Die vliegtuig is gereël, die bekommerde Suid-Afrikaners in die stad Wuhan staan gereed om gered te word en die hele land is erg beïndruk met die regering se ondernemingsgees, maar nou ontbreek die heldhaftigheid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) skynbaar.
Die regering het intussen teruggekap ná berigte wat daarop dui dat daar nie genoeg SANW-lede is wat bereid is om die vliegtuig na en van Wuhan te beman om tussen 150 en 200 Suid-Afrikaners uit dié Chinese stad te verwyder nie.
Luidens koerantberigte is SANW-aanvoerders ook nie te opgewonde oor die ontruimingsplan nie en wil hulle nie hul soldate verplig om daaraan mee te doen nie, wat die ontruimingsplanne vertraag.
Die regering het woedend gereageer op dié berigte, maar dit nie prontuit weerlê nie. Phumla Williams, kabinetswoordvoerder, het gesê die beriggewing is onverantwoordelik, en benadruk dat ʼn vliegtuig gereed is.
Sy het ook aangevoer die beriggewing oor die weermag is misleidend en dat “alle betrokkenes hand bysit met die ontruiming”.
Williams het egter nie op die besonderhede van die berigte gereageer of ʼn aanduiding gegee waarom die regering so lank neem om die ontruimingsvliegtuig Wuhan toe te laat om te vertrek nie.
Intussen blyk dit boonop die regering het nie ʼn plek gereed om Suid-Afrikaners te huisves terwyl hulle vir twee weke in kwarantyn geplaas word sodra hulle aanland nie. Maroela Media het vroeër berig die regering soek nog naarstigtelik na akkommodasie vir die terugkerende Suid-Afrikaners.
Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
20 Kommentare
Stuur die rooi oorpak brigade.
Haha ha
Die weermag ,hoekom word hulle nog n weermag genoem ,hulle beskerm nie die landsgrense, kan nie die land verdedig teen Lesotho nie sou dit nodig wees ,is n verleentheid vir die anc regime ,kry onafhanklike sekuriteits maatskappy om die mense te gaan haal ,ek persoonlik sou hulle daar gelos het todat hulle gesond is.
Piesang Republiek
Weermag? Eerder weerloos!