
‘n Skermskoot uit die video toon hoe die veiligheidswag voor die bakkie staan. (Video: Intelligence Bureau SA)
Die man wat verlede jaar by Die Boord-winkelsentrum in Stellenbosch oor ʼn motorwag gery het, is tot drie jaar korrektiewe toesig gevonnis.
Johan Steyn het Mzwanele Wellem in April 2019 in die parkeerterrein van die winkelsentrum met sy Corsa-bakkie gestamp en daarna oor hom gery.
Hy is in Mei vanjaar skuldig bevind aan poging tot moord.

Die veiligheidswag lê bewegingloos op die grond nadat die voertuig oor hom gery het. (Skermskoot: Intelligence Bureau SA)
Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, het bevestig dat Steyn ses jaar tronkstraf opgelê is, wat vir vyf jaar opgeskort is. Sy rybewys is ook vir ʼn jaar lank opgeskort.
Steyn het tydens die hofverrigtinge aangevoer dat hy nie die bedoeling gehad het om Wellem dood te maak nie.
Maroela Media het vroeër berig ʼn video van die voorval het opslae op sosiale media gemaak. Dit wys hoe Wellem die verkeer probeer reguleer en effens voor Steyn se bakkie staan. Steyn ry dan oomblikke later oor Wellem, wat vermoedelik nie uit die pad wou beweeg nie.
Steyn het hom na die voorval aan die polisie oorgegee, waarna hy op borgtog van R2 000 vrygelaat is.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Hel is dit wat ‘n lewe werd is? Skreiende skande die stelsel met vonnisoplegging
Partykeer voel ek helemal vasgevang deur karwagte – hulle wag letterlik agter ‘n mens se kar, en tensy jy nie die kleingeld bymekaar kan kry nie, weier hulle dat mens uittrek en dan raak ek totaal en al bang en weet nie wat om te doen nie, en dan soek ons maar vir elke bietjie geldjie wat ons het net sodat hulle uit ons pad kan kom.
Die vonnis maak nie vir my so lekker sin nie en ek dink dis onvanpas. Hy het doelbewus oor daai man gery en toe weg van die toneel. Hulle maak my ook briesend kwaad, maar heng, om oor hom te ry en dan weg is ander storie
absoluut skokkende vonnis vir poging tot moord
Dit maak my mal kwaad wanneer ‘n karwag my probeer stop om ander voertuig te laat ry. Karwag is nie ‘n verkeersbeampte en is nie daar om voertuie die verkeer te reguleer. Sy werk is om voertuie op te pas. Wat het motoriste gedoen voor daar karwagte was? Geduldig gewag.