Kopieë van Grondwet toe nooit gesteel

grondwet-argieffoto-02

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media)

Honderde leergebinde kopieë van die Suid-Afrikaanse Grondwet wat na bewering verdwyn het en vermoedelik gesteel was, was toe eintlik nooit vermis nie, het die parlement Donderdag gesê.

Thandi Modise, speaker van die parlement, het sowat twee weke gelede ’n ondersoek van stapel gestuur nadat daar te min kopieë van die Grondwet tydens ’n induksie-opleiding vir nuwe lede was. Sommige nuwe LP’s het gevolglik nie hul kopie ontvang nie en die vermoede het ontstaan dat ander LP’s moontlik meer as die een kopie waarop elkeen geregtig is, geneem het.

“Die verslag van die ondersoek na die beweerde vermiste kopieë van die Grondwet by die induksie-opleiding vir nuwe lede van die Nasionale Vergadering twee weke gelede, het bevind dat ’n wankommunikasie onder die ondersteuningspersoneel tot foutiewe verslagdoening gelei het,” het die parlement in ’n verklaring gesê.

Luidens die verklaring is ʼn houer vol kopieë wat nie gebruik is gedurende die tweede dag van die weeklange induksie nie, later wel in ʼn veilige plek gekry waar dit gestoor was.

Die span personeel wat die volgende dag die induksie gelei het, is egter nooit oor dié vonds ingelig nie, het die parlement verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Sakkie ·

Daardie grondwet kan hulle opskeur en in die toilet weg spoel want dit beteken absoluut niks.

Marietjie Cilliers ·

Ek wou nog altyd ‘n kopië gehad het in Afrikaans.

SjN ·

Is mos sy wat ook vergeet het om haar diere kos en water te gee, dit raak nou n gewoonte, mag hul ook vergeet om hul reuse salarisse te trek.

Disselboom ·

Nou ja, die boeke is toe weer gevind, maar die grondwet is steeds weg.

CJ ·

Bevoegdheid en verantwoordelike optrede sou die aanstel van nog (weer n keer!) ‘n kommisie van ondersoek uitgeskakel het.

Leonard van der Dussen ·

Mens sou nou dink dat mense wat tot die hoë amp van parlementslid verkies is, juis op die lys gekom het omdat hulle die landsbestuur verstaan en die bekwaamstes is om daaraan deel te neem en te kan wette opstel waarvolgens die land regeer word. Die gedagte dat parlementslede nie elkeen reeds met eie kopie van grondwet daar aankom en dit eintlik reeds ken nie, moet ons laat besef hoe diep die vernedering is om deur sulke mense geregeer te word.

Gert van Wierdapark ·

Die enigste grond-wet waarvan die a en see weet, is die grond-vergrype wat beplan word om hul Groot Droom te help finansier!

Leon ·

Dit moet pragtige deur stoppers wees vir die parlementariërs, want hulle gebruik dit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.