Konstruksiewerker kritiek ná gebou meegee

Die ineengestorte gebou. (Foto: Verskaf)

Vier konstruksiewerkers is beseer van wie een in ʼn kritieke toestand toe ’n struktuur op ’n bouterrein in die Olifantsfontein-omgewing in Gauteng meegegee het.

Die ambulansdiens Emer-G-Med sê paramedici is vroeër vandag na die bouterrein ontbied nadat ’n struktuur bo-op vier mans ineengestort het.

’n Man in sy 50’s is by paramedici se aankoms op die toneel vasgekeer onder die puin van die gebou aangetref.

Paramedici het die man probeer stabiliseer terwyl die Tshwane-brandweer gespook het om hom onder die puin uit te kry.

Die man is ná ’n lang gesukkel bevry en inderhaas na ’n hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling.

Die ineengestorte gebou. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.