Konstitusionele hof versag dwelmhandelaar se vonnis

grondwethof2

Die konstitusionele hof. Foto: Reint Dykema

Die konstitusionele hof het ʼn veroordeelde dwelmhandelaar se vonnis aangepas aangesien die staat nie die markwaarde van die dwelms kon bewys nie.

Michael Klaas, ʼn veroordeelde dwelmvervaardiger en -handelaar, het by die hof geappelleer teen ʼn beslissing van die appèlhof. Hy is in 2013 in die Alexandra-streekhof tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir dwelmhandel en vyf jaar vir die vervaardiging van dwelms. Die vonnisse word gelyklopend uitgedien.

Klaas het teen sy skuldigbevinding en vonnis geappelleer. Die hooggeregshof en appèlhof het egter sy appèlaansoeke van die hand gewys waarna hy hom tot die konstitusionele hof gewend het.

Klaas het in die konstitusionele hof aangevoer dat sy reg op privaatheid geskend is toe polisiebeamptes in 2009 sy huis sonder ʼn lasbrief en in sy afwesigheid deursoek het. Daar is op dwelms, chemikalieë en toerusting wat vir die vervaardiging van dwelms gebruik word, beslag gelê. Klaas het ook aangevoer dat die staat nie bewys het dat die dwelms in sy huis vervaardig is nie.

Die konstitusionele hof het in ʼn verklaring gesê die aansoeker is tereg skuldig bevind, maar dat hy nie ʼn regverdige verhoor gehad het tydens vonnisoplegging nie. Ingevolge die Strafregwysigingswet moet ʼn aanvanklike oortreder tot ʼn minimum van 15 jaar gevonnis word indien die waarde van die dwelmmiddels meer as R50 000 is en die beskuldigde alleen opgetree het, of as die dwelms meer as R10 000 werd is en die beskuldigde as deel van ʼn sindikaat opgetree het.

In Klaas se geval is daar op 2 920 Mandrax-tablette beslag gelê, maar die staat het nie die waarde van die dwelms bewys nie.

“Daarom het die konstitusionele hof bevind dat daar onreëlmatighede was tydens vonnisoplegging en dat dié hof die reg het om die aansoeker se vonnis te heroorweeg.”

Die hof het Klaas se oorspronklike vonnis van 15 jaar tronkstraf vir dwelmhandel na 12 jaar tronkstraf aangepas. Dit sal steeds gelyklopend met die ander vonnis uitgedien word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

JM ·

Dwelm handel is dwelm handel ongeag wat die waarde daarvan is, maar dit is weereens dubbel standaarde

SjN ·

Wat het die waarde met die aantal jare tronkstraf te doen, of jy een tablet of n duisend maak, jy is steeds skuldig aan vervaardiging van dwelms, daar is baie meer belangriker aspekte wat aandag moet geniet.

Johann ·

WAT?????? Die REGTE van DWELM VERVAARDIGENDE BOOSHEID word deur die Konstitisionele Hof voorop gestel? Ja, die polisie is wel disfunksioneel as dit kom by hulle werk verandwoordbaar doen, MAAR, om so n absurde tegniese punt tot voordeel van n gewetenlose dwelm smous te laat tel? En uit watter inkomste finansier so n boosdoener sulke hofsake? Nog erger… WIE is bereid om sysaak te hanteer? Ewe boos regs lui?

chris ·

HOE???????????? hy moes sommer nog 15 jaar by gekry het, want dis mense soos hy wat ons kinders vernietig, so ook ons as ouers se lewens verwoes

Sarel Strydom ·

1.Het die Staat weereens droog gemaak? 2. Die Hoogste Hof in ons Land sien om na die regte van Misdadigers, wat van die man se slagoffers,het hulle geen regte wat beskerm moet word nie?

Vra maar net ·

Is ten gunste van n ligte straf vir dwelm handelaars en vervaardigers….doodstraf so vinnig as moontlik moenie die tyd uitrek nie

christa ·

Vir my part kan hulle 20 jaar op gele word vir net die besit van dwelms. hoe gering ookal. Hy neuk ander mense se lewens op.

Koos1 ·

12 jaar, 15 jaar, 25 jaar is als relatiewe terme. Hy loop oor 3 – 4 jaar weer vry op straat. Dit wat die howe oplê en dit wat DKD toepas is twee heeltemal verskillende tydperke.

jaco ·

ek hoop dat as n wit boer sonder vergoeding onteien word, die grondwetlike hof ook die wit boer se “menseregte” in ag sal neem en die onteiening ongeldig sal verklaar.

marous ·

Hoe bepaal jy die waarde van dwelms? Koop jy dit op die rakke ? Moet die dwelm base getuig daaroor ? Kry asseblief Chinese wetgewers in die land!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.