Korrektiewe dienste bevestig Oscar dán vrygelaat

oscar-pistorius

Oscar Pistorius op 21 Oktober 2014 in die Pretoriase hooggeregshof tydens vonnisverrigtinge Foto: Themba Hadebe/AP/Pool

Die departement van korrektiewe dienste het Maandag bevestig wanneer Oscar Pistorius se vonnis in korrektiewe toesig omgeskakel sal word.

“Hy sal op 21 Augustus vrygelaat word. Volgens Suid-Afrikaanse wetgewing kan ʼn gevangene op korrektiewe toesig vrygelaat word wanneer hy ʼn sesde van sy vonnis uitgedien het,” het Manelisi Wolela, woordvoerder van die departement, aan ANA gesê.

Pistorius is in September skuldig bevind aan strafbare manslag nadat hy sy vriendin Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 deur ʼn geslote toiletdeur in sy huis in Pretoria doodgeskiet het. Hy is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis.

Volgens Wolela het Steenkamp se familie die verhoor bygewoon waartydens daar ingestem is tot Oscar se vrylating. “Hulle het aangedui dat hulle hom vergewe het,” het Wolela gesê.

Die staat se appèlaansoek teen Pistorius se skuldigbevinding aan strafbare manslag sal in November in die Appèlhof in Bloemfontein aangehoor word.

Pistorius is gevonnis ingevolge art. 276 (1)(i) van die Strafproseswet waarvolgens hy ʼn sesde (tien maande) van sy vonnis moet uitdien voordat die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste dit kan oorweeg om sy vonnis in korrektiewe toesig om te skakel. Pistorius dien sedert 21 Oktober verlede jaar tronkstraf uit wat beteken dat hy op 21 Augustus tien maande tronkstraf uitgedien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Agnes ·

Ek wil graag weet hoe werk ons regs stelsel? Die een moor, wel of nie met voor bedagte rade, en kom na 10 maande los, terwyl n ander moordenaar, wel of nie met voor bedagte rade, lewenslank kry. Vra weer, hoe werk ons stelsel en hoe veilig is ons ? het ons n geregsbank of het ons n draaibank in RSA?

johan ·

Dit is werklik belaglik. Skiet iemand dood en jy hoef net ‘n sesde van jou vonnis uit te dien.

Petra ·

Weet jy wat IS belaglik? JY wat n ander oordeel wanneer jy nie DAAR was nie. Los nou die man en gaan vee voor jou eie deur!

Thelma ·

Ek stem saam met Petra mense. Los die mense uit DAT hulle hul eie heil uit werk. Ons almal is geneig om die splinter in n ander ou se oog te sien maar vergeet gerieflikheidshalwe van die balk in ons eie!

Weskaper ·

Oscar verdien seker nie so ‘n kort straf nie maar ons moet kyk wat in ons land gebeur, wat vir 1 goed is is goed vir almal, kyk vir Schaik, om slegs 1 te noem daar is nog 100de. Gun ons wittes ook maar die geluk, Oscar het virseker sy les geleer en alles verloor en hard teruggekom aarde toe. Ek wens hom alles voorspoed toe vir die toekoms.

zahn ·

Wat van oom Clive? Die arme oom het meer jare gesit as wat hierdie akteurtjie maande gesit het? Daar is wanbalans, of jy dit wil weet of nie. Hy het nie naastenby sy les geleer nie, hy het wel geleer by die beste, kyk wie was sy sokkermaatjie in die selle. Ek kry koue rillings as ek dink wat hy wel geleer het…

Adele ·

Clive was se lang gevangenis straf, was politiek, meer as enige iets anders. Oscar is nie ‘n akteur nie (was nog nooit). Ek seker hy sou nie met sy “buurman”sokker gespeel het, as hy ‘n beter opsie gehad het. Moenie kommentaar lewer as jy oningelig is nie, dalk leer jy iets nuuts in die proses.

zahn ·

Adele, ek stem met jou saam oor een punt, hy was nog nooit ‘n akteur nie, daarom het hy nie baie oortuigend opgegooi in die hof nie. Wat jou aanmerking betref oor oningelig wees, dit sou raadsaam gewees het om jou hand in eie boesem te slaan hier.. Jy probeer nie eers om jou emosies in bedwang te hou nie. Jy kan persoonlik probeer raak soveel jy wil, Oscar het te lig afgekom van ‘n MOORD wat hy gepleeg het. PUNT! Soos Christa hieronder sê, ons regstelsel is ‘n grap, en jy lag daarvoor.

Anneke ·

Ek is bly dat Oscar uit kom, hy verdien nie om toegesluit te wees nie. Ek glo hy het nie geweet wat hy doen nie. Sy moes iets gedoen het en hoekom het sy nie in haar kar geklim en gery nie, sy het geweet hy het n humeur en van vuurwapens gehou.

CHRISTA ·

Ons regstelsel is ‘n grap!! Dit verklaar hoekom ons misdaadsyfer so handuit ruk!!

Chris ·

Ek stem saam, daar is nie so iets soos n regstelsel nie, dit is so bitterlik onregverdig dat hy nou uitkom, maak nie saak wie jy is nie, jy moet jou vonnis uitdien, daar is mense wat onskulding in die gevangenis sit en kry 15jaar , maar hy skiet dood en kom na so n kort rukkie uit. Uiters, uiters onregverdig.

Theresa ·

Ja nee. Sit net ‘n sesde van jou vonnis vir die neem van ‘n lewe. Nou kan hy aangaan met sy lewe. Reeva is dit heeltemal ontneem. Fan of nie-fan nie. Sy ou braak emmertjie langs hom en trane en al die “emosies”. Sy hele verhoor was ‘n verdomde klug. Hy is ook een van die lucky ones. Maar jy moet maar mooi loop boatman.

magriet ·

yay yay yay vir Oscar!! bly hy word vrygelaat uit die tronk!!

Paplepel ·

Het die outjie enige hulp vir sy agressie en klein-mannetjie sindroom gehad in die tronk?

JY WEET ·

Kyk ek stem glad nie saam met Oscar sê vonnis nie, maar een ding kan ek hom verseker wys hy weer sy humeur in die publiek en iemand maak net ñ saak van aanranding teen hom is hy vinniger terug as wat hy uit gekom het en glo my daar is baie mense wat hom terug wil sien. So Oscar ek dink jou doppie is geklink want ñ luiperd verander nie sy spots nie.

Susan Forret ·

Kan ons nie maar almal vergewe en aan beweeg nie? Die hele saak het niks met enige iemand te doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.