Kookwatermoorde: Ma vra seun moet in aanhouding bly

Argieffoto

Argieffoto

Die moordsaak van twee verdagtes wat glo twee niggies en ’n baba in Katlehong aan die Oosrand met ’n mes gesteek en daarna in ’n bad vol kookwater gedompel het, het Woensdag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn.

Albei, van wie een nog ’n minderjarige (17), is tans in aanhouding. Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.

Hulle het glo twee familielede, Lerato Letswalo (18) en Priska Movit (23), asook haar ses maande oue baba, Bokamoso Movit, in hulle huis aan die Oosrand in Desember aangeval.

Die minderjarige verdagte se ma het aan die hof gesê sy kan hom nie beheer nie en het ook nie die nodige borggeld nie aangesien sy werkloos is. Hy moet dus in aanhouding bly. Die ander verdagte sal later vandeesmaand aansoek doen om borgtog.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die kookwatermoordsaak op Maroela Media

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anoniem ·

Baie goed van die ma….maar sy moet maar versigtig wees…..netnou doen haar seun iets aan haar!!!!!!!!!!!!!!

Gerrie ·

Volgens wet mag n person se naam nie genoem word voor hy aangekla is nie,maar in hierdie geval word hulle name weerhou,al is hy 17 moord kan hy pleeg ,maar sy naam mag nie genoem word nie,selfs die ander een wat ouer is se naam word weerhou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.