Koperdiefstal neem effens af in November

Argieffoto

Argieffoto

Die koste van koperdiefstal het in November tot R13 miljoen gedaal, volgens die SA Kamer van Handel en Nywerheid se koperdiefstalbarometer.

“Die November-syfer is 1.51% laer as ʼn maand gelede, maar 36.8% hoër as ʼn jaar gelede,” het die SAKHN gesê. Die koste in Oktober was R13.2 miljoen. “Die effense daling word verwelkom, maar dit is nog nie enigsins ʼn aanduiding van ʼn afname van die stabilisasie van die barometer bo die R12 miljoen-merk nie.”

Altesaam 174 metrieke ton koper is in November besteel teenoor 176 metrieke ton in Oktober 2014. SAKHN het gesê die internasionale gemiddelde prys van koper het in Desember tot $6 480 (R75 149.86) gedaal van $6 715 (R77 747.28) in November 2014. Die prys van koper word gekoppel aan ander internasionale kommoditeite soos olie, wat ongeveer 50% van sy waarde verloor het gedurende 2014, het die SAKHN bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Joe64 ·

Hoe is daar sulke statestiek oor koper diefstal maar nie oor plaas moorde nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.