Koronavirus: Talle nuwe gevalle in SA aangemeld

OR Tambo-lughawe (Foto verskaf aan Maroela Media)

Die departement van gesondheid het Saterdag bevestig die aantal gevalle van die nuwe koronavirus (Covid-19) staan op 38. Dit is ʼn toename van 14 getalle sedert Vrydag.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het gesê al die pasiënte is in kennis gestel, alle inligting is nagegaan en persone word opgespoor met wie die betrokke pasiënte in kontak was.

In die lig van die toename in die gevalle het pres. Cyril Ramaphosa ʼn dringende kabinetsvergadering vir Sondag belê. Dié vergadering sal maniere ondersoek hoe om die land se reaksie op die uitbreking te verbeter.

“Ons is opgewonde dat die vliegtuig van Wuhan vandag in Polokwane (Pietersburg) aangekom het,” het Mkhize bygevoeg. “Al die burgers is nou by die Ranch-hotel. Ons sal Sondag nuwe inligting verskaf wat betref hul aankoms. Protokol soos bepaal deur die SANW en die departement van gesondheid sal streng gevolg word.”

Die verspreiding van die virus is soos volg:

Gauteng (7 gevalle):
– ʼn 76-jarige man wat na die Verenigde Koninkryk en die VSA gereis het
– ʼn 72-jarige vrou wat na die Verenigde Koninkryk en die VSA gereis het
– ʼn 47-jarige man wat na die Verenigde Koninkryk en die VSA gereis het
– ʼn 52-jarige man wat na Duitsland gereis het
– ʼn 38-jarige man wat na Nederland en Duitsland gereis het
– ʼn 62-jarige man wat na Nederland gereis het
– ʼn 19-jarige vrou wat na Frankryk en Italië gereis het

Wes-Kaap (6 gevalle):
– ʼn 27-jarige man wat na Brasilië gereis het
– ʼn 33-jarige vrou wat na Frankryk gereis het
– ʼn 49-jarige man wat na Frankryk en Italië gereis het
– ʼn 14-jarige meisie wat na die VSA en Doebai gereis het
– ʼn 73-jarige man wat na die Verenigde Koninkryk gereis het
– ʼn 32-jarige man wat na die Verenigde Koninkryk gereis het

KwaZulu-Natal (1 geval):
– ʼn 47-jarige man wat na Switserland gereis het

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Susan

Dit lyk glad ni goed vir ons in SA ni. Sover is dit net di mense wat gereis het oorsee wat dit op gedoen het maar wanneer gaan dit na ander mense versprei. Dis baie scary ek werk ook met di publiek ontsmet hande gereeld en ontsmet di werksoppervlakke waar ons werk. Maar is dit genoeg. Mag ons Vader ons genadig wees en dat di virus sal ophou versprei. Ons kan almal net bid vir beskerming

4ntj13

Kommerwekkend is dat dit blykbaar steeds ʼn voorvereiste is dat mense oorsee moes gereis het om gediagnoseer te kan word. Verskeie ontwikkelende lande het reeds erken dis een van die grootste faktore wat verspreidibg buite beheer laat raak het. Boonop moet siek mense ook vrywillig na vore kom, wat geen immigrant of toeris hier sal wil erken tensy hy besig is om te sterf nie. Ek voel dus nie juis in voeling met Covid-19 in SA nie!

MakersMark

Gaan mens se verstand te bowe dat die grense oopgehou word vir alles en almal wat van duidelik bessette gebiede SA binnekom. Maak grense toe vir ‘n maand, simpel soos dit.

Oros Soros

Natuurlik. Dit begin in ene, dan tiene, dan honderde dan duisende. Verwag dat die land binne die volgence 2 weke gesluit gaan word vanwee in navolging van wes Europa. Net jammer dat dieselfde nie gedoen word vir griep wat ernstiger en meer oordraagbaar is.

Johan Venter

Ons kan net dankbaar wees en op die knieë gaan dat hier betreffende die virus nog nie ‘n sterfte berig is nie, maar dan moet ons ook op die knieë gaan vir die 60 moorde wat daagliks in die land aangemeld word. Mag die Here hierin vir ons krag gee om oplossing te vind.