Koperkabel kry voete by Eskom-pakhuis

Argieffoto

’n Werknemer en ’n kontrakteur van Eskom is in hegtenis geneem nadat hulle in die besit van ’n groot hoeveelheid koperkabel in Welkom betrap is.

Die kragvoorsiener sê 170 meter se koperkabel is Dinsdag te danke aan die waaksaamheid van ’n polisiekaptein van die plaaslike polisie se honde-eenheid teruggevind. Die kabel het ’n geraamde waarde van R540 000.

Die koperkabel is vermoedelik by Eskom se pakhuis in Welkom gesteel.

Die twee verdagtes sal na verwagting Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn.

“Eskom veroordeel enige kriminele gedrag deur sy werknemers en kontrakteurs ten sterkste,” sê die kragvoorsiener.

Die publiek word intussen aangemoedig om enige verdagte aktiwiteite by Eskom by 0800 11 27 22 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
SjN

Daar moet n afset wees, kry die koper se besonderhede, dit sal nie die eerste keer wees nie.

Shakespeare

Die kader kriminele gedy by Evkom. BAIE STERKE Andre en Jan. Julle bly in ons gebede. Julle koppe word ge-eis maar uit dit sal verrys……. die ekspertise van die manne in beheer.

Johann

Ek sidder om te dink wat die WERKLIKE omvang van diefstal by ESKOM is? En aan wie word sit “verkoop”? Sekerlik moet daar iemand wees wat betaal vir ESKOM goedere?

Belinda

en daar was seker ook nie cctv footage nie.. of die krag was af dit dit nie gewerk het nie ne…

Diline

Dink Eskom moet ook al hulle werknemers se rekords nagaan. Almal wat kriminiele rekords het moet gaan, selfde met die polisiemag en weermag. Daar is duisend polisielede wat kriminele rekords het maar aangestel is, daarom gaan dit so in ons land. Nooit in die geskiedenis van die land kon jy in weermag of polisie aangestel word SONDER dat ‘n sekerheidsklaring op jou gedoen is nie. Nou is dit iets van die verlede