Koronavirus: WGO plaas 13 Afrikalande op hoë gereedheidsgrondslag

‘n Vrou met koronavirus word Woensdag uit ‘n ambulans gehelp in Wuhan, China. (Foto: AP)

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het vandeesweek 13 Afrika-lande geïdentifiseer wat bedag moet wees op die gevreesde koronavirus weens hulle direkte bande met China of die groot aantal reisigers wat vanaf dié land hul lande binnekom.

Suid-Afrika is een van dié lande.

Ander lande sluit in Algerië, Angola, die Ivoorkus, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Ethiopië, Ghana, Kenia, Mauritius, Nigerië, Tanzanië, Uganda en Zambië.

Die WGO het gesê hoewel daar tot op hede geen bevestigde gevalle van die koronavirus in die Afrika-streek aangemeld is nie, hy die lande wil bystaan sodat hul ’n geval vinnig kan diagnoseer en behandel sou die virus kop uitsteek.

“’n Nuwe virus is altyd ’n uitdaging en die meeste laboratoriums in Afrika het nie die belangrikste toerusting om toetse op ’n nuwe patogeen uit te voer nie,” sê dr. Matshidiso Moeti, streeksdirekteur van die WGO, in ’n verklaring.

Lande is gemaan om nié onkant betrap te word deur die koronavirus nie. (Grafiek: ANA)

Luidens die verklaring werk die WGO nou saam met dié lande om hul kapasiteit vir die hantering van die virus vinnig op te gradeer. “Dit is van kritieke belang dat lande in die streek ernstige gevalle vroeg kan opspoor en behandel en só ’n wydverspreide uitbreking kan voorkom,” sê Moeti.

Die WGO het vandeesweek die siekte wat deur die nuwe koronavirus veroorsaak word, COVID-19 gedoop.

Woensdag word beskou as die dodelikste dag nóg wat COVID-19 betref, met 242 mense wat in een enkele dag weens die virus omgekom het. Sowat 14 840 is ook intussen met die virus gediagnoseer.

Die dodetal staan nou op meer as 1 350, met byna 60 000 bevestigde gevalle.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Michael ·

Ek dink sa is soos gewoonlik nie toegerus en bevoeg om die uitbreek van corona virus te keer of te voorkom sou dit in suid afrika uitbreek nie,maar dit is maar die natuur se manier om die balans en ewewig te herstel

Vincent ·

Defnitief nie die keer die natuur nie
Dis opsetlik ‘los gelaat’, deur die mens

HOOP ·

As hy Afrika vat is daar nie brieke nie , Afrika lyk my dink dat die virus ons nie gaan raak nie “dit is n Europese ding” dit verstom my nog dat daar nie een enkele geval in ons land is nie , die WGO raak lyk my ook bekommerd , soos die ander artikel kommentaar dalk weet ons mense nie hoe om te toes nie kwarentein bestaan ook nie in SA nie van almal wat instroom in die land in is net virus vry mense. :)

Vincent ·

Ek weet van suid afrikaners wat in China woon, wat geblok was om te kom, laas week.
Hul is baie streng met die kwarentein daar
Hul is ook bang die waarheid kom uit

Anel ·

Dat die virus hier gaan land, is net kwessie van tyd. Nie”as” nie maar wanneer. Daar is dan nie verbod geplaas tov sjinees om die land binne te kom. Hoeveel wat onwettig die land binne kom is nie besmet nie. Teen die tyd dat dit op getel word, is die virus so versprei dat dit nie gekeer kan word nie. Om hulp by die voorvadergees te vra gaan defnitief nie help nie.

Chantel ·

Ek weet die Privaat hospitale is almal op gereedheid en het risikobestuur reeds in plek.

Annatjie ·

Het Zimbabwe nie ook baie Chinese besoekers nie? Is hulle gereed? Indien dit in Zimbabwe is dan het Suid Afrika groot probleme

Sarah ·

Ek kan ook nie verstaan hoe die virus dit nog nie tot in SA gemaak het nie. Veral juis soos hierbo genoem dat ons groot handel dryf met China. So of die regering steek enige gevalle weg, of dis net n kwessie van tyd voor ons hoor ons moet maskers kry. Maak nie saak wat die geval is nie, die virus klink verskriklik veral omdat so baie mense reeds gesterf het agv dit.

Sterkte aan die families wat geraak hierdeur in China. Hopelik kry hulle baie vinnig n teenmiddel.

VanAfrika ·

En het onse president nie klaar hand geskud net die anderdag toe hulle SA besoek het nie.

koos10 ·

In China bou hulle ‘n 1000 bed hospitaal in 8 dae, I Afrika vat dit 80 dae net om te besef wat gebeur en dan staan Afrika bakhand en wag vir die wêreld om te kom help.

Annelize ·

Jy slaan daai spyker OP sy kop. As Korona hier moet invaar, gaan hy versprei en maai soos ‘n Australiese veldbrand nie kan nie.

Annelize ·

Ja, en dis nou in dieselfde Suid Afrika wat ‘n laboratorium Saterdag volstrek geweier het om my kind vir Korona te toets, en glo vir my, hy was lelik siek gewees. Die rede? Geen aangetekende gevalle tot dusver, en hulle is nie toegerus nie, en dit, laat ek net dit uitlig, ‘n PRIVAAT laboratorium.

Nou hoe wil jy gevalle aanteken as jy nie daarvoor toets nie?!?!

Ek sien ‘n pandemie op ‘n myl ver aankom as Korona hier moet posvat.

koos10 ·

Skuus? Nou hoe word die eerste geval dan aangeteken? Kom die virus hier aan in ‘n botteljie met gebruikinstruksies vir hulle gerief.

Pampoen ·

In China is daar baie goeie dissipline. Kyk maar hoe dit lyk as hulle militêre kolonne marsjeer. As jy daar vir iemand sê hy moet sy hande was, dan maak hy so. In Suid Afrika kan jy bv sien hoe die taxis reëls verontagsaam. Dis net ‘n simptoom van die swak dissipline by die breë bevolking. Ek hoop nie die ding kom hier uit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.