Koronavrye Orania dring aan op vlak-1-afsondering

orania-betonletters

Orania in die Noord-Kaap. (Foto: verskaf)

Die Groter-Orania Inwonersforum (GOIF) sê hy gaan volgende week ʼn dringende skrywe aan pres. Cyril Ramaphosa rig om te versoek dat die afsonderingsregulasies in die Noord-Kaap drasties verslap word en dat dié provinsie dadelik na vlak 1 van die koronavirus-afsonderingstydperk oorgaan.

Altesaam 31 bevestigde gevalle Covid-19 is tot op hede in die Noord-Kaap aangemeld, van wie 19 pasiënte reeds herstel het. Orania het tot dus ver geen gevalle aangemeld nie.

“Orania het reeds vroeg in die pandemie al die nodige noodmaatreëls getref om sy inwoners teen Covid-19 te beskerm. Die nodige mediese en ander verwante geriewe is opgerig, maskers en reinigingsmiddels word plaaslik vervaardig en mediese personeel is op ʼn gereedheidsgrondslag geplaas,” sê die GOIF in ʼn verklaring.

“Dit maak geen sin om die ekonomie verder te strem terwyl die risiko met betrekking tot Covid-19 op ander wyses meer verantwoordelik bestuur kan word nie.”

Luidens die verklaring is die GOIF reeds in gesprek met sy regsverteenwoordigers, sou Ramaphosa nie bevredigend op sy skrywe reageer nie.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Rodger17 ·

Wat beteken dit?Dit beteken witmense is baie verantwoordelik om na hul eie welsyn en gesondheid om te sien.Daar is die bewys nou duidelik!

Piet ·

Sal nooit gebeur nie. Die President sal te eenvoudig wees om te erken dat ń groep Afrikaners die virus doeltreffend kon bekamp. Dit sal vir hom ń pyn wees om te sien dat blankes suksesvol kan voortgaan ten spyte van sy onbehoplte regering se aksies.

Anoniem ·

Die mense van Orania was nog altyd op hoogte van sake. Al woon hulle eenkant weet hulle presies wat aangaan. Daardie mense is tops. ‘n Goeie voorbeeld vir die res van ons.

Kanjynoumeer ·

Waar ons, ons ookal sal vestig in Suid Afrika of dit nou Orania, Weskus of Noord Kaap is om ons self te bestuur, sal ons nog steeds moet inval by wat ookal die regering besluit. Dit bly n gesukkel
Sterkte Orania. Julle verdien dit om te beweeg na Vlak 1.

Raadslid ·

Met volle selfbeskikking regeer ons oor onsself.
Onafhanklik ons eie grondgebied.

Erik ·

Ag asseblief, hoeveel ander klein dorpies (selfs die met ‘n swart bevolking) het geen gevalle van Corona nie? Baie! Die hele Lesotho het onlangs eers hul eerste geval aangemeld. Belaglik om Orania se beuel te blaas met sulke propaganda.

Erik ·

Glad nie! Wat van wat ek sê is nie waar nie? Dat vele dorpies van Orania se grote nog Corona vry is? Dat baie van hulle uit ‘n meerderheid swart mense bestaan? Dat Lesotho eers onlangs hul eerste geval aangemeld het? Dis alles feite. En dan word dit gebruik om Orania te bemark? Dis eintlik lagwekkend en om van skaam te kry. Dis soos om ‘n skool met 10 matrieks te bemark met ‘n 100% slaagsyfer. En ja, ek weet, Orania het meer as 10 mense. Ek was al paar keer daar aangesien ek familie in die omgewing het. Ek kan nie die dorp sleg praat nie, maar hierdie ‘bemarking’ is belaglik.

Cherokee ·

Die mense wat selfstandigheid predik en Orania as voorbeeld gebruik, moet nou weer let op hoe gebonde hulle is aan die landswette. Ek is nie jaloers soos Erik nie, maar bloot realisties.

Pieter J ·

Mense wat so krities teenoor Orania se mense is, is maar net afgunstig omdat hulle nie daar kan woon nie. Gewoonlik het die wat so kritiek lewer nie ń idee wat op Orania aangaan nie en dink ek hulle weet nie eers presies waar dit is nie. Ek dink net Orania se mense moet versigtig wees dat mense nie probeer om Covid-19 met opset daar te versprei om hulle in ń swak lig te stel. Van hierdie andersdenkendes kan ń mens enigiets verwag.

Erik ·

Weet nie of jy na my verwys nie, maar ek bly in Bloemfontein en het familie naby Orania en was al verskeie kere noodgedwonge daar. Dis juis omdat ek daar was wat ek eerder nie daar wil bly nie. Die mense is vriendelik, die dorp skoon en agtermekaar, maar om so ‘n klein dorpie (baie kleiner as my woonbuurt) skoon te hou is geen uitdaging nie. Ek sou verbaas wees as daar wel Corona was. Wil graag weet wat is nie waar wat ek vroeër hierbo genoem het nie?

twaalfboor ·

Maar julle leef dan laaaankal reeds in isolasie. Mos self beskikkend en nie afhanklik van SA nie. Nou waaroor kla julle dan? Nee….. eks nie jaloers nie, verruil my huis en woonbuurt vir niks.

Yvonne ·

Dit klink mos soos dit moet wees….orde soos die Here dit van ons vra…dankbaar

Jr ·

Hoekom wil julle Syrypy Cyril vra. Hy is mos nie julle president. Neem julle eie besluite. Dit is net hoe wittes is – gemanierd en doen wat reg is. Wil soos 90% van ons aan die regte kant van die wet wees. 90% wetgehoorsame burgers ( wit ) waar die ander 90% is ” a law unto themselves

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.