Koronavirus: SA burgers in Wuhan huis toe gebring

‘n Gereguleerde ingangspunt na ‘n residensië area in Wuhan. Foo: (Chinatopix via AP)

Pres. Cyril Ramaphosa het opdrag gegee dat Suid-Afrikaners in Wuhan, China, terug na Suid-Afrika gebring moet word.

Die presidensie het gesê dié besluit is deur die kabinet geneem ná deeglike oorweging van die omstandighede en talle versoeke van die families van Suid-Afrikaners in dié stad.

Die gevreesde koronavirus, oftewel Covid-19, het in Wuhan uitgebreek en inwoners van dié stad se beweeglikheid word beperk weens streng maatreëls deur die owerhede in ʼn poging om die verspreiding van die virus te probeer beperk.

Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, het gesê daar is na raming 199 Suid-Afrikaanse burgers in Wuhan volgens die jongste gekonsolideerde lys van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco).

“In dié stadium het 132 van diegene op die lys versoek om teruggebring te word na Suid-Afrika. Geen geraakte burgers is met die virus gediagnoseer of het enige simptome daarvan getoon nie. Met hul aankoms in Suid-Afrika sal hulle egter vir 21 dae in kwarantyn geplaas word as bykomende voorsorgmaatreël.”

Mense met gesigmaskers loop in die leë strate van Wuhan waar streng noodmaatreëls in plek gestel is. Foto: (Chinatopix via AP)

Volgens Diko is die regering voortdurend in verbinding met die families van dié Suid-Afrikaners en die tersaaklike departement het al die nodige reëlings getref om hulle huis toe te bring.

Die departemente van gesondheid en verdediging sal gesondheidsorg- en ondersteunende personeel ontplooi om hulp te verleen tydens die repatriasie- en kwarantynprosesse. Dirco sal konsulêre personeel ontplooi om hulp te verleen terwyl die departement van binnelandse sake immigrasiedienste sal lewer. Die departement van maatskaplike ontwikkeling bied traumaberading en ondersteuning aan.

‘n Sportsentrum in Wuhan is in ‘n tydelike hospitaal omskep. Foto: (Cheng Min/Xinhua via AP, File)

“Pres. Ramaphosa het namens die regering en die mense van Suid-Afrika solidariteit met die mense en regering van China uitgespreek. Die president het ook sy dankbaarheid teenoor die Chinese regering uitgespreek vir hul bystand en ondersteuning in dié tydperk, asook benadruk dat Suid-Afrika volle vertroue in China se vermoë het om die uitbreking van die virus te beheer.”

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Brasilië, Denemarke, Estland, Georgië, Griekeland, Noorweë, Pakistan, Roemenië en die voormalige Joego-Slawiese Republiek van Macedonië ook intussen gevalle van die virus aangemeld. Wêreldwyd is meer as 82 000 gevalle en 2 800 sterftes reeds aangemeld.

Die virus het vermoedelik sy oorsprong gehad by die vleis van wilde diere wat by ʼn kosmark in Wuhan verkoop is. Die Chinese regering het vroeër die week ʼn algehele verbod geplaas op die onwettige handel in wild en die eet van wilde diere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Anke ·

My dogter studeer medies aan n mediese universiteit in Wenzhou. Ek het nog nooit so skaam gekry vir my mede Suid Afrikaners vir al die onsensitiewe opmerkings nie. Daar kon nog steeds nie 100% bepaal word waar die virus vandaan kom nie. China is die skoonste plek wat ek nog gesien het, en ek was aln paar plekke. As jy kos bestel by enige plek kry jy dit saam met handskoene, mense het maskers aan wat jou bedien. Ja daar is arm plekke wat ek glo snaaks eet, maar is daar al gedink wat ons mense net nie alles eet nie, veral op plase. My dogter is tans hier en kan nie wag om terug te gaan, hier voel sy onveilig en is heeltyd op haar hoede. Plaas almal saamstaan, wys ons klomp vingers dit is baie lelik.

Annika ·

@Denise, as ander n nuwe lewe in n ander land wil maak is hulle meer as welkom, maar hoekom dan terug hardloop SA toe as daar dan probleme in die land is waarheen hulle gevlug het in die eerste plek? SA is nie reg vir so n pandemie nie. As mense die risiko wil vat en na westerse lande gaan waar baie siektes uitbreek (kyk na al die SARS virusse kom van china af) moet hulle nie kom huil hulle wil terug kom ‘huistoe’ en die kieme en siektes saam bring nie. As Suid Afrika so sleg is wat soek jy nog hier? Ek het op n plaas groot geword, beeste, skape, hoenders is nie onrein diere nie.

Anke ·

Ek en jy altwee weet ons praat nie net hier van beeste, skape en hoenders nie, ek is ook op n plaas. Ons hardloop nie weg, ons kinders kry nie plek in universiteite al is dit met die beste punte, so ons doen die volgende opsie, gaan nan plek toe wat jou wil hê en veilig laat voel. Niemand huil en wil “huistoe”, al studeer jy oorsee bly SA nog steeds jou land, al maak jou mede Suid Afrikaners jou sleg en sê jy hardloop weg.

Belinda ·

Dit is uitstekende nuus, ek is bly vir die jong mense wat teruggebring word. Ons bid dat hul nie aangesteek het nie en weer by hul families verenig word.

Chris ·

Kan iemand dalk die volgende aan my verduidelik?
1. As jy oorsee vlieg (ongeag vir watter rede) moet jy tog ‘n retoerkaartjie he.
2. Hoekom gebruik daardie mense nie daardie retoerkaatjie om terug huis toe te kom?
3. Hoekom moet my belastingeld vir hulle vervoer vanaf China na Suid-Afrika betaal? Hul het mos uit eie vrye wil daarheen gegaan. Niemand het hul mos gedwing nie.

Lindi ·

Ek vra al lankal daai vrae. Die mense het vir hulle self ‘n “beter lewe”en meer geld gaan soek daar, nou is hulle kwaad omdat die SA regering hulle nie wou terugbring nie. Hulle het dit as ‘ “grootmens” besluit geneem, nou moet hulle “grootmens”nagevolge dra. Ek wonder nou net – as een van daai ouens wat terugkom die virus saam bring en dit op een of ander manier vir my oordra – kan ek dan die SA regering, die President of daai persoon dagvaar vir mediese onkoste?

HBK ·

@Chris. Nee, jy is nie verplig om ‘n retoer kaartjie te hê nie.

bernelle ·

Al werk hulle vir ‘n beter lewe in ‘n ander land, dis nie te se hulle het al burgerskap ontvang nie – hulle is steeds Suid-Afrikaners en het verbindinge hier – inteendeel ek is seker daarvan hulle het reeds OORGENOEG tax geld al in hul lewe hier betaal om iets vir ‘n slag daarvoor terug te kry. Ek betaal met liefde my tax geld vir iets wat gaan vir iets GOED ipv die miljarde wat gemors word op sassa geld vir iemand wat se toon pyn of die dronk bergie wat nog kinders wil baar vir onderhoud geld wat ek en jy moet betaal, of die tronke wat ons op ‘n daaglikse basis onderhou om moordernaars en verkragters kos te gee. Terwyl onskuldige hardwerkende suid afrikaners oorsee sit in gevaar. Baie mense trek net naat omdat hulle jaloers is dat hulle nog hier vas sit en nie ook so goue geleentheid gekry het om te waai nie. SO JA –
asb gebruik my taxgeld om hulle terug te kry!!

Annika ·

@bernelle so as een van hulle die virus het en 100+ mense se dood veroorsaak gaan jy nogsteeds so trots wees om jou belangsting geld te gebruik op mense wat n dodelike siekte in n 3de wêreld land te versprei waar mense glo in sangomas en tradisionele geneersers? en as dit so wonderlik is oorsee hoekom het jy nog nie jou goue geleentheid geneem om daar te gaan werk en woon nie? Daar is baie van ons wat baie lief is vir die land en nie wil gaan nie. – ons vat nie die golden ticket nie want ons wil hier wees.

Cherokee ·

Chris, jou no 1 het jou ‘n duim-af gekos. Jy behoort van beter te weet.

Chantz ·

Dis nou n slim plan….wet julle oor n paar weke is die virus in ons land. Dis n belaglike besluit van ons simpel president. Die ou weet niks van besighede of enige goeters af nie. Hy moes gebly het waar hy was. Wonder wie gaan die nuwe kanidaat wees vir president….seker malema

Genis ·

Ek is bevrees, ons is nie opgewasse vir dit nie.. Ek weet nie of dit so n wyse besluit is nie…

Stefan ·

Hoekom my belasting geld gebruik vir mense wat in China wou wees?

bernelle ·

Al werk hulle vir ‘n beter lewe in ‘n ander land, dis nie te se hulle het al burgerskap ontvang nie – hulle is steeds Suid-Afrikaners en het verbindinge hier – inteendeel ek is seker daarvan hulle het reeds OORGENOEG tax geld al in hul lewe hier betaal om iets vir ‘n slag daarvoor terug te kry. Ek betaal met liefde my tax geld vir iets wat gaan vir iets GOED ipv die miljarde wat gemors word op sassa geld vir iemand wat se toon pyn of die dronk bergie wat nog kinders wil baar vir onderhoud geld wat ek en jy moet betaal, of die tronke wat ons op ‘n daaglikse basis onderhou om moordernaars en verkragters kos te gee. Terwyl onskuldige hardwerkende suid afrikaners oorsee sit in gevaar. Baie mense trek net naat omdat hulle jaloers is dat hulle nog hier vas sit en nie ook so goue geleentheid gekry het om te waai nie. SO JA – asb gebruik my taxgeld om hulle terug te kry!!

isabelle ·

Nee Karen ons moet di nie uitspreek nie Ons hoop bid en vertrou dis nog nie hier nie…..bekommerd

Cherokee ·

Skuus Karen, ek het probeer, maar dis sisteem laat nie ‘n tweede af-duim toe nie.

isabelle ·

JONG ek wil nie snaaks wees nie EN VOEL BAIE JAMMER vir almal in China….maar tog was dit hulle keuse Natuurlik het hul nie geweet van die siekte nie maar ek persoonlik dink nie hul moet trug keer na SA nie as daai virus hier uitbreek is dit net nog meer probleme

Mikki ·

Die SA Burgers in Wuhan gaan die virus saam met hul huis toe bring……Ondeurdagte besluit van Ramaphosa……hul het mos self besluit om in Wuhan te gaan werk en woon….hoekom hul onskuldige landgenote in gevaar kom stel?!

HOOP ·

Dit moes n “helse” besluit gewees het ne , met enorme voorleggings en raadplegings en advies.

Corne123 ·

Dit is die domate plan ooit maar ja kom ek raai ons as belaating betaalers moet betaal vir die wat landuit ia en nie meer van die land hou nie maar nou moet ons hulle op ons kostes terugbring.Nog geld wat gemors word en PS SAL het nie geld nie so hoe gaan ons dit doen meskien die ene huur teen n belagtilke hoe koers

Cherokee ·

Mense wat oorsee werk, betaal nie lokale belasting. So waarom moet hùlle met ons belastinggeld vervoer word? Ek het ‘n persoonlike vriend wat in die Ooste werk en R80 000 per maand belastingvry verdien. Op sy SARS-aanslag voeg hy net sy visa-stempels in as bewys dat dit in die buiteland verdien is. Lees weer my kommentaar (indien jy beoog om te reageer na aanleiding daarvan).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.