Koop van Highveld Steel van die baan

Argieffoto

Argieffoto

Die bestuur van Highveld Steel het Vrydag in ’n skrywe aan die vakbond Solidariteit bekendgemaak dat die Chinese maatskappy, International Resources Limited (IRL), nie meer die sukkelende staalmaatskappy sal koop nie. Die vakbond het gevolglik sy kommer oor die maatskappy en besorgdheid oor sy lede daar uitgespreek.

Volgens Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, het Highveld Steel se bestuur aangedui dat IRL nie aan die voorvereistes van die sakereddingsplan wat die koop rugsteun, voldoen nie.

“Tensy die bestuur van Highveld Steel nie binnekort ʼn ander koper kry of genoegsame fondse bymekaarmaak om die walsery weer aan die gang te kry nie, gaan die maatskappy kragtens die sakereddingsplan sy bates moet verkoop,” het Croucamp verduidelik.

Hy het gesê Solidariteit sal sy lede, wat deur die proses geraak word, bystaan deur onder meer toe te sien dat die maatskappy die regte prosedure vorentoe volg. “Die meeste van Highveld Steel se werkers ontvang tans heropleiding as deel van ʼn opleidingsafleggingskema wat aan hulle ’n tydelike inkomste bied terwyl hulle heropleiding ontvang. Intussentyd sal ons in gereelde gesprek met die werkgewer wees om die impak van die proses op ons lede sover moontlik te beperk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.