Konstruksiewerker sterf na hy in sloot val

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Konstruksiewerker is Maandag dood nadat hy en ʼn medewerker in ʼn sloot geval het by die Blue Hills-winkelsentrum in Midrand.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê die 53-jarige konstruksiewerker was in die sloot vasgekeer. Hy is op die toneel dood verklaar.

Mulaudzi het gesê die ander konstruksiewerker is uit die sloot gered en is in ʼn kritieke maar stabiele toestand na die Sunninghill-hospitaal geneem.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.