwethof toe gaan nie? Is dit nou die einde van die pad?

legens

Dit is waaragtig arrogansie in die hoogste graad om te verwag dat die wereld sy taalgebruik moet aanpas om `n miniskule groepering se taalonderrig te pas . Dink die mense nou werklik dat die wereld sy tegniese , handels , wetenskaplike , chemise , mediese ens terme na die kombuistaal gaan omskakel ? Absurd . Alles in bykans in Engels , leer dit nou , want in die wye wereld gaan niemand jou antwoord op jou kombuistaalskrywe nie . Jou skripsie sal nerens kom nie . Word nou groot toe .

Milner

Dit is te verwagte. Politieke hof. ‘n Boom word aan sy (vorige) vrugte geken. En ‘n oud-regter van hierdie hof is nou Kanselier van die US. Kamerade kyk na mekaar soos die Afrikanerbond.

Koos de Meyer.

Dis maar net om te sorg vir al die onwettige immigrante wat vrylik rondloop en dan ook nog betoog as hulle nie hulle sin kry nie. Ons belasting geld word weereens gemors want ek wonder hoeveel van hulle regtig Engels magtig is.