Konstruksievoertuig ry oor vrou

Argieffoto

’n Vrou het ernstige beserings opgedoen toe ’n konstruksievoertuig bo-oor haar gery het by ’n bouperseel in Savanna City naby Walkerville, suid van Johannesburg.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê met hul aankoms op die toneel het hulle die vrou op die grond aangetref met ’n groep mense om haar.

“Die vrou was in ’n bedenklike toestand. Hulle het vir haar pynverligtende medikasie toegedien,” het Van Huyssteen gesê.

Die vrou is glo ’n straatverkoper wat kos op die perseel verkoop het. Sy is met ’n helikopter na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling.

Die polisie ondersoek die presiese omstandighede rondom die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

snoefie ·

almal wil n waardige bestaan maak toegegee maar wdf het sy op die konstruksie perseel gaan soek en hoekom was sy nie daar verwilder nie! dis verseker omhein.

Neels ·

Elkeen probeer maar om te oorleef en om kos ens. te verkoop, maar al word hulle die perseel belet kom hulle steeds in, wil of kan nie verstaan dit is gevaarlik op n konstruksie terrein nie en die H&S verbied ongemagtigde toegang. Ek het dit al ondervind as jy hulle verbied raak hulle arrogant , agresief en speel die ras kaart. Nou is die drywer, terrein voor man, konstruksie bestuurder en kontrakteur almal in die moeilikheid..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.