Konsultasies oor vlak 3 begin

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Presidensie/Twitter

Pres. Cyril Ramaphosa sal vandag as voorsitter dien van ʼn virtuele vergadering van die nasionale ekonomiese ontwikkelings- en arbeidsraad (Nedlac) wat sal beraadslaag oor die oorgang na vlak 3.

Ramaphosa het Woensdagaand tydens ʼn regstreekse toespraak aan die land gesê dat groot dele van die land teen einde Mei na vlak 3 van die afsonderingstydperk kan skuif.

Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, het gesê vergaderings van Nedlac se verskillende afdelings is die begin van omvattende konsultasie tussen die regering en verskillende sektore van die samelewing en die ekonomie oor die moontlike vordering tot vlak 3, soos beloof deur die president.

“Die vlak sal ’n meer uitgebreide heropening van die ekonomie behels en die opheffing van beperkings op beweging. Die vergadering sal ook fokus op die versagting van die ekonomiese impak van die pandemie en die gevolglike afsonderingstydperk in Suid-Afrika.”

Volgens Diko is Ramaphosa deurlopend in gesprek met verskillende sektore van die samelewing rakende die bestuur van die nasionale ramptoestand sedert die regering die eerste keer opgetree het om die uitbreking van die Covid-19-pandemie in die land te beperk.

Ramaphosa het Donderdag tydens ʼn besoek aan die Oos-Kaap gevra dat mense nie onnodig omgekrap raak oor die toepassing van die afsonderingsmaatreëls nie. “Ons besef dat die manier waarop ons die afsondering toepas nie almal tevrede stel nie, maar ons kan julle verseker dat ons ingeligte besluite neem.”

President Cyril Ramaphosa gedurende sy toespraak Woensdagaand. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Ramaphosa het ook meer duidelikheid begin gee oor die oorgang na vlak 3. Volgens Ramaphosa sal talle dele van die land na vlak 3 oorbeweeg, maar sal daar gekonsulteer word oor die dele van die land waar die infeksiekoers hoog is.

“Natuurlik gaan ons almal nie saamstem met die strategiese benadering wat ons volg nie, maar ons glo die strategiese benadering is geskik vir die doel om ons in staat te stel om die lewens van ons mense te red.”

Ramaphosa is ook uitgevra oor die verbod op die verkoop van alkohol en sigarette. Hy het gesê daar sal hieroor gepraat word tydens die konsultasies oor watter maatreëls vir vlak 3 moet geld. “Ons wil hê elke Suid-Afrikaner moet deel van die proses wees.”

Ramaphosa het veral op sosiale media onder skoot gekom oor Woensdagaand se toespraak met talle wat meen hy het nie eintlik enige nuwe inligting verskaf nie.

Die DA en die VF Plus het Donderdag aangekondig dat hulle die howe sal nader rakende die voortgesette algehele landwye afsondering.

John Steenhuisen, leier van die DA, het tydens ’n virtuele mediakonferensie gesê dié party se regsverteenwoordigers het hofstukke by die hooggeregshof ingedien om die rasionaliteit van drie van die afsonderingsregulasies te beveg. Dié regulasies sluit in die aandklokreël, die verbod op e-handel en die beperkte oefentye gedurende die afsondering. Die regering het egter laatmiddag bekend gemaak dat alle aanlyn kleinhandel nou toegelaat word.

Volgens Steenhuisen sal die DA se regspan egter Vrydag ook hofstukke indien om die grondwetlikheid van die afsonderingsregulasies te bevraagteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Jan ·

Partykeer wonder ek of ek blond is. Ek kyk graag BBC. Ander lande se pres.en ministers is oop . Hulle verduidelik. Hulle beandwoord vrae . En gee andwoorde. Kyk vir Trump en Borris. In suid Afrika kruip hille weg . Hulle praat in afsondering. Daar is nooit n boodskap in hulle toespraak nie. In my onderfindig in die lewe het ek nog nooit n staats amptenaar gehoor se hy is skuldig nie
Hulle weet niks hulle loop rond met grade wat hulle gekoop het.

Kobus ·

Hulle is natuurlik te bang die vraag gaan opkom oor die “Salary Cut” wat hulle onderneem het om te vat!

Scalla ·

Jan, vergelyk net die land se ministers teenoor die ander lande, daar is voorgekrewe reels en regulasies en wet en orde en gekwalifiseerde mense wat aan die vereistes voldoen in poste, nie onbevoegde comrade aanstellings wat net plunder en afbreek en n bogemiddelde vergoeding maandeliks ontvang nie, deur net slegs te kyk na sommigess se optrede en voorkoms spreek dit vanself, nee jy is beslis nie blond nie!!!

Gawie ·

Trump en Boris sê jy? Boris se toespraak noudiedag was totaal onsamehangend, en Trump probeer sy mislukkings toesmeer met al hoe groter leuens.
Ons President is bereid om te erken dat daar foute gemaak is – het jy al ooit gehoor Trump erken hy was verkeerd?

Die Wolf ·

Wie is die grootste leuenaar van die twee? Ek is jammer maar jy vergelyk n appel met n peer. Gaan n bietjie terug vandat R aangestel is tot nou? Ek is is van mening dat die grootste gros van die bevolking geensins glo wat uit sy mond kom nie. Oor en oor bewys.

Hoekom ·

Stel vlakke in maar het geen idee wat elke vlak behels nie.

Karlahari ·

Ek werk in Lesotho.
Vandat lockdown begin het mag ek nie oor die grens nie.
My salaris in April was vir die 2 publieke vakansie dae en in Mei gaan dit dieselfde wees.
In inligting wat 200 respondente verskaf het verskaf ons tussen ons werk aan 30,000 Basotho.
Meeste van die fabrieke werk teen minder as 50% kapasiteit.
Daar is geen sprake dat die grens vir besigheids eienaars of bestuur sal oopmaak nie. Alhoewel vragmotor bestuurders daagliks die grens oorsteek.
En Offisieël het Lesotho net een geval van Covid….

Objektief ·

Hoekom nou eers? As daar nie druk van die privaat sektor was nie was ons teen Kersfees nog op vlak 4

Erica ·

Ag asb!! Ons almal weet hy is nie die voorsitter van enige iets nie. Se liewer jy wag vir die zol roller om vir julle te se wat om te doen. Want vaderland ek weet nie wie is dood met die virus en haar toe koning gemaak nie

Fedup ·

Okay cyril are you going to put your foot down or will zumsa spoon feed you again?
You should at least try and think for yourself. Not that hard at all. This 2 second decision making is really unacceptable and show your ministers incompetence. The day you make up your minds; let us know. You will be replaced soon enough. From bad to worse by the looks of it.

Die Wolf ·

Iewers begin die breinselle die gevaarligte wys oor die land se finansies.Net jammer dat kundiges se opinie nie in ag geneem word nie.

Nell ·

Ja wat talk is cheap. Hierdie mense, en die geskiedenis het dit al oor en oor bewys, kan nie prakties/rasioneel en volgens ‘n plan dink en optree nie, want hulle handel volgens hulle emosies. Hulle is net eenvoudig nie prakties bedraad nie.

Ria ·

Kan iemand my sê, wat het die rook van sigarette te doen met lockdown en let wel, ek rook NIE.

Erica ·

Dit is n Zuma ding. Sy is maatjies met die black market. So sy kry geld op die onwettige verkope daarvan. Hulle het geld nodig vir haar ex se hof saak.

Werner ·

Toe hulle gehoor het dat fie virus hiernatoe kan kom was hulle dan nou so voorbereid nou moet hulle eers konselteur hoe n klomp patete

Anel ·

Dit is nou al 50 dae later en ons is nog basies waar ons was. Weet nog steeds niks. Hie lank wil hulle nog praat? MOET MENSE WAG TOT HULLE KLAAR GEPRAAT HET SODAT HULLE VAN HONGER KAN DOIDGAAN! Die spul het geen idee wat om te dien nie. Besef hulle het die see onder die eend uit geruk en weet nie hoe hom dit reg re maak nie. Ek dink as hulle die dag wakker skrik en saamstem oor besluite sal dit te laat wees. Daar sal niks en niemand meer oor wees nie. LIG DIE INPERKING DAT DIE LAND EN SY MENSE KAN AAN GAAN OM TE LEWE!!!!

Adam Adriaan ·

Waneer hulle beraadslaag het hulle seker ‘n drom vol tombo, wat die dors les en wat die verstand los en deurmekaar maak. Dit is hoekom daar sulke patetiese planne uitgerol word.

JohanR ·

As dit die ou nou elke keer drie weke vat om te konsulteer, sal Fase 1 seker eers einde September gebeur. Kan iemand vir die ou asseblief se hy is die nommer een in SuidAfrika en MAG ‘n besluit net op st eie neem. Sal haat as ‘n berg op 1000 mense val dan moet die ou nou eers vir drie weke konsulteer hoe om die wat nog lewe daar onder uit te kry. By daai tyd is Gift Of The Givers en reddings spanne al vanaf die eerste uur na die berg geval het besig om te red wat daar te redde is!

Alleen Wolf ·

Ek wens die DA alle voorspoed toe in hulle hofgeding, dis tyd dat hierdie ongrondwetlike geknoei tot ‘n einde kom

Anoniem ·

Wonder wat het die konsultasie grap en die konsistorie grap in gemeen?

Nici ·

Ja dis belangrik dat mense nie onnodig omgekrap raak omdat hulle kinders honger bed toe gaan, hulle besighede krankrot is en die stres hul huwelike vernietig nie. Natuurlik is daar die matriek skooljaar waaroor mense so oorreageer. Danverdien almal in die regering nog salaris want dis ‘essensiele ‘ werk en daarom ‘essensieel’ dat hulle kinders eet. Die res van die bevolking se lewens kan maar uitmekaarval want al probleem wat tans oorweeg word is ‘n virus. Ons dink nie multi-dimensioneel nie, net een ding op ‘n slag. Oor twee maande sal ons die ekonomie oorweeg. Ek voel net bitter jammmer vir die immigrante wat geen voordele ontvang nie. Dalk gee ek meer om as die regering.

marius ·

Wat het intussen verander ? Mense dring in die strate saam maar daar word niks gedoen nie ? By die voertuig onderdele plek moet daar verklarings ingevul word met betroubare inligting , maar by sekere ketting groepe mag ek koop wat ek wil. Wee jou as jy waag om jou sypaadjie se gras te sny of jou hond saam te vat as jy oefen . Wat dink hierdie man en sy gevolg ? Dat mense nie dwarsdeur hulle sien nie ? Daar is ‘ n ware gesegde van as jy ‘n man of sekerlik ook vrou se ware kleure wil sien gee vir hul ‘n bietjie mag . Daar is ‘n ander ook , dat die grootste vertrappers deur diegene wat verguis word ,betaal word!

San 7 ·

Zuma probeer vir Ramaphosa sleg lyk want sy wil sy pos he. Jacob Zuma por haar aan want volgens hom moes Ramaohosa nie president geword het nie. Ek dink hulle werk teen hom so ook die adjunk president. Hulle dink ons is ape

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.