Koronavirus: SA het maatreëls gereed

Wuhan het alle openbare vervoer opgeskort (Foto: Mark Schiefelbein, AP)

Beweging na en van ʼn tweede stad in China is ná die uitbreking van die koronavirus beperk. Huanggang, sowat 72 km van Wuhan, het Donderdag alle openbare vervoer opgeskort om te verhoed dat die nuwe tipe koronavirus versprei. Reise na en van Wuhan is reeds Woensdag opgeskort.

Die Chinese regering het teen Donderdag reeds 571 gevalle van dié virus aangemeld.

Die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid het Suid-Afrikaners Donderdag gerus gestel dat voorsorgmaatreëls getref is om te voorkom dat dié virus oor die grense van die land sal versprei. Inkomende lugvaartpassasiers word getoets voordat hulle die land binnekom.

Nog geen gevalle van dié virus is in Suid-Afrika aangemeld nie.

Die departement het kliniese riglyne en inligting ontwikkel wat aan dokters en verpleegsters in die openbare en private sektor versprei sal word om moontlike gevalle van dié virus te diagnoseer en te behandel.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het gesê reis na of handeldryf met China hoef nie beperk te word nie. Die departement raai reisigers wat na Wuhan en Huanggang reis aan om kontak met diere en markte wat lewende diere verkoop, te vermy.  Hulle moedig reisigers ook aan om goeie handhigiëne en hoesetiket te handhaaf. Die WGO raai ook mense aan om kontak te beperk met mense wat siek is of simptome het soos hoes of nies.

Dr. Marcelle Myburgh, ʼn viroloog, het aan Jacaranda FM gesê die virus se simptome is soortgelyk aan dié van ’n verkoue – loopneus, seerkeel, hoes, sukkel om asem te haal, hoofpyn en koors.

“Die virus versprei deur menslike kontak met diere. Die virus kan ook van mens tot mens oorgedra word deurdat iemand met die afskeidings van ’n besmette persoon in aanraking kom, soos ’n speekseldruppel,” sê Myburgh.

Myburgh sê indien mense enigsins siek begin voel, moet hulle onmiddellik ’n dokter of enige ander mediese praktisyn besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

humor ·

Ag nouja wat dit beteken sal ons maar moet sien. Daar is nie veel vertroue in enige staatsdienste nie.

Spikkels ·

Nes jy daar sê. Bill Gates het voorspel daar gaan nuwe virus uitbreek en miljoene oor die wêreld gaan sterf. Lyk my hy was reg net dit is nie nuwe virus. Hy gese binne 6 maande van 2020 en die virus het sommer al vroeg in die jaar uitgebreek.

Snowflake ·

Verseker baie kommerwekkend…. geen staatshospitale is bevoeg om so n epidemie te hanteer nie….

Belinda ·

My kommer is hoe lank is die maatreel in plek. Is dit nou want die virus het 3.wekek terug al begin…uitbreek… so …nou wat nou…

Christa ·

Hulle is altyd gereed Vir alles maar Kom dit sit hulle met hande in hare. Kan nie insien dat die ANC so dig is dat hulle nie Kan insien hulle is onbevoeg on the regeer nie, wat nog te sê n land regeer.

Spikkels ·

Regstelling nie 6 maande vir nuwe virus X nie volgende dekade

Bert ·

Hoe rustig slaap ek nou, alles is onder beheer, net soos eskom, saa, stadrade, skole, gesondheid, paaie, misdaad, corrupsie.
Hulle sal mos nie vir ons lieg nie?

Sonja Schwartz ·

Hulle het maatreëls in plek sodat die virus nie ons grense oorsteek nie. ????. Soos die miljoene immigrante ons grense oorsteek? Dan moet ons eers bekommerd wees. As dit is hoe voorsorgmaatreëls in plek is.

johan ·

hahahah en hahah en hahah …nooit ooit sal julle gereed wees nie

Johanna Botha ·

Ek glo dit nie na vanoggend se gesprek op RSG van hoe dit gaan in die polisie …..dit is fopnuus dat hulle reg is ….dis alles net n groot party en n sirkus waar die staat betrokke is ….daar is geen bevel …en die video waar almal tydens n begrafnis na alle kantoe toe draai apeek boekdele van die totale wanorde en sirkus !

Emma ·

Dis omdat hulle enige lewendige dier ontvel en verkoop vir hulle eie siek redes

Luka ·

Die virusse breek uit by china se wet meat markets. Honde katte enige lewende diertjie word in klein hokkies gehou en wag hul beurt af om op gekap te word en verkoop word. Dit is so siek. Baie stresvol vir die diere. Chinese is onsettend wreed

Julie Jansen van Rensburg ·

Koronavirus – S.A. het maatreëls gereed? Jammer, maar in my boek is dit definitief die grap van die jaar – 25 jaar gelede sou S.A. vir enigiets gereed wees. maar tans….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.