Korrupsie: ANC ‘beskuldigde nommer een’

Cyril Ramaphosa, president van die ANC. (Foto: GCIS)

“Vandag word die ANC en sy leiers beskuldig van korrupsie.

“Die ANC is dalk nie alleen in die beskuldigdebank nie, maar hy is beskuldigde nommer een.

“Dit is die donker werklikheid wat ons nou moet pak.”

Só skryf Cyril Ramaphosa, president van die ANC, in ʼn brief aan lede waarin hy hulle die leviete voorlees en by hulle pleit om sensitief te wees vir mense se kommer oor die party se rol in korrupte bedrywighede.

Al hoe groter woede laai die afgelope paar weke op namate inligting oor die toekenning van tenders, vir veral Covid-19-toerusting, aan die lig kom. Maroela Media het vroeër berig tot dusver word sowat 300 sake van beweerde korrupsie reeds ondersoek.

Baie van die kontrakte is glo aan mense met ANC-bande of hul onmiddellike familie en vriende toegeken.

“Ek is seker julle is bewus dat daar landwyd ʼn gevoel van woede en ontnugtering is oor berigte van korrupsie in ons reaksie op die koronavirus-pandemie. Die woede is verstaanbaar en geregverdig. Die laaste paar weke het ons stories gehoor van tenders vir persoonlike beskermingstoerusting wat toegeken is aan indiwidue met bande met ANC-leiers en van staatsamptenare wat die wet verontagsaam wanneer tenders toegeken word,” skryf Ramaphosa.

“Wat die grootste woede veroorsaak het, is dat daar maatskappye in die private sektor en indiwidue – ook staatsamptenare – is wat ʼn ernstige mediese, maatskaplike en ekonomiese krisis uitbuit om hulself ten onregte te verryk.

“Dit is onvergeeflike verraad van die miljoene Suid-Afrikaners wat negatief geraak word deur die uitwerking van Covid-19 en daagliks honger, hopeloosheid en werkloosheid ondervind.”

Ramaphosa skryf as deel van pogings om korrupsie te pak, is daar reeds hard gewerk om die integriteit en onafhanklikheid van wetstoepassingsowerhede te verbeter en hulle toe te rus om misdaad en korrupsie te bestry. Nuwe leiers is by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), die Valke en die staatsveiligheidsagentskap aangestel.

“Ten spyte van al hierdie pogings is korrupsie steeds een van ons samelewing se grootste uitdagings. Die vooruitgang wat gemaak is om die lewe van mense in die laaste kwart eeu te verbeter, word deur korrupsie en patronaatskap uitgewis.”

Hy skryf die bekendste vorm van korrupsie is waarskynlik die toekenning van tenders en kontrakte aan vriende en familie en dat dié mense se sukses berus op wie hulle in die staatsdiens ken.

Soms word werksgeleenthede aangebied aan familie, vriende of kennisse sonder dat behoorlike prosesse gevolg word – en selfs al is hulle onbevoeg vir die taak.

Dan, skryf Ramaphosa, is daar plaaslike ANC-leiers wat kospakkies vir die armes gebruik het om gunste te koop van diegene wat op hulle staatmaak om hul posisies te behou.

“Die gebruik neem letterlik die kos uit die armes se monde.”

Daar is ook staatskaping wat kommerwekkende vlakke van korrupsie bloot lê, voorvalle waar mense verkrygingsprosesse gemanipuleer het om enorme bedrae geld na ʼn netwerk van politici, staatsamptenare en sakelui te herlei.

“Die uitwerking was verwoestend. Miljarde rande wat gebruik moes word om openbare vervoer of infrastruktuur vir die armes te verbeter, om betroubare en bekostigbare elektrisiteit te verskaf, geld vir opkomende swart boere en vir die breër ontwikkeling van die land is gesteel om die sakke van ʼn paar misdadigers te vul.”

Ramaphosa sê om die korrupsie te pak moet verskeie stappe gedoen word. Dit sluit in dat diegene wat by korrupte praktyke betrek word voor die ANC se integriteitskommissie moet verskyn om te verduidelik, dat ondersoek gedoen word en beweerde korruptes summier geskors word.

“Die ANC moet hom ook in die openbaar distansieer van enigiemand, sakeskenker, ondersteuner of lid, wat van korrupsie beskuldig word of daarby betrek word.”

Net vandeesweek het Maroela Media berig daar is groot woede jeens die ANC nadat die voormalige burgemeester van die eThekwini-metro, Zandile Gumede, Woensdag as lid van die provinsiale wetgewer in KwaZulu-Natal beëdig is.

Gumede is verlede jaar aangekla vir beweerde tenderbedrog, korrupsie en rampokkery wat verband hou met ʼn R389 miljoen-kontrak vir die verwydering van vaste afval in Durban. Sy is tans op borgtog van R50 000 en is in Augustus verlede jaar deur die ANC op spesiale verlof geplaas.

Sy het egter ʼn raadslid gebly.

Ramaphosa sê voorts in sy brief ANC-leiers moet hul finansiële belange verklaar en leefstyloudits moet van alle ANC-leiers en politieke verteenwoordigers gedoen word. Daar moet ook ʼn duidelike beleid ontwikkel word oor ANC-leiers wie se familielede met die staat wil sake doen.

In die breër samelewing sê Ramaphosa korrupsie moet gepak word deur deursigtigheid en aanspreekliheid met die toekenning van tenders te verseker. ʼn Korrupsie-noodlyn moet op die been gebring word en gewone mense moet korrupsie daar kan aanmeld.

Hy sê wetstoepassingsowerhede moet verder versterk en teen politieke inmenging beskerm word. Daar moet ook leefstyloudits van senior staatsamptenare en die hoofde van staatsinstellings gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

mattk ·

Kan jy dit glo…. oom CR skrik uiteindelik wakker. Seker omdat dit volgende jaar verkiesing is en hulle wil darem aan bewind probleem bly om nog ryker te word. Kom ons kyk hoeveel van die persone wat reeds ge-identifiseer is gaan wel vervolg word. Of f gaan hulle soos die kaders ook siekte pleit om hofverrigtinge vry te spring?

Cherokee ·

Jy’s net so aan die slaap as die anc-lede in die parlement.

Werner ·

Ou CR skrik nie wakker nie hy neem net die aandag van hom af . Dog amper die media kom reg toe hulle ou CR se foto wys en se hy is beskuldigde no 1.Toe sien ek hulle bedoel die ANC wonder wie is in beheer vd ANC

tweeling ·

Jy seker nie ernstig nie CR onthou dis Augustus en nie April nie. Hpekom begin JY nie die skuldiges wegjaag ipv om vir hulle te sê hulle hoort nie in die party nie. Julle het nog nooit enige “ethos” in julle gehad, dis soos dit is. Dit het nog net oor mag en geld gegaan.

Mossel ·

hy moet homself dadelik dan weg jaag.. hys aan die stuur van die land.. hy moet verantwoordelik gehou word vir dit waarvoor hy aandadig was as bestuurder van hierdie land ! met sy weiering van menslilheid. Diskriminasie teen die minderheid, rasisme, plaasmoorde..korrupsie.. die lys gaan net aan en aan…

Persheks Adri ·

Cyril wys ons jy is ernstig oor korrupsie en hou op met BEE, want dit werk nie so nie! Julle is korrup verby! Hier is jou eie woorde: “Selfs al is hulle onbevoeg vir die taak.”

Die hele lot is onbevoegd verby om die minste te sê!

Wat van kopdoek en haar kinders wat onwettige geld op swart mark en word steeds nie vervolg nie huh???

Pieter ·

Baie mooi en TOTALE NUTTELOSE woorde. As anc iets eendag doen en skelm ministers tronk toe stuur, wat deur onafhanklike mense bevestig word, dan sal ek DALK minimale respek vir anc begin ontwikkel.

Johan ·

Lees wat se hy met die ondersoek moet hulle (die onaantasbares) geskors word sodat hulle teen volle betaling by die huis kan sit tot en met aftrede.Die ANC het nog geen ondersoek vir tug verhoor suksesvol afgehandel nie. Hulle het tans dieselfde waarde as n Zim dollar.

Snowball ·

Wat nou CR? Wat gaan julle anders doen as die afgelope 26 jaar? Vir 26 jaar was die een vuil handjie die ander. Korrupsie het die hartklop van die ANC geword. Van die voorste leiers sit dik daarin. As jy korrupsie aanspreek soos jy moet en die skuldiges geskors word plof die hele boksemdaais ineen. En wat van ‘n oranje oorpakkie vir die skuldiges? Die blote noem van ANC los ‘n vrot smaak in die monde van Suid Afrikaners.

Kanjynoumeer ·

Ramaphosa is hopeloos, moedeloos, vuisloos!
Ace Magashule en kaders is in volle beheer!!!
In hierdie magstryd lê die mag by Ace Magashule en sy kaders.
Ramahosa die marionet.

Jacobus ·

Hulló. Groot van jou mr Ramaphosa! Maar dié insig sonder optrede is nutteloos. Miskien was oom Tedros se opmerkings die pennie in die slot. Hyself was met tyd vermorsing gedeeltelik verantwoordelik vir ‘n epidemie wat hand uitgeruk het.
Dus mr Ramaphosa – “name and shame”! Dis nie nou die tyd vir magspeletjies nie. Daar is baie op die spel – meer as net die komende verkiesings.

JohanR ·

Só skryf Cyril Ramaphosa, president van die ANC, in ʼn brief aa In lede waarin hy hulle die leviete voorlees en by hulle pleit om sensitief te wees vir mense se kommer oor die party se rol in korrupte bedrywighede. Is dit al…..die leviete voorlees! To little to late. To many people overall and to many people in the last 5 months have suffered because of the ANC. In 2021 and 2024 you are gone….#VoertsakANC!

Sobymykoolkop ·

En dit is dieselfde man wat gesê het hy sal sy seun persoonlik polisie toe vat oor die geld wat bosassa gegee het. Dis dieselfde man man wat openlik nie die waarheid gepraat het oor die R500 000 wat hyself gekry het nie. Dis dieselfde man wat vir 10 vermorste jare no 2 in bevel was.

Johanncb ·

Mnr die President,
Waarder woorde kon u nie gespreek het nie!
Onthou net, as leier van die ANC, is u verdagte nommer een!

Stefan ·

Klink goed maaaarrrr, hoeveel is al vasgevat en het verloor wat hulle met hul korrupte praktyke by mekaar gemaak het?
Ek weet van niemand nie, dis sekerlik ook hoekom dit nou weer so ekstra kopuitsteek want daar is mos nie risiko’s nie, en binne is binne, net bietjie stilbly tot die stof weet gaan lè.

Johann ·

Rerig? Dis darm nou insig van ‘n aard wat niemand ooit sou kon dink nie? JA SHURE RAMAPOSA! Steek jou eie handhies in die lug en veruidelik asb hoe JY en JOU familie MULTI MILJARDERS geword het en steeds bly? Jys so skelm en skuldig soos JOU kaders wat jy al vir dekades aanstel en instel en inderhou in hulle kern korrupsie.

Glo nie n WOORD wat jou geoefende leunaar tong spreek nie. WYS ons in die RSA jy het karakter en n rugraat en DOEN iets! Noem name…laat hulle aresteer en opsluit. Maar nee,, jy staan ek kyk hoe ZUMAIKIES op borgtog vir diefstal losloop en n pos kry van oor n miljoen rand n jaar??????

Hannes ·

Bla bla bla bla bla – niks wat CR sê kan meer geglo word nie. Vergeet van die regering. Gemeenskappe moet selfverantwoordelikheid begin neem.

Manie ·

Kan iemand vir my verduidelik wat is ‘n integriteitskommissie en hoe werk dit in die ANC. Vesrstaan gladnie?

Anel ·

Ja, skors. Masr sindet gekd if enige voordeel. Dan, stuur die hele spul tronk toe. Soos op ‘n eiland, waar hulle vir hulle self moet sorg, van skuiling bou tot kos voirsien, pkant ens. Geen krag of lopende water nie. Hulle moet self sorg vir alles. Nie die belastingbetaler nie. Ons kan nie meer vir hulle sorg nie. Maar kry eers al die geld, if dit wat oor is terug en verkoop al hulle bates. En geen komunikasie met hierdie land nie. Kom ons kyk hoe verlang hulle dan na alles wat kolonialisties is. Daar is mis dokters en allerhande op geleides onder hulle. Hulle sal mos kan reg kom. Ai, as dit maar so kon gebeur!

Adeline ·

Korrupsie kan nie korrupsie wegjaag en mense uit die party skors nie – die mense sal onder mekaar oorlog maak en dan gaan al die gemors uitkom… so word daar geskerm en beskerm en die korrupsie gaan rustig voort want NIEMAND vat die onaantasbare voos vrot cANCer aan nie . soos ek ges het volg maar net die geld pad en dan sal al die gemors na die oppervlakte opkook in die blik wurms wat nou oopgemaak word.

Lorna ·

Maar my magtig mnr die president wie het vir jou die opstel geskryf
Ek verstaan jou seuns is ook betrokke so wat gaan die uiteinde wees
N sorry kom ons try weer dan wala saak gewen
Oe e e

Piet ·

Dit wys jou net hoe gevoelloos die klomp is deur in die tyd van nood te sien hoeveel hulle kan aas. Dis laag, afskuwelik.

Johann ·

Die dag wat JY hou EIE welvaart eerlik vir ondersoek oop maak, dalk dan sal ek glo jyt n rugraat en erns oor jou people se vergrype. Pinocio se neus het langer geword….wil my voorkom die dead give away van hoe jy lieg is te mete aan ‘n ander aanwins tov sywaartse groei.

Piet ·

Het iemand al gewonder hoeveel miljoene die afgetrede regters uit al hierdie kommissies van ondersoek maak?

Mossel ·

Rama.. jys n klug !! Smeer nou weer mense jam om die mond voor n vekiesing.. het nooit sal jou ook nooit vertrou nie.. jy weerspreek jou telke male aanhoudend.. mense moenie glo dat jy kastig wakker skrik nie.. te laat ! Daardie mijarde is verlore en jou praatjies help niks! Die belasting betaler moet nogsteeds opdok, mense vergeet jy is die kaptein van SA skip.. en as jy as kaptein jouself verbind soos jy oor en oor bewys het aan diskriminasie, rassisme, moord en jou party toelaat tot kriminele optredes moet jy ge arresteer word vir daardie dade, jys dienkaptein.. jy moet verantwoording doen ! Soos enige ander krimineel! Jy werk vir die Suidafrikaners.. nie anders om nie.. Beste is pak jou tasse en waai jyt jou plig en werk vir ons liederlik gevaal ! Mooi praatjies , n kospakkie en n T hemp gaan niks help nou nie.

Johann ·

Leefstyl Audit? Jy bedoel seker SEKERMAAKNIEMANDWORDGEVANGNIE Audit? Wat van JY laat toe dat n AUDIT oor JOU rykdom gedoen word?

En asseblief: jyt LANGS Zuma gesit en luister en kyk hoe hy en sy Zumaikies ons land leegdra en jyt NIKS GEDOEN nie!

Hoofrol in die nuwe PINOCIO fliek. Net jammer jy gaan nie die neus LENGTE kan vertolk nie?

Vrijburger ·

Praat klaar en wys my ‘n ‘comrade’ in ‘n oranje oorpak?

SomeOne ·

“dat ondersoek gedoen word en beweerde korruptes summier geskors word.”
wat help dit, hulle kry nogsteeds hul salarisse

Emmerentia ·

Ou Cyril het jy nou wakker grskrik of flikflooi (die mooi woord) jy by iemand

Nico ·

Hy is die sogenaamde leier van die land, laat hy eerste ‘n oudit gee van sy geldsake, hy het ie die groot salaris nodig nie hy is dan ‘n miljoener.

pieter ·

daar sal geen verbetering kom nie , bee en bedrog is aan die orde van die dag , wat het verbeter vanaf 1994 ! , zero . alles gaan agteruit.

Misky ·

“geld vir opkomende swart boere….” en net daar braak ek gal – sou ook in n put eindig en kyk waar is al die plase en boerderye wat aan hulle gegee word – siek man!!!!

Jannie van Niekerk ·

Meneer Ramaphosa: die enigste manier om INTEGRITEIT toe te pas is om ALLE ANC ampsdaers wat betrokke is by regeringsfinaisies af te dank en onpartydige mense aan te stel wat GEEN bande met die ANC, EFF, SAKP, COSATU, BLF, BLM of enige linkse kommunisteise organisaie het nie.

christo ·

CR se blaf is erger as sy byt. As al die korrupte ANC lede gearresteer word, sal daar heelwat vakante poste in die staatsdiens en parlement wees. Die President dink verniet hulle gaan luister, met ‘n bondgenoot soos Ace Magashule in die ANC se NEC kan die korruptes maar rustig slaap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.