Kontrakteur deur vier met pangas aangeval

Jaco Albertse. Foto: Facebook.

Jaco Albertse. Foto: Facebook.

WAARSKUWING: Die foto’s in die berig kan sensitiewe lesers of kinders ontstel.

ʼn Jong man is verlede week op die plaas waar hy as kontrakteur besig was met pangas aangeval.

Jaco Albertse (27) het aan Maroela Media vertel hy was werksaam as subkontrakteur vir die Hluhluwe Imfolozi Park, ʼn natuurreservaat in KwaZulu-Natal. Hy was verantwoordelik vir die bou van ʼn heining van 195 km om dié park.

“Reg rondom die park is daar plaaslike gemeenskappe wat elkeen sy eie stamhoof het. Die hoofkontrakteur het gewoonlik elke gemeenskap gaan sien en met die nduna (die stamhoof) gaan praat en homself voorgestel en verduidelik dat daar vir die volgende ruk mense in daardie omgewing besig gaan wees. Hy het ook gewoonlik so tien van die plaaslike mense in diens geneem om saam te werk aan die heining. Hulle is baie erg oor werksgeleenthede,” het Albertse gesê.

Volgens Albertse het 60 mense verlede maand die kontrak vir die bou van die heining geëis en is ʼn vuurwapen op die hoofkontrakteur gerig. “Ek het toe self ook van die gemeenskappe gaan sien en ons het tot ʼn ooreenkoms gekom. Ek het toe my tent daar opgeslaan. Later het ʼn ander gemeenskap oorkant die pad begin dreig om my tent af te brand,” het Albertse verduidelik.

Volgens Albertse het die parkowerheid hom toe gevra om eerder op die punt waar die heinings sou “ophou” te begin bou omdat dit hulle dan ʼn rukkie sou gee om die probleem op te los.

“Ek en een van die toesighouers was Woensdag met my bakkie op pad bo van die berg af toe daar ewe skielik net vier mense, drie mans en ʼn vrou, in die middel van die pad sit met pangas. Daar is net een pad, daar is nie afdraaiplek nie. Toe ons stilhou toe begin hulle my bakkie met die pangas kap. Hulle het die toesighouer aan die linkerkant van die bakkie uitgepluk en hom daar in die bosse ingegooi. Ek is aan die regterkant uitgepluk. Hulle het my begin aanval met die pangas en ek het toe probeer om my handwapen in die middelste kompartement tussen die sitplekke van die bakkie uit te haal. Hulle het heeltyd iets in hulle taal geskree – nie een van ons praat die taal nie en kon nie verstaan wat hulle wou hê nie,” verduidelik Albertse.

Foto: Facebook.

Foto: Facebook.

Die aanvallers het die wapen in die hande gekry. Albertse het dit by hulle probeer afneem en probeer om die magasyn uit te haal.

“Dit is toe wat die vrou twee keer hard met die panga gekap het na my regterpols,” het Albertse gesê.

Albertse sê dat die een wat die toesighouer aan die ander kant van die bakkie uitgepluk het toe na hom gekom het en hom aan sy voete gegryp het dat hy val. “Die een het toe sy knie hier in my keel gedruk,” sê Albertse. Die vrou het hom ook aan sy private dele gegryp. “Ek het die heeltyd gesê ‘sorry take whatever you want’, maar hulle het toe assegaaie en messe uit hul langbroeke ook geruk.”

Albertse vertel dat die hele struweling sowat tien minute lank geduur het. “Toe hulle die wapen in die hande kry toe vlug hulle, ek weet nou nog nie hoekom nie,” het hy gesê.

Toe die aanvallers weg is, het Albertse probeer om sy sleutels, selfoon en magasyn op te tel. “Ek het toe agtergekom my regterhand kan nie vat nie”.

“Ek het toe nou maar so gesukkel tussen die bloed deur om ʼn stemboodskap op ons kontrakteurs se WhatsApp-groepie te stuur dat iemand my moet kom help. Toe bel my baas my, blykbaar het die toesighouer wat saam met my in die bakkie was toe weggehardloop en hom gaan sê om my te kom help omdat hulle my aanval. Ek moes 15 km so ry, ek het net lappe om my arm gedraai”.

Albertse se hoof het hom langs die pad gekry en met hom na Richardsbaai (150 km ver) gejaag. “Ons het die ambulans gebel en hulle het my so 20 km voor The Bay-hospitaal in Richardsbaai gekry en my daarheen geneem.”

Volgens Albertse is hy toe gestabiliseer. “Hulle het heeltyd vir my bly sê die dokter kom nou, hulle gaan my amper opereer. Eers teen Donderdag het hulle vir my gesê ek kan nou iets eet of drink, toe was dit nou al ʼn hele dag sonder kos of water. Ek is Vrydagoggend 07:30 teater toe. Die operasie het vyf uur lank geduur,” het Albertse gesê.

Foto: Facebook.

Foto: Facebook.

“Hulle sê al die tendons in my hand, behalwe by my duim, was af en ook dié in my gewrig. Hulle moes alles toe weer heg.” Albertse is Saterdag ontslaan en moes Maandag weer hospitaal toe gaan dat ʼn terapeut hom kon ondersoek. Volgens Albertse het die terapeut gesê dit gaan minstens 18 weke neem voordat hy weer sy hand oop en toe kan maak.

Albertse het Dinsdag teruggevlieg na sy huis in Klerksdorp. “Gelukkig is my familie nou darem hier om my te help. Ek is afgeboek tot einde April. Ek moet nou ook antiretrovirale middels drink al het hulle my getoets vir MIV en die resultate gelukkig negatief was. Dit maak my hondsiek.”

“Ek werk met my hande en dit gaan baie langer as dit vat voor ek my regterhand weer heeltemal kan gebruik. Ek kan nie teruggaan daarheen nie, hulle sal my doodmaak”.

Albertse het gesê hy het ʼn saak van poging tot moord, ʼn saak van gewapende roof en ʼn saak van opsetlike beskadiging van private eiendom (bakkie) by die Esibayeni-polisiestasie aanhangig gemaak. Hy verneem intussen dat die aanvallers blykbaar ʼn saak van betreding teen hom gemaak het en ook die vuurwapen ingehandig het en gesê het hy wou hulle blykbaar daarmee skiet.

Lt. Kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie het aan Maroela Media gesê dat ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer ondersoek word. Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

toy ·

Dit voel vir my of ek in n vreemde land bly. Wat word van hierdie land van ons!!!!!

botterblommetjie ·

Ek lees altyd baie van die kommentaar… mense kommentaar op die berig en skel die mense en regering ens. Ek besef ons is soooo nietig en as jy nie 3enige God as middelpunt in jou lewe het nie is jy verlore, want jou lewe is letterlik niks werd nie… Net God kan ons red… ‘n wonderwerk het gebeur toe die mense weg is van die man… Ek wil nie eens te midde wees van sulke gebeure nie… sielkundige, liggaamlike, emosionele ens. gebeure nie, mag God ons almal red… menslik is hierdie soos ‘n verhaal deur ‘n skrywer, maar eintlik het die storie ‘n werklikheid en nagmêrrie geword. Wat is die nut om die aarde te laat aangaan, as ons net oorleef deesdae… niemand leef nie, nie eens die skelm nie, want tot hulle moet heeltyd beplan aan hulle dinge… Mag Jesus terugkom…

apie ·

baie mense ( ook in die buiteland) het sekerlik in 1994 al gesien dinge gaan stadig maar seker skeefloop en nou gebeur dit teen ‘n snelle pas…. Staan saam, vra hulp as jy op n plaas bly, daar IS mense wat by jou sal kom help oppas , Net so ook in ander beroepe soos Jaco. Hy het dit nie verwag nie nie, maar nou moet almal enigiets verwag en jouself kan verweer. . Sorg dat jy nooit in n weerlose posisie is nie , eerder as deel van ‘n groep. Ek hoop en bid daar word vinnig planne gemaak. Waar is die VN?

Aster ·

Genade! Die man is net daar om sy werk te doen! Baie sterkte, hoop hulle vang die helsems!

Rynhardt ·

Net bly dat kontrakteur lewe! Blanles julle gaan al hoe meer geteiken word en die panga is die gunteling wapen om jou slagoffer mee dood te maak of te vermink! Uitets omstrede politieke figure blaas hierdie haat teen blankes onder hul ondersteuners aan.Dit gaan nog baie erger raak.

julius ·

Nou weet ek nie. Die aanranders het ‘n saak van betreding teen hom gemaak, maar hulle weet nie wie dit is nie

LOUIS ·

Ja dit is my vraag ook en geen arresstasie is gemaak nie. Regtig waar hoe word hierdie mense net beskerm sonder dat daar geraak word aan hulle

Enya ·

Sit sopas en wonder oor di storie, hulle maak n saak teen hom oop maar die polisies soek die verdagtes…… regstelsel is n joke

Justice ·

Indien jou lewe bedreig word soos in hierdie geval moet jy jou handwapen onmiddelik en doelgerig gebruik indien jy hom uitgehaal het – `n vuurwapen is nie `n afskrikmiddel nie en kan teen jou gedraai word indien jy enigsins huiwer in so `n situasie. Jaco is gelukkig om met sy lewe hiervan af te kom. Sterkte vir die lang pad van herstel vorentoe.

jennefer ·

Hoe lank voor jy skiet? Hy het te lank gewag! en as hy gekiet het word hy aangekla van moord.

Pierre Joubert ·

Ja nee ek wil ook net noem dit is wat hulle doen, ek het vir 14 jaar as n Safety/Environmental Officer gewerk en elke keer as ons n nuwe Kontrak gekry het, het ons daardie Dorp se mense gehelp, hulle opgelei, van Kos voorsien.,Goeie Salarisse betaal, Veiligheids klere voorsien en dit is wat hulle doen,

Toy Toy want die Shop Steward help en hits hom mos aan, Dan kom die ander wat nie werk gekry het nie dan begin hulle moelikheid maak want hy wil ook werk hy kan nie of wil nie verstaan jy kan net n sekere aantal mense indiens neem nie, Soms brand hulle sommer jou Majienery uit, as hulle indiens geneem word gee ons hulle n kontrak,as hy naby die Site bly moet hy sy eie vervoer gebruik maar nee dit moet ook aan hom gegee word, dan wil hy ook nie werk nie hulle is te lui om te werk , Op een kontrak het ons 60 ingeneem met die eerste vergadering het hulle kastig hoof ingesit en gese as ons nie nog 50 inneem nie sal hulle nie vir ons verder kontrakte gee nie altyd n agenda om hom te pas.Dankie Here ek is daar weg,en werk nou vir n maatskappy waar ons met kontrakteurs werk en dit is die kontrakteur se probleem as hy moelikheid het verwyder ek hom van site. Die Here seen en sterte my maat en ek hoop jy Herstel gou.

M'Lady ·

Hoekom bly hierdie mense altyd reg langs n Nasionale Park? Daar moet buffer zones wees dat hulle nie die parke kan betree nie anders gaan daar van die diere niks oorbly nie. As dit aan n mens gedoen word wat word nie alles aan die diere gedoen nie?

Alice ·

Geen verdagtes!!! Hulle het dan die vuurwapen kom inhandig!!!

Wim ·

Alice jy weet mos was die beskuldigde n blanke was hy al lankal gearresteer .Dan was hy ook aangekla vir besit van onwettige vuurwapen.Laat ek eerder stilbly verder

Barrie Vermeulen ·

Nou kan ek nie verstaan nie: “Geen verdagtes is nog in hegternis geneem nie” ??????? Hulle het dan reeds die wapen kom inhandig en ‘n belaglike saak van betreding gemaak. HET HULLE HULLE EIE PANGAS INGEHANDIG? WAAROM IS HULLE NIE GEARRESTEER NIE? Dit is die nuwe SA. Moordenaars en kriminele kom weg. Die velkleur moet net reg wees.

Melt Olckers ·

Die regsvraag aan die aanvallers is: Hoekom hulle gewapen was met pangas, en hoekom het hulle oormatige geweld gebruik om Mnr Alberts te stop.
Dis net ‘n set om verantwoordelikheid vir hulle dade te onduik.

Marius ·

Jammer om te hoor en word gou gesond.Wil net weet jy het geweet jou lewe is in gevaar daar hoekom vuurwapen nie aan jou sy dra is dit nie waar hy moet wees my vriend?

Afrikaanse Knaap ·

Hierdie dinge gaan al lank in SA aan. Niemand het egter daaroor berig nie, want dis nie polities korrek nie.

Dankie aan maroelamedia wat vir ons die waarheid bring. Ek lees amper glad nie meer ander nuus webblaaie nie.

Janee ·

Polisie moet die aanvallers arresteer, hulle weet wie is hulle, wat is die probleem?

amvi ·

kyk maar, die demone is besig en hulle wyfies is net so betrokke. Die het gewoonlik agter die skerm gewerk maar deesdae is hulle deel van die operasies. Om weer te kyk na die man en sy ma wat aangeval is by vulstasie wil ek ook net se, ENGEN ek hoop julle skaam julle vir julle personeel wat eenvoudig verdwyn het toe die mense geslaan en beroof is. Weereens, hulle staan saam al is hulle verkeed. Die mentaliteit!!

Jane ·

Nog ‘n geval waar die SLAGOFFER vervolg gaan word na ‘n aanval en nie die AANVALLERS nie. Ek kan nie glo wat ek lees nie. Jy verdedig jou teen 4 aanvallers en JY word in hegtenis geneem en JY word vervolg vir betreding – vorige berig? Die diewe wat op die plase per ongeluk raakgeskiet of doodgeskiet word het nooit enige plaas ONWETTIG betree nie – koperkabeldief en mieliedief?? Dit is absoluut skokkend dat dit ons regstelsel is waarop ons moet staatmaak??????

coenraad ·

ek vra asb kan julle al die moorde en fotos na nuus media in biute land stuur dat ons I front kan bou teen die anc regeering dankie

Jeanne-marie ·

Dis regtag sad wat met hom gebeer het . Elke dag is daar moord en all daai bad goed maar ons moet bly wees as ons lewendag daar iut kom . Word gou gesond .

Ouma ·

Om ‘n saak te maak teen hulle, is so goed jy blaas teen ‘n donderstorm.

Theresa ·

Die mense raak gewoond aan gepamperlang, terwyl daar eintlik net plainweg daar gewerk moet kan word sonder steurnis. Nie eers gepraat van aanvalle nie!!! Kan eenvoudig nie verstaan waarom hul altyd so opgepiep moet word nie en dan tree hul altyd so banaal op! Sterkte aan Jaco. Sies vir die vrou wat ook deelgeneem het.

Catryn ·

Sterkte aan jou Jaco en mag daardie hand deur HOM aangeraak word, HY is die groot Geneesheer, en volgende keer maak jy seker dat jy reg is vir hulle as hulle jou weer aanval… niemand van ons moet toelaat om so aangeval te word nie. Kry van jou eie mense wat saam met jou ook jou kan help. ‘n Soewereine gebied waar ons ons eie gebiede kan bewaak en beskerm is ons enigste opsie vorentoe.

Wonder maar net ·

Volgens Lt Kol Zwane word aanranding met die doel ondersoek. Dit stem nie ooreen met die klagtes wat Mnr. Albertse geopen het nie. Hoekom is die klagtes skielik minder ernstig gemaak en ander klagtes sommer verdwyn? Statistieke word gemanipuleer!

elmarie ·

waar gaan alles ophoubeteken n lewe niks in suid afrika nie skande dat ons land so uitmekaar val

broos ·

die aanranders het ‘n saak van betreding gemaak maar die polisie soek nog die verdagtes???? only in souf africa…..

Denize ·

Ek woon in Richards Baai, en ek moet vir julle se, die Netcare Bay Hospital is pateties, goodness julle verstaan nie, dis n PRIVATE hospital maar nee oh hell ek gaan eeder Life Empangeni Garden clinic toe,baie netjies.
En vir die res van die story kan ek maar net se, dis waar, ons hier in natal betekn niks en moet maar net stil bly en aan hou.

Naas Vermaak ·

‘n Vuurwapen beteken ook feitlik niks as jy nie ordentlike opleiding in selfverdediging ens gehad het nie. As die beriggewing korrek is het die slagoffer verskeie fatale foute begaan tydens die konfrontasie oomblikke. Dat moeilikheid kan ontstaan was n feit aangesien dit kort tevore reeds opgevlam het. ‘n Basies opgeleide wakker persoon sou betyds gestop het of vinnig kon agteruittrek en sou met ‘n vuurwapen wat betyds in sy hande was die situasie tydelik kon ontlont of 4 gevangenes gehad het. Nietemin, ons mense moet begin selfverdedigingsklasse bywoon en paraat raak – streetwise of boswise.

Han ·

Naas, ek stem 100% saam met jou. Ons kan nêrens (!) meer houtgerus wees nie.

Zeus ·

Dis goeie nuus dat Jaco oraait is, maar die aaval kon heeltemal vermy word as hy vinniger was met sy handwapen. Net my opinie ek was nie daar om te sien presies wat gebeur nie.

Tanya ·

Liefste tannie Anne-Marie. My hart gaan uit na u met hierdie berig. Jaco was gelukkig dat hy nog lewend daar uitgekom het. U seen is op ‘n beter plek. Mag die Here u vashou en altyd teen Hom hou.

Inge ·

Maroela, indien moontlik, kan julle asb laat weet wat met die aanvallers gebeur in die toekoms, sou hulle vry spring of vas gevat word etc.

ANNE-MARIE ·

Maroela….dit wat ek wou plaas is toe nie geplaas nie en is kwansuis te lank
Toe het ek dit verkort
Ander s’n is ook lank maar word geplaas…??????!!!!!!!

Janie Monsieur ·

Dagsê Anna-Marie,

Dankie vir jou terugvoer. Jou kommentaar is nie afgehaal omdat dit te lank was nie, dit is wel verwyder omdat dit nie strook met ons bepalings en voorwaardes nie. Vergewis jouself gerus van dié maartreëls om seker te maak jou kommentaar word nie verwyder nie.: http://maroelamedia.co.za/bepalings-en-voorwaardes/

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Hennie Kruger ·

Mense mense mense. Ek kan net sit en lag vir die kommentaar. Dis my vriend die en ek is die person wat hom Dinsdag gaan haal het. Eerstens was julle nie daar om dit self te ervaar nie. Tweedens, Punt! Jy kan nie wil se hoe om wat te voorkom as jy nie self in die situasie is nie. Julle kan praat en kommentaar gee maar dit verander niks, ook nie om ander in die toekoms te help nie. n Aanval is nooit dieselfde nie, hulle het geen gevoel vir n mens nie. As hy nie die krag gehad het wat hy het nie sou hy dit tien teen een nie gemaak het nie. Net n regstelling, as sy vuurwapen in sy “holster” was, hoe sou hy hom vinning genoeg uit kry as hy in die bakkie gesit het? Maar weereens, ek ken die storie maar was nie daar nie. Dankie vir die wat simpatie toon en saam ons bly is hy lewe.

Lillian Batteson ·

Baie erg vir die jong man. Bly hy is ok. Ek dink nou aan die email wat die ronde gedoen het kort voor Mandela dood is, die nag van die lang messe. Dit is nou hier, skrikwekkend

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.