Kontakmisdade neem steeds toe

Bheki Cele, minister van polisie, by die bekendmaking van die jongste misdaadsyfers. (Foto: SA Polisie)

Dit ís die werk van die polisie om misdaad te voorkom en te ondersoek – maar ʼn gemeenskapsgesentreerde benadering in die voorkoming van misdaad gaan veel beter resultate lewer. Só het Bheki Cele, minister van polisie, Vrydag by die bekendmaking van die jongste misdaadsyfers gesê.

Die syfers is vir die tydperk van Oktober tot Desember 2022 en wys weer ʼn styging in kontakmisdaad soos moord, aanranding en roof. In sommige gevalle, soos met poging tot moord, het voorvalle met soveel as 24% toegeneem.

“Daar was ʼn aansienlike verbetering in die stryd teen misdade wat danksy polisieoptrede opgespoor word. Daar is ook teken van sukses in optrede teen misdaad soos transito- en bankrooftogte wat in die spesifieke tydperk aangemeld is,” sê Cele.

Dié afname word toegeskryf aan verhoogde polisiesigbaarheid, stop-en-deursoekingsoperasies, die nagaan van voertuie en padblokkades.

“Altesame 52 711 mense is oor die feestyd vir verskeie misdade, waaronder moord, seksuele oortredings, aanranding en motorkaping aangekeer,” sê Cele.

Moord, verkragting, motorkaping neem toe

(Argieffoto: SA Polisie)

Geweldsmisdaad bly egter ʼn knelpunt en altesame 7 555 mense is tussen Oktober en Desember vermoor – ʼn styging van 10,1% in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar.

In 3 144 gevalle is die moord met ʼn vuurwapen gepleeg, terwyl 2 498 mense met ander wapens soos messe, skerp of stomp voorwerpe, bakstene – en in talle gevalle met die kaal hand – vermoor is.

“Dit is duidelik dat ʼn breër gesprek gevoer moet word oor wat die kern van gewelddadige misdadigheid in hierdie land vorm,” sê Cele.

Vuurwapengeweld bly ʼn probleem en hou ʼn ernstige bedreiging vir menselewens en inkomste in, maar Cele sê menslike gedrag is uiteindelik die hoofoorsaak. “Ons moet as Suid-Afrikaners eerlik wees oor die oorsake van geweld en moet dit pak.

“Hoë werkloosheid- en armoedevlakke, die uitbreiding van informele nedersettings met geen of min dienste nie en ander sosio-ekonomiese euwels – asook die hoë aantal ongedokumenteerde buitelanders wat moeilik is om ná die pleeg van ʼn misdaad op te spoor – kweek misdadigheid.”

Cele sê die geweld wat Suid-Afrikaners teister lei tot meer aanrandingsvoorvalle wat dikwels oorgaan in meer pogings tot moord en in sommige gevalle moord.

Seksuele oortredings het in die derde kwartaal met 9,6% toegeneem. Die getal verkragtings wat aangemeld is, was 9,8% hoër en seksuele aanranding het met 4,1% toegeneem.

Ander geweldsmisdade het ook toename ondervind.

Dit sluit in poging tot moord wat met 24,3% toegeneem het, ernstige aanranding wat 8,7% hoër is, aanrandingsvoorvalle wat met 12% toegeneem het, roof met 21,2% en roof met verswarende omstandighede wat met 10,8% toegeneem het.

Duisende nuwe beamptes

Cele sê ook die polisie vee voor sy eie deur en is besig om ontslae te raak van beamptes wat hulle aan die kant van misdadigers skaar. In die afgelope boekjaar is 46 beamptes ontslaan vir verskillende oortredings.

Nog 10 000 nuwe rekrute sal vanjaar opgelei word en sal teen die einde van die jaar by die polisie aansluit. Cele het die president en die nasionale tesourie bedank vir die prioritisering van nuwe polisielede en die verbetering van hulpbronne vir spesialiseenhede.

“Die polisie gebruik alles tot sy beskikking, te midde van begrotingsbesnoeiings en ʼn groeiende bevolking, om ʼn gewelddadige samelewing te polisieer,” sê die minister.

“Die ingryping gaan binnekort positiewe uitslae in die algehele stryd teen misdaad lewer.”

Die minister waarsku egter ook dat armoede en ongelykheid, asook werkloosheid en gebrekkige dienslewering, die polisie se werk bemoeilik.

Volgens Cele het die polisie ook sy groot DNS-agtergrond weggewerk en teen Donderdag het die agterstand – wat aanvanklik op 241 000 gestaan het – op 1 600 gestaan.

“Dit is ʼn 99,3%-afname in die agterstallige DNS-syfers.”

Die bou van ʼn forensiese laboratorium in Gqeberha (Port Elizabeth) in die Oos-Kaap is boonop afgehandel en gaan in die toekoms heelwat druk op die Wes-Kaapse laboratorium verlig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Jack ·

Nee wat.Dit is elke man vir homself in die land.Niemand gaan jou help of beskerm nie.Leer om wakker te wees..opserweer en hou altyd die phazer of peppar spray en as jy gelukkig is ‘n vuurwapen naby jou.Land van misdaad.

Di ·

Als te danke aand ons korrupte, onbevoegde Regering en Minsters! Raak ook ontslae van al die onwettige immigrante in die land dan sal misdaad afneem. Almal kom plak in SA, die land van melk en heuning. Ander lande se mense kom plak hier en ons Regering voorsien hulle van Studie beurse en toelaes en duisende onwettige krag verbindings maar ons eie mense krepeer. Geen hoop meer vir die riool plaas nie

Danie ·

Ek se weer wat verwag jy van n mafia polisie met MK en buitelandse lede bestuur.Die korrupte regering is slegs daar vir hul eie sakke en voel vere vir die gemeenskap.Misdaad gaan die land en sy korruptes verteer.

Manie ·

Dink die tweetjies nou hulle is “grênd” met die hoedjies op?

Sobymykoolkop ·

Ek het al gesê ; As hulle nie apartheid kan blameer nie dan moet dit die gemeenskap se probleem raak om te help. Ek kry ń salaris om my werk te doen. Dit geld die sapd ook , maar 98% is omkoopbaar. Begin julle salarisse ” verdie” veral jy met jou astronomiese belastingbetaler salaris. Sou skaam wees om daai statistieke te lees.

Waarnemer ·

Cele,hoeveel van due buwe rekrute het n skoon rekord?Bring die doidstraf terug en moord,verkragting en aanranding sal n besliste afname toon,maar as die doodstraf weer in werking is gaan die a en die c derduisende stemme verloor neh?

Nie Verbaas ·

Cele as jy tot nou toe nog nie die oorsaak van toename in misdaad verstaan nie moet jy liefs opsy staan. Jy slaap. Onbevoegde, lui, korrupte en swak opgeleide polisiemag met geen integriteit en ANC beleid. Let net op hoeveel polisielede is by misdaad betrokke. Bevordering word gegee aan onbevoegdes vir die pos. Doodstraf afgeskaf. Regstelsel wat val. Kriminele met ernstige misdaad word op parool vrygelaat. Wat verwag jy andersins? Slaap voort nuttelose Cele.

Rocco ·

Die regering (SAPS) wil nie misdaad uitwis nie. André de Ruyter(hoof van Eskom) , word deur Gwede Mantashe ‘n’ poliesman’ genoem as hy misdaad by Eskom vasvat. Misdaad is verweef in die ANC regering en substrukture. Raak ontslae van die ANC, en begin alle staatsentiteite skoon te maak van die lui en korrupte werknemers

Papsak ·

Ag los maar want ons staan vir ons self want Minister van Polisie was n kleuterskool onderwyser nou sommer Minister hoe pateties hy kan mos nie die werk doen nie hoe nou mmm

JohanR ·

En daar sit Tweedeldum en Tweedeldumber met hulle hoede op. Die hoede hou darem die paar brein pitte warm!

Republikein in die Wes Kaap ·

Die sosio-ekonomiese situasie in die mislukte land is van so ‘n aard dat sake net erger gaan word. Steeds probeer sommige Afrikaners glo dat die land reggeruk kan word. Die skade is onomkeerbaar. Ons moet alternatiewe staatkundige opsies oorweeg.

domheks ·

‘gemeenskapsgesentreerde’ – dan hoef die poliesie mos nog minder te doen, verminder hulle salarisse dan! Asook die mini-ster van polisie se salaris ook.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Nee wat, julle het die plot verloor agbare minister!

TO ·

Moet n argief foto wees vsan many moons ago, vandag se polisie hopeloos te dik

Hennie Biebouw ·

Ek dien die Graad R -Onnie / Generaal het straks ‘n side-kick bygekry..ewe met bypassende hoed en al….
Dit moet verskriklik wees om so te verdwaal in die oerwoud van jou verwarring…

Bulkalf ·

Kom ons sing saam.
Ek dra n hoed, n hoed vir elke snoet,
my hare is geskeer en ek is die meneer.
Ja ek dra n hoed.

Hendrik ·

Die ANC het twee dinge reggekry wat vir die misdaadsituasie in SA verantwoordelik is:

1) Hulle bevrydingsideologie van “first liberation, then education” en “with our matches en necklaces” het hulle ‘n wettelose kultuur onder hulle ondersteuners geskep wat nou baie moeilik omkeerbaar is.
2) Hierdie wettelose ondersteuners kies wettelose leiers wat die polisie van binne af verrot het.

Hoe hulle hierdie skip gaan omdraai, weet nugter alleen. Dis ‘n maalkolk wat hulle al hoe dieper insleep, terwyl blankes al hoe meer hulle eie ding doen en federalistiese oplossings soek onafhanklik van die staat. Die kloof tussen wit en swart word dus elk dag groter.

Eugene ·

Hoedmanne, ons stel nie belang in jou syfers nie, hoe jy elk geval op daai syfers en persentasies kom, sal geen men’s weet nie. Ons wag vir oplossings vir alle misdaad en moorde. Dis waarvoor jy Betaal word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.