Kontrakte vir vroue net nóg kans vir ‘ANC-verryking’

Natasha Mazzone, die DA se hoofsweep. (Foto: Twitter)

Die DA is sterk gekant teen pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat 40% van regeringskontrakte voortaan aan sakeondernemings wat deur vroue besit word, toegeken gaan word.

Ramaphosa het in sy weeklikse nuusbrief gesê minstens 40% van die staat se kontrakte vir goedere of dienste moet voortaan deur ondernemings in vrouebesit verkry word as deel van pogings om vroue ekonomies te bemagtig.

Natasha Mazzone, die DA se hoofsweep, sê egter hierdie is nie ʼn opregte poging om vroue te bemagtig nie, maar “net nog ʼn siniese poging deur die ANC om die staat se koffers verder te plunder”.

Mazzone sê Suid-Afrikaners moenie geflous word nie.

“Dit is nie gewone vroue wat by hierdie aankondiging gaan baat vind nie: slegs ANC-kaders en diegene met wie hulle bande het wat kontrakte en agteraf betalings gaan ontvang. Die ANC gee nie om oor vroue se bemagtiging nie, hy gee net om oor sy eie sak.”

Mazzone sê staatstenders moet net op meriete toegeken word en op ʼn tydstip van erge ekonomiese lyding en rekordhoë werkloosheid het armes nodig dat kontrakte gegee word aan diegene wat dit verdien en nie omdat iemand ʼn verbintenis met die ANC het nie.

“Ons teenkanting van die ooglopende poging om elke laaste rand staatsgeld te kaap is nie teenkanting van vroue se bemagtiging nie – selfs al is dit wat die ANC sou wou hê burgers moet glo. Suid-Afrikaners is lank genoeg deur hierdie regering misbruik om te sien dat dit net ʼn BEE- en ʼn kwotastelsel in ʼn ander vorm is en dat nét die ANC daarby gaan baat.”

Mazzone sê dit is ʼn skande dat die ANC sogenaamde bemagtiging gebruik as ʼn dekmantel vir net nog plundery – en dit terwyl die land steier onder ʼn vlaag geslagsgebaseerde geweld.

“Ons het dieselfde by die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) gesien waar die ANC die instelling gebruik het om te plunder en die sakke van ANC-jeugligakaders onder die voorwendsel van transformasie en vooruitgang vol te stop.

“Daar gaan binnekort niks oor wees om te steel nie.”

Die DA sê die party sien deur die “ooglopende korrupsie” en dat dit net nog ʼn teken is dat Ramaphosa deel van die korrupte ANC is.

“Hulle [die ANC] het nie wat dit verg om vroue te bemagtig nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Sarel ·

Anti Kopdoek se storie en die ANC Vroueliga. Hy het hom alweer self verkoop

Jakes ·

Die regering se beheptheid met sogenaamde bemagtiging betekeken maar net weer dat ryk swartmense nog ryhker gaan word en die armes nog armer. Skandalig!!!

Scalla ·

Ware woorde, daar word gesorg vir hul pelle, voel niks vir die mense op voetsoolvlak.

Kokerboom ·

Vertel hulle Natasha! Hul trein van onbeskaamde gierigheid en korrupsie stoom onbeskaamd en ongehinderd voort!!

Andre ·

Wat is daar meer te se na Ace Magashule se bekentenis “ wys my een ANC leier wat nie met die staat besigheid gedoen het nie”
Dit is “ game set and match” vir SA en diegene wat glo selfbeskikking is ‘n moontliheid moet nou saamstaan en aandring op onderhandeling want daar gaan nie net gelate aanvaar as die ANC nie die volgende verkiesing gaan wen nie

Adam Adriaan ·

Die leier van die rowerbende het darem baie planne om na sy kaders te kyk

Belinda ·

Ek stem 100% saam, enige iets, solank ons net nie diens lewer nie, maar wel oes……

Nie Verbaas ·

Nou kan mevrou kader n besigheid registreer al het sy geen idee hoe om werk te doen nie. Sy kan dan ryk word terwyl niks gedoen is vir vergoeding wat sy kry nie. Sy word net nog n lid van ANC nar liga wat help plunder.

Hoekom ·

Die ANC regime gebruik hulle mag en invloed om hulle self te verryk. Die ANC is niks meer of minder as ‘n cartel nie. SA is nie meer ‘n republiek of ‘n “demokrasie” nie, net nog ‘n shaathoule…

Anoniem ·

Die ANC steek tong uit vir die land se inwoners………………………hulle ken die manier hoe om hul dolosse te gooi!!!!

Andre ·

Enige nuwe rede is goed genoeg, solank die armes net aanhou saamstem.

JohanEtz ·

Korruptokrasie! Geen openbare debatvoering nie? Tot op die been verrot!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.