Konstruksiewerker uit sloot gered

Die konstruksiewerker wat uit die sloot in Hammanskraal gered is (Foto: Verskaf)

’n 29-jarige konstruksiewerker is Maandag uit ’n drie meter diep sloot in Hammanskraal noord van Pretoria gered toe die walle daarvan skielik meegegee het.

Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, sê reddingswerkers is vanoggend kort na 11:30 na die toneel ontbied en het die man in ʼn sloot by ʼn Eskom-substasie in Hammanskraal aangetref.

“Volgens inligting wat ons op die toneel ontvang het, was die werker besig om in die sloot te werskaf toe gedeeltes van die kante skielik ineengestort het,” sê Mabaso.

Brandweer- en nooddienste probeer die konstruksiewerker uit die sloot red (Foto: Verskaf)

Die man werk vir ʼn subkontrakteur van Eskom.

Die werker het tydens die voorval sy linkerbeen gebreek en moes met ʼn hidrouliese hyskraan uit die sloot gelig word.

Hy is teen 13:25 per helikopter na die Netcare Milpark-hospitaal vir verdere mediese behandeling geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Die Wolf ·

Wonder watter persoon het die uitgrawing goedgekeur. Volgens die fotos blyk daar baie regulasies wat oortree is.

Baardman ·

Health en safety regulasies het weereens nie bestaan nie.

SjN ·

Wat is fout met dit, wil seker n blok gooi, was weer daar waar hy nie moet wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.