Kopbeen op bouterrein in Rustenburg gevind

‘n Kopbeen. (Foto: Pixabay)

ʼn Kopbeen is op ʼn bouterrein in Rustenburg aangetref. Die menslike kopbeen is Dinsdag op die bouterrein van ʼn multimiljard-randse winkelsentrum in Rustenburg, naby die Olympia Park-stadion ontdek.

“Ons kan die voorval bevestig en die polisie ondersoek dit,” het polisiewoordvoerder sers. Ofentse Mokgadi gesê. Hy sê forensiese toetse word op die kopbeen uitgevoer. Die winkelsentrum is minder as ʼn kilometer weg van die hoof-taxistaanplek in die stad.

Die ontwikkeling van die winkelsentrum is een van die grootste eiendomsbeleggings tans in Rustenburg en sal na verwagting 2 500 werkgeleenthede vir die gemeenskap skep.

Die eerste fase van die projek sal na verwagting in April 2021 voltooi wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Dr Phil ·

Nou gaan een of ander kenner seker die kopbeen se ouderdom as tussen 300- en 450 miljoen jaar skat…

MJ ·

Dan skuif die wieg van die mensdom voorlopig weer terug vanaf Botswana na Suid-Afrika.

Wielspore ·

Hier kom ‘n grond eis!
Vrou, het enige van jou voor ouers op Rustenburg gebly?

ES ·

Wat het die taxi staanplek met die prys van eiers te doen….?

JoeV ·

Het ook gewonder, klink of hulle dalk kop bene van tyd tot tyd verloor.

marous ·

Voortydige grondeis . Hulle sal seker wag tot die plek klaar gebou en die winkels vol is .

Vee ·

Ek geniet hierdie kommentare so vanoggend en dit laat my hardop lag!!!
Party is so skerp en ander so snaaks en dis wat ons uniek maak . . .
n Berig wat te scary lyk om oop te maak en te lees word toe oorskadu deur skerp humor! ☺☺☺

jakes ·

Daar was 100 jaar gelede n begraafplaas daar. Plaas die skedel op jou selfoon en vra hoe die persoon sou gelyk het n 100 jaar gelede? Spoor dan die persoon se familie op en vra hoe die persoon tot sterwe gekom het? Of vra vir Mike Bolhuis om n moorddosier oop te maak.

Deon ·

Vat dit parlement toe. Hulle sal n kommisie van ondersoek stig. Ek glo so R100 miljoen behoort die job the doen waarmee die kommisie die ondersoek oor n tydperk van 10 jaar kan afhandel. Ek glo na so twee jaar sal die begroting aangepas word want die aantal lede van die kommisie van ondersoek het aansienlik vermeerder en die kilometres afgelê het dit genoodsaak om nuwe motors aan te skaf.

Elize ·

Moenie die polisie bel nie. Hulle sal nie kop of stert uitmaak van die saak nie.

Dankie vir die lekker lag. Afrikaans is lekker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.