‘Kookwatermoordenaars’ weer in hof

Argieffoto

Argieffoto

Die twee mans wat na bewering hul niggies en ʼn baba eers met ʼn skerp voorwerp gesteek het en toe hul liggame in ʼn bad vol kookwater gedompel het, het Donderdag vlugtig in die Palm Ridge-landdroshof verskyn.

Die twee mans, onderskeidelik 17 en 24 jaar oud, het na bewering in Desember Lerato Letswalo (18), Priska Movit (23) en haar ses maande oue baba, Bokamoso Movit, in hul huis in Katlehong aan die Oos-rand aangeval.

Die saak is Donderdag tot volgende maand uitgestel aangesien die staat nie die dossier in sy besit gehad het nie.

Albei mans sal in aanhouding bly tot en met hul volgende hofverskyning op 2 Februarie. Die minderjarige verdagte word in ʼn korrektiewe dienstesentrum vir jeugdiges aangehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marlene ·

Hoe kan jy so iets doen aan enige mens of dier?
Dit is afgryslik! Poging om ernstig te beseer/ poging tot moord. Mag hulle die swaarste straf denkbaar kry!

REGINA ·

Dit was n barbaarse onmenslike marteling en drie moorde, mag daardie twee moordenaars die ergste straf moontlik opgele word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.