Konstruksiereus beboet oor Wêreldbekersokkertoernooi-sameswering

Argieffoto

Argieffoto

Die konstruksiereus Murray & Roberts is ʼn boete van miljoene rande opgelê vir samespanning rakende konstruksieprojekte vir die 2010-Wêreldbekersokkertoernooi.

Die Mededingingskommissie het Donderdag gesê die boete beloop R64,1 miljoen. Itumeleng Lesofe, woordvoerder van die kommissie, het gesê die boete moet teen Augustus 2016 betaal wees. “Dit is bykomend tot die boete van R309 miljoen wat in 2013 aan die maatskappy [Murray & Roberts] opgelê is, ook vir samespanning in die boubedryf.”

Volgens Lesofe het Murray & Roberts sy samewerking in die ondersoek verleen, en het hy om dié rede ʼn afslag op die boete ontvang. “Ander maatskappye wat boetes ontvang het sluit in Aveng met R306,57 miljoen, WBHO met R311,29 miljoen en Stefanutti Stocks met R306,89 miljoen.”

Lesofe het gesê die kommissie hoop om die volgende fase van sy ondersoek teen Maart 2016 af te handel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Mira ·

Daai geld is reguit oppad Nkandla toe. Daar is baie vrouens en kinders wat nuwe karre moet kry vir kersfees!

Kobuz ·

Sal die ANC ook asb n boetekan kry oor hulle boiler skiniving met Hitach?

Berhalet Beukes ·

Hulle is al voorheen vir knoeiery beboet… En steeds doen hulle dit weer… Sê ook maar genoeg hhulle etiek en hoeveel ‘n boete nou eintlik beteken… Vervolg hulle en hou hulle aanspreeklik op ‘n meer effektiewe wyse!

Johan 2 ·

Dit is al hoe konstrusie gedoen word in SA (en Afrika).

As die ANC maar so streng teen politici optree, maar hul sal nie.

GES ·

Die staat het geld nodig om sukkelende openbare maatskappye uit te byl. So die melkkoeie wat nie hoë morele waardes het nie word nader getrek vir melktyd. Die geldjie wat oorbly sal handig te pas kom om die Nkandla projek te voltooi. Maar ai die tussengangers wat betrokke is by die projek, hulle kan steel ag ek bedoel hulle konsultasie fooie is hoog.

Johann ·

Ek hoop net die boetes word oordeelkundig in ons land se sukkelende ekonomie teruggeploeg. Ons het mos nou ‘n nuwe minister van finansies! Put your money where your mouth is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.