Korrupsie-aanklagte teen voormalige Tshwane-beamptes

Solly Msimanga, die burgemeester van Tshwane. Foto: http://da-gpl.co.za/

Solly Msimanga, die burgemeester van Tshwane. Foto: http://da-gpl.co.za/

Solly Msimanga, die burgemeester van Tshwane, het Woensdag aanklagte van korrupsie ingedien teen senior beamptes van die stad se vorige administrasie.

Die Stad Tshwane het in ʼn verklaring gesê die aanklagte spruit uit twee forensiese verslae in Msimanga se besit. Die verslae, wat deur twee eksterne ouditmaatskappye saamgestel is, bevat na bewering besonderhede van korrupsie, bedrog en die misbruik van openbare fondse in twee projekte wat deur die stad se vorige leierskap bestuur is.

Volgens Msimanga is R90 miljoen glo bestee aan die stadsaal-projek en “weelderige opgraderings” aan die burgemeester se kantoor by die stadsaal. “[Die opgraderings het] die historiese gebou beskadig, dit onbruikbaar gelaat en beslis nie die enorme koste daarvan regverdig nie,” het Msimanga gesê.

Die aanklagte is teen drie senior beamptes van die vorige administrasie ingedien, asook drie entiteite wat gekontrakteer is om die werk te doen. Een van die beamptes was ʼn senior beampte in die voormalige burgemeester se kantoor, terwyl die ander ʼn senior verkrygingsbeampte was. Hul name kan egter nie bekendgemaak word nie, aangesien hulle nog nie formeel deur die SAPD aangekla is of in die hof verskyn het nie.

“Ek het die korrupsieaanklagte ingedien omdat ek die mense van Tshwane belowe het ek sal korrupsie uitroei en sorg dat diegene wat voorheen ʼn korrupte administrasie gelei het, vervolg word,” het Msimanga gesê.

“Hierdie aanklagte is net die eerste klomp korrupsie-aanklagte wat ingedien is. Daar is ʼn hele web van korrupsie wat ek tans oopvlek en nog aanklagte teen ander beamptes en voormalige leiers sal volg. Ek is vasbeslote om korrupsie in Tshwane heeltemal uit te roei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

bobbo ·

So bek kort Jam!!! Sluit hulle toe en gooi die sleutels weg.

Anel ·

Hoop hy kyk ook na al grond wat so links en regs net.weggegee is!

UJ ·

O lala DA julle sal ‘n begroting moet optrek vir tronke wat gebou moet word.

Andrea ·

Ek wens hy kan ook sommer iets aan die taxi’s doen wat ons so mal maak met hul wettelose bestuurstyl en aanhoudende getoeter.

poot ·

Andrea
Regtig? Is dit jou insette? Dan moet die DA ook sommer al die honde wat blaf aanspreek. Dink bietjie meer konstruktief asb.

Cherokee ·

Andrea, as poot op sy agterpote wil raak oor so ‘n sinvolle bydrae soos die van jou moet hy maar in ‘n ‘n toetende taxi klim en die pad vat.

Jakkalas ·

Ek stem saam met jou Poot. Die wetteloosheid stem ek saam maar die toeters pla nie. Daar is egter meer belangriker dinge wat aandag moet kry. Ja wetteloosheid is prioriteit maar dis nie waar dit ophou nie. Opbouende konstruktiewe voorstelle is nou belangrik.

Piet Pompies ·

Baie mooi, die DA het voor die verkiesing onderneem om korrupsie uit te roei, ingesluit die wat deur die vorige bedeling gepleeg is. Soos die meeste kommentaar hier bo kan net iets goed hier uit volg veral as die persoon self verantwoordelik gehou word vir die koste. Vol tronke en bankrot voorgangers.

Theuns ·

Pretoria gaan voortaan ‘n baie beter plek wees. Maar kan iemand my se waar tswane?

humor ·

Die kostes m.b.t. die tronke behoort nie n probleem te wees nie. Daar is baie uitgewerkte myne wat hul kan huisves. Dit sal ook ontsnappings beperk.

Lettie ·

Dankie DA! Hou aan om korrupsie uit te roei sodat die land en sy mense weer voorspoed kan sien. Bly strewe na geregtigheid. Mooi so!

neelsie ·

Hoop D A hou by die beloftes.
Hoog tyd dat iemand sy rug styf maak teen korrupsie.
Vervolg die skuldiges wat ons geld so steel.!!

Bendons Oud Pretoriaaner ·

Mooi so. Dis hoekom dinge hier in die Weskaap werk.
Sterkte daarbo met al die regmaak werk.

Lance ·

Dankie tog dit is presies wat nodig is ! Maak voorbeelde van die mense wat so korrup is en werk hulle asb uit ! Bly dit gebeur …sover hoor mens goed wat baie positief klink …DANKIE !

Albert ·

Dankie DA. Jul kan blou, swart, wit,rooi of pers ook wees. Trots op die DA. Hoop die mense wat nie vir hul gestem het nie, staan ook nou agter julle. Jul tree op namens SA.

Cherokee ·

So jy wil hê ons moet saam met julle stem vir regstellende aksie en grondhervorming. Julle het reeds Eskom bankrot gemaak met diè beginsel dat bevoegde blankes oorsee moet gaan werk soek. Vergeet dit… hou julle maar aan om daarvoor te stem. Ons doen anders.

Loeis ·

Met dieselfde maatstawwe moet SAL en Eskom se direkteure ook ondersoek word. En diegene wie in die agtergrond die toutjies trek. En elkeen wie vir hulle party stem sommer ook.

lynettep ·

Poot, Andrea het gepraat van taxis se wettelose bestuurstyl, wat wel regoor die land n vreeslike probleem is. Ons moet vir Solly Msimanga in ons gebede opdra want hy het n baie belangrike werk wat hy ernstig opneem en ons ken ook al die natuur van sy teenstanders.

Louis ·

Het julle nou nog nie geleer nie?Hierdie is net mooi praatjies.net soos dingaan sin was!Daar is hoop…die ashoop.Groete.

Maddox ·

Soos die gesegde gaan: Nuwe besems vee skoon, wonder net vir hoe lank?

KarooKlong ·

Verstommend hoe sekere elemente nou die “bek by die hek is”.
Solly Msimanga sal persoonlike lyfwagte moet aanskaf.

Jan maak n plan ·

Ek begin al meer van hier man hou. Ek sê mos al lankal dat hulle n hekse jag op die ANC se doen en late moet los laat. Dit sal die massas se oë oop maak.

Helene smuts ·

Dankie aan DA nou kan ons sien of hul gaan bt of sit. Dink net as ons daai geld kan terug kry of n deel, hoeveel huise kan gebou word. Maak dir bekend oral dat die wat ANC stem kan sien vir wie hul so aanbid. Varke

Andrea ·

Jakkalas en poot, duidelik bly jul nie waar ehok bly nie.
Tweedens, dink ek dis heel konstruktief om die taxi’s bietjie in die bek te ruk. Dink hoeveel duisende mense word daaglik met taxi’s vervoer. Watter goeie boodskap sal dit nie aan duisende mense stuur dat daar reëls en wette is wat nagekom moet word nie. Dink bietjie wyer julle twee!

Rina XX ·

Wat gaan hul kry as hul vir zumpies ondersoek, dink net wat gaan daar uit broei. As dit die bedrag is van een plek.

A ·

Zumpie se beurt kom. Die DA het bloed geruik en gaan nie los nie en dit sluit die skelm ministers in.

moegviraldiebeloftes ·

ja hulle sal so aanhou tot al die vrot appels in die tronk is – hulle het dit in ons dorp ook gedoen

KarooKlong ·

Popeye, humor werk altyd, al stem almal nie saam nie. Dankie daarvoor.
Karoo groete.

Pik ·

Ten minste doen hy iets die ANC sou net aanhou steel en breek, ek haal my hoed af vir die nuwe besem

Amanda ·

Vir die wat van nuwe besems praat: Die DA is al n ou besem in Kaapstad en daar gaan dinge baie beter.

Magda ·

Is mos nou TOTAAL onmoontlik dat DA in 2 jaar-termyn moet oplos wat ANC in 20 jaar – veral vanaf 2007 – afgebreek, verniel, verbrand , vermoor en alles besteel het!!!!

Maria van Dieweeck ·

Goeie punt Andrea. Soos hul New York reggeruk het.. Fokus op hierdie groep en n sterk boodskap gaan uit. Die burgermeester het daar aan die werk gespring en besef as jy STRENG wetstoepassing doen op die kleinere sondes, soos grafiti en publieke urinering en waar mense die pad onwettig oorsteek ens., dan daaL die moord en ernstige misdaad syfers skerp !

christa ·

Mooi so Solly hou aan trots op julle daar is baie werk maar het vetrou in julle Baie Sterkte Haal hul almal uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.