Koronavirus: KKNK gaan nie voort nie

In die lig van toenemende kommer oor die nuwe koronavirus (Covid-19) het die bestuur en direksie van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) besluit dat dié fees op Oudtshoorn nie soos beplan van 23 tot 29 Maart 2020 sal voortgaan nie.

“Die besluit is nie ligtelik geneem nie, en is voorafgegaan deur indringende konsultasie met gesondheidsowerhede, die plaaslike regering, die hoofborg, Absa, vennote en ander rolspelers,” het Hugo Theart, artistieke direkteur van die fees, in ʼn verklaring gesê. “Dit is in die openbare belang van almal wat betrokke is by die fees – kunstenaars, sakevennote, besoekers en dorpenaars – dat ons dié moeilike besluit geneem het.”

Crispin Sonn, voorsitter van die direksie, beaam dié standpunt. “Die KKNK is reeds die afgelope 25 jaar ’n belangrike datum op die Suid-Afrikaanse kultuurkalender en het ’n groot finansiële en sosiale impak op die Oudtshoorn-gemeenskap. Die toenemende erns van die Covid-19-pandemie het ons egter genoop om dié besluit te neem.”

Alle rolspelers van die onderskeie bedrywe wat deur dié besluit geraak word – kunstenaars, feesgangers wat reeds kaartjies gekoop het, verskaffers, en ander vennote – sal so spoedig moontlik ingelig word oor die pad vorentoe. Verskeie moontlikhede is op die tafel; die uitkoms sal bepaal word deur riglyne van die nasionale regering, en in hoe ’n mate die COVID-19-pandemie internasionaal ontwikkel, het die organiseerders bygevoeg.

Hou gerus die KKNK se sosiale media en webblad dop vir verdere aankondigings: Facebook, Twitter en Instagram

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johan Venter ·

Die hoender is nou kaal gepluk. Ek het idee daar is daagliks meer mense in winkelsentrums en by waterfronte in die land as by die KKNK. Wat van naweke by ons strande? Een van die dae is dit skoolvakansie, nie lank daarna nie paasnaweek.

Johan Venter ·

Ja, mag die Vader die mensdom genadig wees, daar is geen land waar mens kan sê dat dit daar veilig is nie, geen plek op aarde nie.

Johan Venter ·

Jig, Inniebos is eers 24 Junie, maar so is die realiteit nou met ons. Geen mens kan mos nou onverskillig wees nie.

Hannes ·

Waarom nie liewers maatreels tref soos maskers dra en gereeld handewas fasiliteite gedurende en tussen vertonings nie. Afstel is darem ‘n baie drastiese stap.

Johan Venter ·

Hannes, ons is deel van die wêreld, ons gaan nêrens nie.

Willie ·

Jammer dat dit gebeur. Hoop dit sal later die jaar kan aangaan.

Stof ·

KKNK was al die jare getrou aan hulle roeping om deur ware kwaliteit vermaak, mense wat onder daaglikse stres ly, tot kalmte en rus te bring met hul uitnemende aanbiedings. So is seker al derduisende hartaanvalle voorkom en vele opnames in depressie-klinieke voorkom. Deur hierdie ware terapeutiese uitvlug te vir duisende, te kanseleer, kan veroorsaak dat daar baie meer torso-verwante trauma en depressie manifesteer as wat enige randstandige goggatjie kan veroorsaak.
Deur Dr KKNK uit praktyk te sit, gaan die gevolglike trauma ‘n groter gevaar inhou vir die mensdom.
Die mensdom en die politici besef nie hoe belangrik die heling en genesing is, wat Vader beskik het toe Hy talente toegeken het nie. Kreatiewe talente is nie net iets wat die individu se algemene welstand voed nie. Dit voed elke persoon wat daagliks, daardie musiek hoor, daardie visuele werke sien. En so, breek hierdie mooi goed, stres en depressie.
Ek sien ‘n gevolglike toename in pasiënte vir terapie kom…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.