Korrektiewe beampte vas oor boendoehof-moord

boeie 2ʼn Beampte van die departement van korrektiewe dienste is Dinsdag in Worcester in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo deelgeneem het aan ʼn moord waar die inwoners gereg in eie hande geneem het.

“Die 39-jarige beampte is in Zwelitsha in Worcester in hegtenis geneem tydens ʼn voorval van openbare geweld waartydens ʼn vermeende misdadiger gesterf het,” het Nasiphi Same, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die slagoffer is met klippe en ander gevaarlike voorwerpe aangerand, en hy is later na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling. Hy het aan sy beserings beswyk.”

Same het gesê die beampte, ʼn werknemer van Brandvlei-gevangenis, is op die toneel in hegtenis geneem. Hy was in uniform. Hy sal na verwagting Donderdag in die Worcester-landdroshof verskyn op aanklag van openbare geweld en moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

johny ·

Die Meeste mense het nie meer vertroue in ons polisie en regstelsel nie.En die regering maak dit nie beter nie.Dit is hoekom hulle eie reg gebruik.Afskrik middel nie doeltreffend genoeg nie.Tronke deesdae gratis verblyf en n vyfster diens.As hulle gevang word en siek speel is hulle gou weer op straat

Jaco ·

Dit is werklik skokkend dat misdrywe in ons land net toeneem,die Polisie se hande is afgekap agv nuttelose wetgewing,ek glo die gemeenskap is keelvol vir misdaad vandaar die Boendehowe.

DPJ ·

Is dit bie ‘n teken dat alle mense nou heeltemal vertroue in regstelsel verloor het nie?
Ek praat nie goed wat gebeur het nie maar wys die owerheid op hulle plig versuim.

Liewe Heksie ·

Hy is seker ok keelvol om agter die gespuis in die tronk te kyk Shame

johan ·

Waarom die beampte in hegtenis neem, gee hom ‘n verhoging en bevordering. Die ander beamptes is misdadigers of help die misdadigers ontsnap.

Oom Boer ·

Die beampte het sekerlik die gemeenskap probeer beskerm teen verdere misdaad en dat toekomstige misdadigers notisie moet neem dat hul nie welkom is in die gemeenskap nie. Dalk was van sy familie slagoffers, ons sal nie weet nie en dan ontsnap hy weer uit ‘n polisievoertuig of aanhouding en die gemeenskap leef in verdure vrees van geweld. Wie sê hy het mee gehelp, dalk wou hy skare beheer toepas en die gemeenskap was te groot of hy wou dalk by die vermeende misdadiger uitkom en moontlik in hegtenis neem.

Vicus ·

Mense nee, so kan ons nie argumenteer nie! Alhoewel ek ook oor misdaad bekommerd is en self al n slagoffer was, kan en mag ons nie boendoe howe toelaat nie. Dinl vir n oomblik; se nou dit was jou kind en hy was onskuldig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.