Konstruksiewerker val na sy dood

Foto: Verskaf.

ʼn Konstruksiewerker het Dinsdagoggend etlike verdiepings ver van steierwerk na sy dood geval in Umhlanga, KwaZulu-Natal.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê hul paramedici het om 07:50 by die toneel opgedaag.

“Dit blyk dat die man, vermoedelik in sy 20’s, omtrent 12 m ver van die steierwerk afgeval het,” het Dollman gesê.

Die man het volgens Dollman veelvuldige beserings opgedoen.

“Ten spyte van pogings om die man te resussiteer is hy op die toneel dood,” het Dollman gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

B-man ·

“Construction worker falls to his death” – direk – “konstruksiewerker val na sy dood”.
Hoe doen mens dit? Hoe val jy ná jou dood?
Werkwoord na aan einde van sin, nie soos in Engels nie. Eerder: “Konstruksiewerker dood na hy val”?

LouE ·

Ek het dit verstaan. Ek is vreeslik moeg vir almal wat verbeterings op die berigte wil aanbring. Is dit werklik nodig????

Verstom ·

Rêgtig B-man??? Jy verstaan seker nie Afrikaans mooi nie? Ek is SEKER alle Afrikaans-sprekendes verstaan wat MM bedoel met die opskrif van die berig?!

Riaan ·

Nee wat ek stem saam dit gaan nie oor of mense verstaan wat jy berig nie dit gaan oor die feit dat dit n afrikaanse blad is en in so n geval moet taalgebruik korrek wees.

B-man ·

Ja, dit is nodig. Ons kan nie aanhou om ons taal te verarm net omdat ons te lui is om te dink nie. Ek het regtig gedink dis ‘n sensasie-berig omdat die werker geval het na hy dood is. Sou andersins nie die berig eers gelees het nie.

Faan ·

My Engelse vrou sou gese het ” daarie man het dood geval” ha ha ha

Dave ·

Wys net die vlak van omgee wat ons as medemens bereik het. Wie gee om vir hoe die boodskap geskryf is? Die boodskap is dat ‘n persoon gesterf het en ‘n hartseer familie agterlaat!

wielie ·

Ai mense Hier is n man dood en julle worry oor ” grammer” ???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.