Konstruksiewerkers by Durban-hawe beseer

Argieffoto

Argieffoto

Vier konstruksiewerkers is Maandag beseer tydens ʼn voorval by die hawe in Durban.

Volgens Robert McKenzie, woordvoerder van KwaZulu-Natalse nooddienste, het die mans verbeteringwerk op ʼn steenkoolhouer gedoen, toe dit ineengestort het.

“Die mans het sowat 6 meter ver geval,” het McKenzie gesê. Die werkers is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Dit is nog nie bekend wat die ineenstorting veroorsaak het nie. Die betrokke owerhede stel ondersoek in.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.