Korrektiewe beampte in hof aangeval

Skermgreep uit Twitter-video via @LindA_MniSii/Twitter

ʼn Korrektiewe beampte is in ʼn hof aangeval deur die medebeskuldigde in die Senzo Meyiwa-moordsaak.

Makgothi Samuel Thobakgale, nasionale kommissaris van die departement van korrektiewe dienste, het die aanval ten sterkste veroordeel.

“Hierdie absolute minagting sal nie geduld word nie. Die departement ondersoek die voorval.”

Regter Ratha Mokgoatlheng moes Maandag orde roep in die Pretoriase hooggeregshof tydens die opstootjie. Vyf mans, Muzikawukhulelwa Sibiya, Bongani Ntanzi, Mthobisi Mncube, Mthokoziseni Maphisa en Fisokuhle Ntuli, het in die hof verskyn in verband met die moord op Meyiwa. ʼn Bakleiery het ontstaan tussen die korrektiewe beampte en Mncube, Maphisa en Ntuli.

Meyiwa, voormalige doelwagter van Bafana Bafana, is op 26 Oktober 2014 in Vosloorus aan die Oos-Rand doodgeskiet.

Thobakgale sê korrektiewe beamptes lewer begeleiding en bewakingsverantwoordelikhede namens die staat. “Enige onbehoorlike gedrag verg dus ʼn veiligheidshersiening sodat ons die veiligheid kan verseker van diegene wat naby gevangenes kom.”

Hy sê indien persone, wat na ʼn hof begelei word, enige klagtes of kwessies het wat hulle wil aanroer, moet hulle voldoen aan die prosesse en kanale binne die departement. “Hulle moet nie veiligheid by die hof ondermyn nie – dit sal hoegenaamd nie geduld word nie.”

Die beskuldigde is reeds gevonnis in verband met ander oortredings en daarom is hy na die hof begelei, voeg Thobakgale by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bolandse Nooi ·

Hulle is – en bly – nou maar eenmaal geweldenaars …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.