Konstruksiewerker sterf toe pomphuisie op hom val

Foto verskaf deur Netcare 911

Paramedici is Woensdagmiddag na ʼn toneel in La Lucia in KwaZulu-Natal ontbied waar ʼn struktuur omgeval het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici het omstreeks 13:20 by die toneel in Lady Ellen-singel opgedaag. “ʼn Betonstruktuur het op ʼn konstruksiewerker omgeval. Die persoon het nie enige tekens van lewe getoon nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Beamptes van die brand- en reddingsdiens en die SAPD was op die toneel en het gehelp om die man se liggaam onder die puin te verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieterv ·

Struktuur op die rand van n uitgrawing in sagte grond. Dit is strafbare manslag! Die inpektoraat gaan iemand erg aan die pen laat ry en dit is reg so. Die onbevoedheid van konstruksiebestuurders en beroepsveiligheidsbeamptes kom al te lank met hierdie gemors weg.
Skedule en kostes is al vir te lank projekte se hoof dryfkrag.

Daan Erasmus ·

Die arme werker. Wou net werk toe kom. ‘n dag se werk doen en rustig huistoe gaan. Nou is daar ‘n gesin wat ‘n droewige Kersfees kry. En daardie vlak werkers het nie ‘n 2.4 miljoen polis nie.

RHG ·

Ek hoop sy familie sit ‘n R2,4 milj. eis in.
Dit was regtig waar ‘n ongeluk wat kon voorkom gewees het. Tragies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.