‘Koppe moet rol oor R8,1 miljard by Transnet’

Die United National Transport Union (Untu) het Maandag gesê hy is geskok om te hoor dat daar onreëlmatige uitgawes ter waarde van R8,1 miljard by Transnet plaasgevind het. Die vakbond eis dat die individu of persone wat hul plig versuim het, aanspreeklik gehou moet word.

Die realiteit van die finansiële wanbestuur by Transnet het vanoggend aan die lig gekom toe Siyabonga Gama, uitvoerende hoof van Transnet, die finansiële state by Esselenpark in Tembisa bekend gemaak het.

Transnet het intussen gesê hy het ʼn “omvattende korrektiewe plan” om seker te maak dat dié onreëlmatige uitgawes nie weer sal plaasvind nie.

Die maatskappy het die R8,1 miljard in onreëlmatige uitgawes aangemeld vir die jaar wat op 31 Maart 2018 tot ʼn einde gekom het; teenoor R692 miljoen in die vorige finansiële jaar, as gevolg van kontrakte wat sedert 2009 hersien is en aanstellingskwessies wat geïdentifiseer is.

“Die korrektiewe stappe sal fokus op bykomende maatreëls om onreëlmatige uitgawes te verhoed, terwyl ʼn meganisme ontwikkel en ingestel word om die volledigheid van onreëlmatige uitgawes, wat aangemeld is, te verseker.”

Transnet het ʼn toename van 11.3% in sy inkomste aangemeld, van R72,9 miljard vir die jaar wat op 31 Maart 2018 geëindig het; teenoor R65.5 miljard vir die vorige jaar.

Steve Harris, algemene sekretaris van Untu, het verduidelik Gama het gesê die uitgawes beteken nie noodwendig dat die geld nie behoorlik aangewend is nie, eerder dat die korrekte prosedures nie gevolg is nie. “Untu verwelkom enige stappe wat gedoen word om onreëlmatige uitgawes in die toekoms te voorkom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Petro ·

Hoop hulle word vervolg en dat hulle dit gaan terug gaan want die land bankrot geroof

Irma ·

Ag asseblief. Die geskiedenis van staatsbeheerde entiteite spreek vir hulself. Daar gaan geen verandering plaasvind nie. Net soos by SAL, SABC en SASSA speel hulle net vir nog tyd om geld te kanaliseer. Wie kan nog hierdie tipe stellings glo en vertrou. Sekerlik nie mense met meer as 3 breinselle nie.

Andre ·

Daar sal niks met hulle gebeur nie. Dis hoe hulle hulsef veryk. Voor ons oe……

Margaretha Myburgh ·

Daar word so baie geld mee rond gespeel, wat word van die arme pensioenarisse wat so lank al wagvir die geld wat Transnet hulle skuld en ons hoor niks. Ek dink dit is n skande maar die Liewe Heer slaap nie.

Sieg ·

Enige iets wat die regering bestuur is daar onreëlmatigheid, korrupsie en n gestelery maak nie saak wat die besigheid is nie. ANC is nie betroubaar nie dit is iets wat ons sal moet verstaan , hoe vertrou jy n klom tronk voëls ????

Hanna Hoekom ·

Nou gaan daar seker weer NOG n kommisie aangestel word om die saak te “ondersoek” en dan “aanbevelings” te maak. Op die einde kos die kommisie dubbeld soveel as die bedrag betrokke en niemand word tot verantwoording geroep nie. En so stoom die soustrein voort!

Elsa ·

Feite is op die tafel. Betaal daardie geld terug, direk aan die pensionarisse,. Geen kommissie van ondersoek en sulke snert

Francis van Zyl ·

Ek het geen hoop dat enige van die skuldiges tronkstraf sal kry of die geld moet terugbetaal word nie. Baie mooi woord en beloftes word gemaak maar dit loop op niks uit nie.

Marinda ·

Net nog ñ storie. Soos al die ander, niks sal hiervan kom nie. Die wat aksie moet neem is te lig in die broek daarvoor.

Tanja ·

Maatreëls word ingestel om onreëlmatighede in die toekoms te voorkom? Ek sien niks van Maatreëls wat ingestel word om die diewe en onbevoegdes wat nie volgens voorskrif optree vas te vat nie. Dis absoluut onaanvaarbaar en tyd dat hierdie korrupsie ophou. Belasting betalers gaan nie aanhou betaal nie, wees gewaarsku.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.