Korporaal wat vrou skiet bots weer met gereg

Foto: SAPD

Die weermagkorporaal wat Carine van Staden (28) verlede jaar ten aanskoue van haar verloofde in spitsverkeer geskiet het, is in hegtenis geneem in verband met ʼn ander voorval.

Jacob Marakalla (35) van die weermag se BBP-eenheid in Pretoria is Maandag saam met nog twee verdagtes in hegtenis geneem op aanklag van roof. Marakalla, Lucas Mudau (42) en Rendani Edzani (42) is in hegtenis geneem kort nadat ʼn hardewarewinkel in Dzanani buite Louis Trichardt in Limpopo beroof is.

Volgens lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die drie ook werkers by die hardewarewinkel van hul selfone beroof voor hulle in ʼn Volkswagen Jetta van die toneel gevlug het. Die polisie is in kennis gestel en het die wegkommotor op die R523 gewaar en agternagesit. Die motor is voorgekeer en die drie verdagtes in hegtenis geneem.

Marakalla (voor in die pak) buite die hof. Foto: Phillip Bruwer

Ngoepe het gesê daar is op die dag van die inhegtenisneming beslag gelê op vier motors, waaronder ʼn BMW 540i wat aan die weermag se BBP-eenheid behoort, balaklawas, twee 9 mm-pistole, kontant en twee blou ligte. Daar is intussen ook vasgestel die Jetta is vroeër in Johannesburg gekaap.

Die drie verdagtes het intussen in die Dzanani-landdroshof verskyn en die saak is tot 17 Mei uitgestel. Die verdagtes bly in aanhouding tot dan terwyl die polisie se ondersoek voortgaan.

Volgens Ngoepe het die polisie intussen Donderdagoggend bykomende inligting opgevolg wat hulle na Nzhelele gelei het waar daar op nog drie motors beslag gelê is, waaronder ʼn Audi wat in KwaZulu-Natal gekaap is.

Van die voertuie waarop beslag gelê is, is glo deur Edzani aan gemeenskapslede verkoop. “Daar word vermoed dat Edzani al meer as 40 gesteelde motors in die Nzhelele- en Musina-gebiede verkoop het.”

Marakalla, die BBP-motorbestuurder vir die weermag se hoof vir gesamentlike operasies, genl. Barney Hlatshwayo, staan reeds tereg op aanklagte van poging tot moord, roekelose of nalatige bestuur, die versuim om op ʼn ongelukstoneel stil te hou en die rig van ʼn vuurwapen.

Carine van Staden en Johan Harmse. Foto: Via Facebook

Dié aanklagte hou verband met ʼn voorval op 10 Augustus toe Van Staden en haar verloofde, Johan Harmse (29), van Daspoort op Harmse se motorfiets op pad na vriende in Montana was, toe ʼn amptelike weermagvoertuig Harmse se motorfiets skrams getref en weggery het.

Die paartjie het die voertuig agternagesit en by ʼn verkeerslig voorgekeer, waarna ʼn insittende in die voertuig Carine glo op ʼn kort afstand in haar linkerbors geskiet het. Die man het daarna glo ook sy vuurwapen op Harmse, wat nog op sy motorfiets was, gerig voordat die verkeerslig groen geword en hy weggery het.

Die weermaglid voer aan hy het gedink hy word gekaap. Hy is nooit amptelik in hegtenis geneem nie en is op waarskuwing vrygelaat nadat hy in die hof verskyn het. Van Staden moes intussen talle operasies ondergaan.

Marakalla moet weer in Mei in die hof verskyn in verband met dié saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Skande ·

JANEE Maar die kriminele loop mos op straat rond. HIERDIE MAN het nie sy straf gekry vir POGING TOT MOORD NIE< want die slagoffer was WIT .. Terwyl die doodskismanne in die tronk sit sowel as die boere wat hulle plase defend het het hierdie man wat 'n jong wit meisie koelbloedig geskiet het het absoluut NIKS oorgekom nie . GELUKKIG draai die wiel . eenmaal 'n krimineel altyd een . volgende keer as hy 'n SWARTMAN skiet sit hy in die tronk, ek neem aan hy het steeds sy vuurwapen/s. Nous jy nog 'n 'dief' ook . lekker man .. wys jou maar net julle kwaliteit WEERMAGMANNE!

Pos hom ·

Jip poging tot moord op ‘n WIT VROU Is niks, maar gelukkig het hy hom met ROOF nou vasgeloop .. as ‘n swart ou ‘n wit vrou skiet gebeur daar niks met hom nie, hy was nie eers in aanhouding soos die doodskis manne of die boere wat net VERMOED word moontlik iemand dalk raakgery of raakgeskiet het nie .. MAAR GELUKKKIG het hy lang vingers ook gehad . POS HOM! Laat my aan OJ SIMPSON saak dink .. ook met moord weggekom en toe vir roof tronktoe gestuur . DIE WIEL DRAAI ALTYD !

Joshua ·

Watter tipe landdros gee net n waarskuwinkie vir poging tot moord? Kan net n ANC landdros wees. Arresteer dai landdros en dai korporaal.

Hennie ·

Ja nee kyk hoe gaan dit in die NUWE suid afrika!! Weermag lede roof en gaan mal. Niks word gedoen nie. Die CIT rowe word ook deur lede van die weermag gedoen want meeste van hulle het al die kennis en vooraad van plof stof. So kom ons kyk of hy uit die een gaan kom.

Reguit ·

Die liberales se wonderlike reënboog-droomland wat hulle geskep het.

Le Roux Strydom ·

Gee hom weer ‘n waarskuwing , hy is mos baie verantwoordelik!!

JdV ·

Siestog! 35 en maar net ‘n korporaal … En is seker boonop tot rang bevorder net om die getalle reg te kry …

Theresa B ·

Hulle kom met alles weg – so om betrokke by kriminele misdrywe te wees is niks want hulle weet hul sal tog weer vrygespreek word. Maar as daardie bordjies nou verhang was- genade betogings, plakate en ‘n geskreeu orals.

Roy ·

Sal graag wil weet hoe weermag BBP VOERTUIG nie as vermis aangegee is nie en waarmee het genl Barney gery intussen en nie sy drywer gemis nie

Phillie ·

Die genl het oudergewoonte net na tee tyd huistoe gegaan en lang naweek gevat

Skokkend ·

Poging tot moord op ‘n witvrou = 0
Roof van motors en selfone = 1

James ·

Ja jong, so gaan dit. Ek observeer maar net, en dink aan 1994. Ek wonder hoeveel Ja-stemmers het destyds vergeet dat hulle nageslag die vrugte van hul arbeid sal pluk? In my eie familie is daar deesdae verwardheid oor die Kleinkinders se toekoms. Ek bly maar stil, en smaal eenkant alleen, en dink by myself: “Het jy vergeet van die sondes van die vaders wat aan die kinders toegereken sal word?” Ek geniet nogal die ontnugterings wat ek om my waarneem……

Casper Labuschagne ·

BBP? Duidelik sien hy al jare lank hoe die persone optree vir wie hy moes beskerm en doen nou bloot net lugtig saam.

lewies ·

Die storie klink vir my of ons met ‘n regte “piet van gase” te doen het. Daar is baie meer van hulle. Dit maak hulle gevaarlik.

zoom zoom ·

Misbruik van weermag voertuie is erg. Gaan kyk maar net by shoprit en spar en centurion mall hoeveel voertuie gebruik word vir eie gewin. Tot by cash crusaders word Weermag voertuie opgelet in centurion vir privaat gebruik.

Reguit ·

Volgende week op die parade grond kry die einste brawe ‘korporaal’ seker weer ‘n medalje en ‘n onderstebo skietbalkie omdat hy ten minste die bolyf op een meter getref het, en aan die einde van die maand is hy seker ‘n sersant met ‘n verhoging ook. Dit is mos lekker in Azanië.

AD ·

Ag net nog 1 waarskuwing asb. Ek gedink daar was ek het net gedink die plek van roof was gekaap. ??

SA Moordmuseum ·

Hierdie storie verdien n uitstalling op sy eie in die SA Moordmuseum waar buitelandse toeriste moet bewusgemaak word wat die regering met minderhede en geregtigheid doen.

Oom Kalahari ·

Gaan darem lekker in misdaad Utopia. Sekere Weermag en Polisie lede misbruik hul magte en stel hulself oop vir ernstige kriminele aktiwiteite en korrupsie. Carine van Staden moet ‘n eis teen die Weermag instel. As ‘n BBP drywer kan ek nie sien dat hy beweer hy het gedink hy word gekaap nie, waar hy alreeds die motorfiets gestamp het en dan wegjaag. Het hy enige vuurwapen of skerp voorwerp in motorfiets drywer se hand opgemerken waar sy lewe in onmiddelike gevaar was???? Met leuens kom hul altyd weg en die vroutjie moet veg met die liggaam skade wat sy verewig opgedoen het. Hierdie saak was darem swak hanteer teen hierdie SANW lid.

Yolanda ·

Weermag lede beter bietjie werk uitgedeel word. Lyk of hulle verveeld is en baie tyd op hul hande het! Anders is dit dalk nie n slegte idee om net weg te doen met die weermag wat geen funksie dien soos veronderstel nie. Hoeveel sal dit die belasting betaler spaar, wat huidiglik kriminele befonds in die weermag, omdat hulle nie werk het nie? Ons kan mos klaar kom met sekuriteits maatskappye – wat my n idee gee vir lyfwagte vir SAL “hoë’s” wat eerder gebruik kon maak van verveelde weermag lede wat reeds betaal word deur ONS.

Eben ·

SANDF was nalatig deur die vent nie te skors, na die van Staden geval.

Regering ·

Hulle houding, naamlik hulle (weiering tot) optrede wys eerder dat hulle medepligtig as bloot ‘nalatig’ is.

Buks Barnard ·

Poging tot moord, maar word losgelaat om weer misdaad te pleeg. Hoe vergelyk dit met die vrou wat ‘n prooi van misdaad is en deur ‘n rassistiese landdros twee jaar tronk toe gestuur is?

Tanya ·

Hoe skiet jy iemand en word vrygelaat op ‘n waarskuwing omdat jy dink jy word gekaap. Maar skiet iemand in jou huis wat inbreek en jy word aangekla vir moord………

anton ·

Ja en die ergste is dat dit n blanke polisie man by Sinoville polisie stasie was wat hom laat gaan het op n waarskuwing!!!
Ons kan niemand meer vertrou in die SAP nie!!!

Callie ·

Hoe gaan hy ordentlik gestraf word. Magtig die land, sy regstelsel, sy landdroste en sy regering en die politiek korrektes is siek tot in hul diepste wesens. Dis veragtelik, om van naar te word. Die tyd om op te staan en geregtigheid terug te vat is hier.

Johan. H. ·

Sies man wat moet die buitelanders se,, Kom ons kyk want ek stuur nou alle brokkies na vriende en familie in die buiteland, SKAAM !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.