‘Koop ons inentings’ smeek Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Presidensie/Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag internasionale organisasies aangemoedig om Covid-19-entstowwe van entstofvervaardigers van Afrika te koop weens die lae vraag daarna op dié vasteland.

Ramaphosa het hierdie versoek gerig tydens ’n internasionale beraad waaraan onder andere pres. Joe Biden van Amerika en dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), deelgeneem het.

Volgens Ramaphosa gee internasionale organisasies baie geld vir entstofvervaardigers van Afrika vir die aankoop en verkryging van entstowwe vir ontwikkelende ekonomielande, maar dan koop hulle nie entstowwe van hierdie vervaardigers nie.

“Dít, dames en here, moet verander,” het Ramaphosa tydens sy toespraak op die beraad gesê.

“Multilaterale agentskappe en filantropiese organisasies moet entstowwe van Afrika-entstofvervaardigers aankoop om te verseker dat die ontwikkelende vermoëns op die vasteland behou word.”

Maroela Media het verlede week berig oor die farmaseutiese reus Aspen, wat verlede jaar ’n ooreenkoms met die VSA-gebaseerde maatskappy Johnson & Johnson aangegaan het om die entstof vir pasiënte in Suid-Afrika en Afrika te vervaardig. Die ooreenkoms is in Maart gefinaliseer en proewe vir dié entstof, Aspenovax, duur sedert Januarie vanjaar.

Hierdie entstofvervaardiger het egter nog geen bestellings vir sy entstof gekry nie, al is Afrika die kontinent met die minste ingeëntes (16% van die bevolking).

Stavros Nicolau, senior uitvoerende hoof vir strategiese handelsontwikkeling, het gewaarsku indien Aspen geen Covid-19-entstofbestellings kry nie, sal daar duidelik geen rede wees om met die vervaardiging daarvan voort te gaan nie.

Die WGO het Donderdag gesê Suider-Afrika sien ’n oplewing in Covid-19-infeksies, met ’n toename van 32% in positiewe gevalle verlede week in vergelyking met die vorige week.

Teen Vrydagoggend is altesaam 3 871 085 bevestigde Covid-19-gevalle en 8 920 nuwe gevalle in Suid-Afrika aangemeld. Die jongste positiwiteitskoers is 23,1%.

Nog 21 sterftes is aangeteken, waarvan agt die afgelope 24 tot 48 uur bevestig is. Dit bring die algehele sterftesyfer op 100 630 te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

HJvdb ·

Ai tog Ramaphosa, niemand is verplig om iets by SA te koop nie…LOL

Hou tog op met die gedagte dat almal SA iets skuld!!!

Vraag en aanbod teen n aanvaarbare prys!

Henri ·

Dis ‘n uitgediende entstof vir ‘n ou variant van COVID. Dus is die entstof in elk geval nutteloos.

Waarnemer ·

Selfs mede Afrika lande vertrou nie ons regering nie…..

Johann101 ·

Hul vertrou nie net ons regering nie… hul vertrou ook nie die entstof nie… hul weet die ding is nie veilig & effektief nie…

miche ·

Hoekom koop CR dit nie self nie? (Daar behoort genoeg in sy Buffelplase en Ankolebeeste-plase se Spaarvarkie te wees).

VaalDonkie ·

Dis oorlat ons so min mense ingespuit het dat daar nou so min gevalle en sterftes is. Omikron het dan juis ontstaan om die entstof-teenliggaampies te ontwyk.

Madeleine ·

Laat mens Dink.
Ons mense is slimmer as wat hul gedink het.

Andries ·

Wie sal nou entstof koop in ‘n land waar 30% as slaag syfer aanvaar word?

Herman ·

SA net soos die res van Afrika en ander sukkelende lande is onderaan die lys wat inentings betref. Hoekom ent ramaparra sy people met hierdie entstof in nie?

domheks ·

‘n Entstof moet verhoed dat jy die siekte opdoen. Werk die entstof so? NEEEEEEEEEEE!

Swerwer ·

Lagwekkend. Die hele wêreld weet dat die Regering van ons land die kommuniste goed gesind is en ek neem niemand kwalik dat hul nie SA ondersteun nie.

JohanR ·

Gee dit vry vir Kuba. Julle gee moes alles, en vry weg aan Kuba!

Porseleintjie ·

Ou cyril jou land se eie mense kan nie eers n veilige hamburger hier koop nie, wat nog van die wereld verwag om n SA entstof te koop????

Genis ·

Gaan ent jouself, met eerbare middel wat korrupsie wegvat…

Nie Verbaas ·

Waarvoor wil jy dit verkoop Cyril? As dit by die land se finansies kom gooi julle sonder druk biljoene in die water en in kaders se sakke. Klomp korrupte narre.

annie ·

Nee regtig. Ons begin nou eers spuitstof maak toe ons uiteindelik die resep van die aanvanklike vervaardigers afgesmeek het; noudat die virus sy laaste stuiptrekke gee. Selfs viroloë glo covid is aan die taan. Nou wil ons begin om die inspuitings te verkoop… Onthou dit is nie entstof nie. Die herhaaldelike optop van die immuunbooster word aanbeveel. Is die nuwe glo vlaag covid plaaslik waar of word die syfers kunsmatig aangepas om plaaslike vervaardiging te bevorder?

Miskruier ·

Begin maar Hondsdolheidspuite maak, en Bek en Klou Seer ens. Onderstepoort is kaput en boere verloor diere aan siektes wat al feitlik die laaste 70 jaar uitgewis is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.