Pick n Pay het ʼn spesiale inkopie-uur vir pensioenarisse (persone ouer as 65) aangekondig.
Pick n Pay sal vanaf 18 Maart sy supermarkte elke Woensdag ʼn uur vroeër oopmaak. Persone ouer as 65 sal eksklusief tussen 07:00 en 08:00 inkopies kan doen. Klante sal ʼn geldige ID-dokument moet toon om die winkel in dié tyd te betree.
John Bradshaw, uitvoerende hoof vir handeldryf by Pick n Pay, het gesê dié inkopie-uur spruit uit ʼn voorstel deur die aanlyn gemeenskap. “Ons het vinnig met ons takke saamgewerk om dit ʼn realiteit te maak.”
Hy het gesê die maatskappy wil die welstand van sy klante ondersteun. “Ons weet die nuwe koronavirus is ʼn groter bedreiging vir ouer mense. Dit is dus belangrik dat ons ouer klante so ver as moontlik ʼn beperking moet plaas op die getal kere wat hulle in besige ruimtes moet wees. Hierdie toegewyde inkopie-uur vir ons ouer klante bied aan hulle eksklusiewe gebruik van die winkel.”
Smart Shoppers ouer as 60 sal ook dubbelpunte verdien.
Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
18 Kommentare
Wel gedaan Pick & Pay oulike idee en seker die oumensies sal dit waardeer. Hoop net daar is darem iets op die rakke vir hulle om te koop ;-)
Hopenlik wag die skelms nie die arme ou mense wat juis kwesbaar is dan in nie. P&P reel asb ekstra.kar wagte en sekuriteits wagte vir daardie tye op n woensdag
Pick N Pay inkopie-uur, en dit nou van 7 – 8 vm op Woensdae vir pensioenarisse, wat ‘n onsensitiewe besluit vir die oues van dae! Dus moet baie al tussen 5 & 6 uur die oggend opstaan.
Hoe kom hulle by die winkels uit en wie neem hulle terug huis toe, dis nou daardie wat nie eie vervoer het nie?
En wat van daardie oues van dae wat nie in ‘n stedelike woongebied bly nie?
Is Pick N Pay ernstig met die oumensies of gaan dit oor reklame om eerste te wees?
Dankie P & P.
Ek weet nie regtig hoeveel dit gaan beteken as die produkte op die rakke besmet is met die virus nie?