Koronavirus: Regering kap terug oor ‘bang SANW-lede’

Foto: (Choi Soo-ho/Yonhap via AP)

Die vliegtuig is gereël, die bekommerde Suid-Afrikaners in die stad Wuhan staan gereed om gered te word en die hele land is erg beïndruk met die regering se ondernemingsgees, maar nou ontbreek die heldhaftigheid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) skynbaar.

Die regering het intussen teruggekap ná berigte wat daarop dui dat daar nie genoeg SANW-lede is wat bereid is om die vliegtuig na en van Wuhan te beman om tussen 150 en 200 Suid-Afrikaners uit dié Chinese stad te verwyder nie.

Luidens koerantberigte is SANW-aanvoerders ook nie te opgewonde oor die ontruimingsplan nie en wil hulle nie hul soldate verplig om daaraan mee te doen nie, wat die ontruimingsplanne vertraag.

Die regering het woedend gereageer op dié berigte, maar dit nie prontuit weerlê nie. Phumla Williams, kabinetswoordvoerder, het gesê die beriggewing is onverantwoordelik, en benadruk dat ʼn vliegtuig gereed is.

Sy het ook aangevoer die beriggewing oor die weermag is misleidend en dat “alle betrokkenes hand bysit met die ontruiming”.

Williams het egter nie op die besonderhede van die berigte gereageer of ʼn aanduiding gegee waarom die regering so lank neem om die ontruimingsvliegtuig Wuhan toe te laat om te vertrek nie.

Intussen blyk dit boonop die regering het nie ʼn plek gereed om Suid-Afrikaners te huisves terwyl hulle vir twee weke in kwarantyn geplaas word sodra hulle aanland nie. Maroela Media het vroeër berig die regering soek nog naarstigtelik na akkommodasie vir die terugkerende Suid-Afrikaners.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Sakkie ·

Ha ha hulle sal ook nie gaan nie te bang en wat neer is daars nie kameras nie hulle is net groot bek met kameras in hulle gesigte

Yvonne ·

Onbevoegtheid spreek boekdele….dit laat my wonder wat sal gebeur as die virus met mening toeslaan…..?

Michael ·

Die weermag ,hoekom word hulle nog n weermag genoem ,hulle beskerm nie die landsgrense, kan nie die land verdedig teen Lesotho nie sou dit nodig wees ,is n verleentheid vir die anc regime ,kry onafhanklike sekuriteits maatskappy om die mense te gaan haal ,ek persoonlik sou hulle daar gelos het todat hulle gesond is.

Zacahara ·

Michael, nie 1 van hulle is tans siek nie. Dis hoekom hulle dan 21 dae in kwaratyn geplaas gaan word: om juis te bepaal dat 1 van hulle nie in daardie tydperk siek word nie. Sou iemand in daardie 21 dae positief toets vir die virus, dan begin die 21 dae weer vir die res.

Ek wonder egter net by my selwers of die klomp SA’ers dalk nie beter af in Sjina is as hier in SA nie….??? ????????????????

Vriendelike Frikkie ·

Die videos van hulle paraatheid wat die laaste paar maande op sosiale media versprei was, bevestig wat jy sê. Ek het my kop in skaamte laat sak. Gelukkig dra hulle nie meer die SAW naam nie.

Sakkie ·

Dit is die rede waaroor ons nie hoef bekommerd tewees omdat sie weermag en sap in die regering se hande is nie ….. Ek het by meer as 1 geleendheid gesien hoe hardloop hulle weg as die eerste skote klap neewat oor hulle hoef ons nie bekommerd te wees nie hulle is usless

Anoniem ·

Stuur daai lamsakkige weermag in om die ou Kemton Park hospitaal skoon te maak en sit weermag beddens in en jy het meer as genoeg plek om daai mense te huisves vir die tydperk.

Werner ·

Hulle is seker n weermag diens soos die polissie help nie die regering kap na iemand nie waarheid is die waarheid as jy sleg is is jy sleg

Stefan ·

As ek hulle was sou ek in elk geval liewer daar gebly het, geen beurtkrag, beter gesondheidsorg, minder misdaad.

Carel Johannes ·

Kry vir julle – hulle is die naam soldaat nie werd nie. Verander na lafaard.

Vrystater ·

Met die ANC wat soveel omgee vir alle landsburgers, is ek seker Ace het al Luthuli-huis gerieflik ingerig vir ons landsburgers wat enige oomblik gaan aankom uit Wuhan of Teheran.
En, wanneer Luthuli-huis vol is, is daar by my geen twyfel nie dat ‘n simpatieke Jacob Zuma alreeds ingewillig het om die res saam met hom Kuba toe te vat nie.

Blue Butterfly ·

Ek is VERSTOM dat hulle nie weet hoe en waar om ongeveer 200 mense in isolasie te plaas nie MAAR die ANC regering probeer ons oortuig hulle is gereed vir die virus. Ek glo dit nie vir een sekonde nie.

Johan Venter ·

Maar ek sien elders word vanmiddag berig dat die SAL gaan nou die mense haal! Het julle dit ook opgetel Maroela?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.