Kontant-vir-poste-skandaal: Angie moenie skrik vir Sadou nie, sê DA

skool-21.jpeg

Argieffoto

Die Demokratiese Alliansie het die minister van basiese onderwys gemaan om nie deur die onderwysersvakbond Sadou geïntimideer te word nie en om die sogenaamde kontant-vir-poste-verslag vry te stel, soos beplan.

“Die DA verwerp Sadou se poging Saterdag om die verslag af te maak nog voor dit in die openbaar vrygestel is,” het Gavin Davis, woordvoerder vir die DA, gesê.

Hy het gesê die vakbond speel “politieke speletjies” omdat hy bewus is dat die verslag die skade gaan blootlê wat die vakbond aan die onderwysstelsel aangerig het. Volgens hom sal die verslag wys hoe Sadou-beamptes omkoopgeld aanvaar het in ruil vir onderwysposte. Dit sal glo ook wys hoe ses uit die nege provinsiale onderwysdepartemente deur Sadou oorgeneem is.

“Ons doen ʼn beroep op minister [Angie] Motshekga om sterk te staan teen Sadou se intimidasie en om die kontant-vir-poste-verslag vry te stel binne die tydraamwerk waartoe sy haarself Donderdag verbind het,” het Davis bygevoeg. “Die tyd het aangebreek om Sadou se houvas op ons onderwysstelsel te verbreek. Dit is die enigste manier hoe ons gaan verseker dat leerders uit voorheen benadeelde agtergronde die geleenthede gaan kry wat hulle benodig om uit armoede te styg.”

Sadou het glo Saterdag gesê die verslag oor die ondersoek is nie geloofwaardig nie. Sadou is besorg dat die verslag aan die media uitgelek het voor die betrokke partye afskrifte ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Frederik ·

Sadou is lid van Cosatu wat weer deel is van die drie party alliansie wat tans die land regeer. En hul verkoop onderwysposte. Dit wys nou net dat die huidige ANC regering korrup is en alle sfere van die samelewing. Dan het hulle glo ‘n goeie storie om te vertel.

Werklose onderwyser ·

Dit maak my eintlik die dinges in want ek kan jpu belowe dat die mense wat die poste koop nie goed gekwalifiseerd is nie en ek weet van baie gekwalifiseerde onderwysers wat werkloos sit. En daar is nie poste nie of of of…

Henk Booysen ·

Onderwys departement kan nie eers vir hulself dink of hul eie probleme oplos nie, hoe kan hulle dan jou kinders leer dink en probleme oplos. My oplossing: tuisonderrig of klein privaatskool klasse waar dialoog gevoer kan word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.