Koopbewysstelsel vir boere het klaaglik misluk – Saai

Argieffoto. (Foto: Verskaf)

Saai het die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se besluit om weg te doen met die presidensiële indiensneming-stimulus-pakket (PES) verwelkom.

Die departement van landbou het Donderdag aangekondig dat hy bestaansboere se hulpverligtingsprogram in die vorm van koopbewyse met onmiddellike effek opskort.

Saai het deurlopend op grond van klagtes van bestaansboere regoor die land gewaarsku dat die stelsel deur polities gekonnekteerde kaders gekaap is, dat dit met korrupsie deurtrek is en nie die uitkomste bied wat dit vir die belastingbetaler ’n aanvaarbare belegging maak nie.

“PES was ’n program wat die departement van stapel gestuur het om kleinskaalboere met koopbewyse vir landbou-insette soos saad, kunsmis, landbouchemikalieë en diesel in staat te stel om ’n boerdery-inkomste te genereer en ’n lewensbestaan vir hul gesinne te skep,” sê dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai.

“Saai glo die rede waarom die program so klaaglik misluk het, moet in die verwronge beleidsuitgangspunte van die ANC gesoek word. In plaas daarvan om die koopbewyse by erkende en gevestigde landbouondernemings in te ruil, is ras en partylojaliteit as kriteria gebruik om ’n klas van middelmanne te skep wat wins én kommissie uit die koopbewyse verdien het. Die departement erken dat vyf tot 37% van die ontwikkelingshulp in die sakke van daardie middelmanne beland het.”

Maroela Media het reeds berig boere wat koepons ontvang het, kla dat hulle veel meer moet opdok vir spesifieke produkte. Boonop is hulle oënskynlik voorgesê oor waar om dié produkte te koop.

dr-theo-de-jager-01

Dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai. (Foto: Verskaf)

De Jager sê sommige boere het nooit aan die gang gekom nie omdat die lankverwagte koopbewyse nooit by hulle uitgekom het nie. “Slegs sowat 55 000 van twee miljoen bestaansboere het enige mate van voordeel getrek. By sommige middelmanne was die kommissie só hoog dat boere nie genoeg insette kon koop om hulle oeste deur te sien nie.”

Saai beoog om deur die howe en deur opposisiepartye in die parlement meer inligting te bekom oor presies hoeveel geld in die program vermors is en hoeveel sukses gewys kan word.

“Bedrog en staatskaping in landbou is nie net ’n ernstige bedreiging vir voedselsekerheid nie, maar hou ’n hele geslag kleiner familieboere arm, onwinsgewend en onkompeterend. Sonder ’n radikale omvorming van die departement en die beleid van kaderontplooiing is geen oplossing moontlik nie,” sê De Jager. “Die ANC het landbou in Suid-Afrika versaak en niemand ly meer daaronder as die klein- en bestaansboere nie.”

Die Jager sê private inisiatiewe is die enigste alternatief vir ’n staat wat versuim om sy boere, en veral nuwe toetreders tot die bedryf, te help om kompeterend, volhoubaar en winsgewend te word. Dit is egter onmoontlik om die staat se werk te doen sonder ’n staat se inkomste.

“Gegewe die omvang van onreëlmatighede, onvermoë en staatskaping in die departement, is ’n oplossing vir die modernisering en kommersialisering van bestaansboere sonder ’n diepsnydende herstrukturering van die amptenary ’n terugdraai van die gevolge van kaderontplooiing en ’n omkeer van hul rasbehepte beleid, nie moontlik nie. Tot dan sal elke nuwe program, ongeag die miljarde rande wat daaraan bestee word, bloot die lys van mislukkings in landelike ontwikkeling en landbou nog langer maak.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

SomeOne ·

as jy enige vermorsing, agteruitgang, mislukking wil sien, gee dit vir die suider punt van afrika se anc gemors regering met nr 1 en 2 bo-aan die lys, moenie ndz vergeet nie

Shakespeare ·

Die ANC moet ‘n boek skryf. “How to demolish a good country”

007 ·

Wat het gewerk waaraan die ANC gevat het behalwe korrupsie, diefstal en wanbestuur?

Pieter ·

Ek weet nie wat gaan aan met ons blanke nasie nie gaan ons nooit wakker skrik nie. Wanneer gaan ons standpunt in neem teen die sleg anc gemors.Wat gaan van ons kinders word as ons nie wakker skrik nie ons blankes het nie meer rug graat nie.

Jubba ·

Erm, nou wat presies is die plan wanneer die nasie wakker skrik Pieter? Gaan hulle die massas wat anc stem almal omkoop met n t-hemp en broodjie om da te stem? Wat gaan gebeur as hulle wakker skrik met n rug graat, wat dan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.