Konstruksie twee jaar later by Majuba-kragstasie afgehandel

Die herboude steenkoolsilo 20 by Majuba-kragstasie in Mpumalanga (Foto: Eskom)

Die herboude steenkoolsilo 20 by Majuba-kragstasie in Mpumalanga (Foto: Eskom)

Eskom het Maandag bekend gemaak dat ʼn permanente steenkoolhanteringsoplossing beraam is nadat ʼn silo meer as twee jaar gelede by die Majuba-kragstasie in Mpumalanga ineengestort het.

Dit sluit in die herbou van Silo 20, die versterking van Silo’s 10 en 30, ʼn hysbakskag, twee steunpilare en die steenkoolvoerbandstelsel.

Die muur van steenkoolsilo 20 het in November 2014 ineengestort. Weens die strukturele skade en die betrokke voerbandinfrastruktuur kon geen steenkool aan enige van die kragstasie se drie silo’s verskaf word nie. ʼn Onmiddellike oplossing is binne vyf dae ná die ineenstorting van die silo geïmplementeer om weer die steenkoolvoorraad te vervoer. Minstens vier van die ses voerbande kon steenkool na die eenhede verskaf.

Abram Masango, uitvoerende groepshoof vir groepskapitaal van Eskom, het die onderskeie spanne geloof dat hulle onverpoosd gewerk het om seker te maak dat die beskadigde silo binne die bepaalde spertyd herstel is. “Dit is geen wonder nie dat die projek se tussentydse oplossing die Eskom Groepskapitaal-toekenning ontvang het vir die Beste Projek van die Jaar 2015.”

In Maart 2015 is ʼn tussentydse oplossing beraam wat die konstruksie van ʼn voerbandstelsel behels om steenkool aan al ses eenhede by die kragstasie te verskaf.

Konstruksiewerk aan die permanente oplossing het in Februarie 2016 begin en is einde Desember 2016 afgehandel.

Lees alle vorige berigte oor Majuba-kragstasie op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johanna Botha ·

En nou is daar blykbaar teveel krag deels omdat die ekonomie nie groei nie en omdat baie mense ander bronne van energie gebruik …so jaag SA sy beleggers weg maar daar word nie geleer nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.