‘Koperkabeldiewe’ op heterdaad betrap

Honderde meter se koperkabels is agterop ’n voertuig op die toneel gevind. (Foto: SAPD)

Altesaam vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle op heterdaad betrap is toe hulle koperkabels in die omgewing van Virginia in die Vrystaat probeer steel het.

Honderde meter se koperkabels is agterop ’n voertuig op die toneel gevind.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die provinsiale polisie, sê beamptes van Fidelity-veiligheidsdienste het die verdagtes Maandag omstreeks 04:30 betrap waar hulle besig was om koperkabels by die Kalkvlakte-treinstasie te sny en op hul bakkie te laai.

Koperkabels is by verskeie kragpale gesny. (Foto: SAPD)

Die polisie is na die toneel ontbied en die vier verdagtes is in hegtenis geneem.

Makhele sê tydens ’n voorlopige ondersoek is vasgestel dat die koperkabels by verskeie kragpale gesny is en dat die verdagtes groot skade aan die infrastruktuur aangerig het.

Koperkabels met ʼn lengte van 536 meter is agterop ’n blou Ford Ranger op die toneel gevind. Die polisie het op die koperkabels sowel as die voertuig beslag gelê.

Die vier verdagtes, almal tussen 20 en 40 jaar oud, sal binnekort in die landdroshof op Virginia verskyn op aanklagte van skade aan infrastruktuur en koperkabeldiefstal.

Makhele sê die verdagtes se woonadresse en die eienaarskap van die bakkie moet nog vasgestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Stefaan

Nee die aanklag moet sabotasie wees.

JM

Waarom word nooit berig dat die onwettige handelaars wat hierdie koperkabels koop, toegesluit word nie? Die vernietiging van alles in die land het geen einde nie; ken net van afbreek!

Neushoringvoel

Nee die aanklag moet terrorisme wees

Wielspore

Ekonomiese sabotasie verdien die swaarste straf!

Blikkies

Ag Asseblief dat die SAPD net ‘n behoorlike ondersoek doen om ‘n goeie vonnis te verseker.