Kookwatermoord: Saak uitgestel

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

Twee verdagtes, wat glo hul twee niggies en ʼn baba met ʼn mes aangeval en daarna in kookwater gedompel het, het Dinsdag vlugtig in die Palm Ridge-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig die twee verdagtes, onderskeidelik 17 en 21 jaar oud, het na bewering twee weke gelede hul niggies, Lerato Letswalo (18) en Priska Movit (23), by hul huis in Katlehong aan die Oos-Rand aangeval. Movit se ses maande oue baba, Bokamoso, en ʼn derde meisie, Nthabiseng Letswalo (22), is ook aangeval. Lerato, Priska en Bokamoso is al drie met ʼn skerp voorwerp gesteek voordat hulle in kookwater gedompel is. Hulle is op die toneel dood. Letswalo het op die grond bly lê en gemaak of sy dood is. Sy het later die bure se hulp gevra wat die verdagtes aangerand en aangekeer het. Hulle is só erg geslaan dat hulle in die hospitaal opgeneem moes word.

Eyewitness News (EWN) berig die verdagtes het in die hof verskyn op aanklag van moord en poging tot moord.

Die verdagtes bly in aanhouding. Hulle moet weer op 6 Januarie 2016 in die hof verskyn. Die tiener word by ʼn jeugsentrum aangehou.

Die oorledenes is die afgelope naweek begrawe.

Lees alle vorige berigte oor die kookwatermoord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.