Korrektiewe beampte agter tralies oor smokkelary

Foto ter illustrasie. (Foto: SAPS Facebook)

ʼn Korrektiewe beampte van die St. Albans- korrektiewe fasiliteit in die Oos-Kaap is in hegtenis geneem ná hy Donderdag op heterdaad betrap is toe hy 95 mandrax-tablette aan ʼn aangehoudene oorhandig het.

Die polisie is na die toneel ontbied en ʼn saak is aanhangig gemaak. “Die inhegtenisneming moet ʼn sterk waarskuwing stuur aan oortreders in bruin uniform omdat hulle geen plek in die departement van korrektiewe dienste het nie,” sê Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement gesê.

Die waarnemende nasionale kommissaris, Makgothi Thobakgale, het die beamptes geloof wat nie gehuiwer het om een van hul kollegas aan te keer nie. Hulle het die besending dwelmmiddels onderskep.

“Die departement is vasbeslote om onwettige middels uit alle fasiliteite te verwyder. Beamptes en gevangenes wat regulasies verontagsaam sal onderwerp word aan dissiplinêre prosesse en kan strafregtelik vervolg word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.